aardreg

  • 0


Untitled Document

aardreg

jy kan maar sê jy boer
volhoubaar, hersikleer
na die werkershuis

jy kan voorgee
op jou grond het jy
’n hart vir ’n rooikat

piekolie ’n uitnodiging
om meer mielies
te plant, redeneer jy

’n sangoma uitroep,
ja, ontgin jou woordeskat
antroposentries

die polikrisis is ’n
groengek se agendapunt,
aardjurisprudensie, lag jy

waar hoor jy als
die mens-Natuur-band
se los konneksie

is twak, onheilig soos
’n uilroep, hier regeer
ék, van die stoep af

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top