hoenderkode
(vir Gin en Tonic, die eksbatteryhenne)
(“Jy moenie dat hulle agterkom jy’s
so lief vir daai henne nie,
hulle sal jou kom toesluit,”
fluister buurtannie.)
my hoenderhenne
pik-pik morsekode
seinloos luister ek
wik en weeg
die golflengtes
se medium rus
of langer rus
in die ruis van vlerkveer
tussenin
my gehoor
binêr ingestel
gehok in stilte
ongeoefen
vir die skugter adem