Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Martelares

Johann de Lange 2010-08-11  “The afternoon darkens, and you are only twenty.”– Nathan Alterman, Afternoon in the Market  

ons word vanmôre weer wakker

Carina Stander 2010-06-25

om die wind te vang
’n ode aan breyten

Izak van Rensburg 2010-03-24 Izak van Rensburg skryf 'n ode aan die man met die groen trui.

Parys

Joan Hambidge 2010-03-08 Reg onder die Eiffeltoring in ’n somerse Parys reën dit (and I’m singing in the rain) en vele sambrele wág om die stad van mites te besigtig in al haar arondissements. ’n Kleuter soek sy pa, twee verliefdes vroetel vervaard in die bedompige hysbak. Die stad is onder rekonstruksie: tuimelend van metro tot bus, tot […]

Teleskoop buite Sutherland

Andries Bezuidenhout 2010-02-15 Andries Bezuidenhout kyk skielik na binne deur 'n teleskoop buite Sutherland

Dood in Venesië

Joan Hambidge 2010-02-15 Ek is die regisseur van my eie lewensdrama nes Visconti varend oor die vuil waters van Venesië met die produksie: La morte a Venezia. ’n Gegrimeerde Aschenbach (deur Dirk Bogarde vertolk) smagtend na die Poolse seun Tadzio. Oor en oor kyk ek na die video op YouTube, luister na die streng bevele van Luchino met […]

translating the untranslatable

Karlien van der Schyff 2010-02-10 deciphering your smile ...

Slotsom

Daniel Hugo 2010-02-03 dronkverdriet is al wat my nog gelukkig maak – dis tranedal dié

Drinklied

Daniel Hugo 2010-02-03 al weer ’n dag van geweldig eet en drink – sonder ’n enkele verhewe gedagte sou mens dink, maar dit is blote skyn: die bakker, die slagter, die kelner, die kok skep ’n hemel met hulle aardse ambagte dit is op hulle wat ons skink en klink want hierdie goeie wyn verdien ’n refrein – […]

Stamvader

Daniel Hugo 2010-02-03 ek omhels die skurwe eik met sy pels van digte mos drie honderd seisoene saai hy sy akkers in die bos onverdiend ervaar ek hier die vriendskap van ’n kolos soos die tortel in sy kruin wortel ek op Stellenbosch

In my droom

Hilda Smits 2009-12-01 In my droom sit ek weer agter op die motorfiets in Indië, kamera wankelrig in die hand, die pad kronkel soos ’n nat tong onder ons deurgeslyte bande, en die gloeiende Oog van die kamera brand ’n gat deur die immergroen bome, die wit oggendlig wat flikker-en-spat aan weerskante, ons hare wapper verlore – windverstrooide woorde - en […]

Proses

Hennie Aucamp 2009-09-22

Fatale osmose

Hennie Aucamp 2009-09-22

Outopsie

Hennie Aucamp 2009-09-22 Die trots geskofte bison sak deur sy voeë en nate en kenners kry die karkas wat wriemel van sitate: Was binnevrot en rafels vlees in blyer tye dier gewees?

die slak

Hilda Smits 2009-09-07

die Stilte

Hilda Smits 2009-09-07

Tottenham court road

Hilda Smits 2009-09-07

varsgeborene

Carina Stander 2009-09-04

Ontologieles

Loftus Marais 2009-09-04 die oggend is donker, ek stap werk toe oor 'n pleindie dinge van die stad begin aan my verskynen soos dit mos 'n Digter dan betaamprobeer ek, maar natuurlik, die Syn se geheim bepeins, o, poëties verstáánmaar in 'n ...
Top