Hotelbed: ’n meditasie

  • 0


Hotelbed: ’n meditasie

      Alleenbed smeulende bed
slapelose bed bed van onthou en droom
lakens uitdeel jou bed opmaak en dit opdoek
hotelbed tydelike bed klip onder die kop
Jakob se leer op na die Engele wat afklim
en aan my raak stukkende bed helende bed
vryf heuning op die lyf van ’n dooie geliefde
astrale bed meditasiebed nou Bethel
my siel opwaarts erbarming beweeg afwaarts
     onrustige bed troostende bed

Los Angeles

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top