Klokslag
nag, na nag, na nag
soos ’n kerklike langs ’n siekbed
waak hy oor jou – bedag
op die weerlose rus waarmee slaap
j?ú se?n, maar hom verag
maar agter daardie oopgesig front
wat elke asemteug van jou observeer
tril die fyn draadjie van sy lont
met die ritmiese tik van elke ratjie
tot snaarstyf voor hy die stilte verwond

steek sy laaste lag
deur die stilte se dun vel
geduldig het hy op dié uur gewag
terwyl sy draadwerk ongesiens voorberei
op die volgende slag
* grafiese voorstelling van geraas-klankgolwe

