Boekrubrieke
Gereelde boekrubrieke
Regular book columns
Boekevat met Deborah: Bonsaimeisies deur Erla Diedericks en Mother Mary comes to me deur Arundhati Roy
2025-09-22"Ek skryf oor twee boeke, ’n boeiende Afrikaanse riller en ’n oorsese juweel."
Heil die Leser! Wanneer varke vlieg: Bakeliet deur Anri Botha
2025-09-22"Botha lewer, met ’n chemikus se oog vir besonderhede, met Bakeliet ’n verfrissende bydrae tot hedendaagse Afrikaanse poësie." Lees Nini Bennett-Moll se resensie van Bakeliet en onderhoud met Anri Botha.
PenAfrican: Sir Herbert Baker: a biography by John Stewart – a book review
2025-09-17"What bugged me most about the book was Stewart’s interpretive framework. It is shaped by an uncritical acceptance of imperial ideology, even as he softly mocks it sometimes."
Cliff-hanger: Die 13de dag in Chengdu deur De Wet Hugo
2025-09-16"Vir my as iemand wat ’n bietjie – oukei, baie – bygelowig is oor Vrydag die 13de, was hierdie boek heerlik om te lees."
Boekevat met Deborah: Die moord op Liezel de Jager deur Anena Burger en Undone deur Michelle Roniak
2025-09-03"Die boek is uiters leesbaar en die leser kry ook ’n blik op Liezel as kind en jongmens. Wat ’n gebrek is, is dat ons geen insae kry in Werner se psige en verlede nie. Dis mos altyd die tergvraag: Hoe word iemand ’n monster?"
Heil die Leser! Oor verganklikheid en verlies: alles van waarde is weerloos
2025-08-14"Die bekende en nimlike digter Melanie Grobler se vyfde digbundel het onlangs by Naledi verskyn. Ek het by die digter gaan kers opsteek oor dié aangrypende nuwe bundel, en haar ’n paar vrae gevra wat my geprikkel het tydens die leesproses."
Boekevat met Deborah: Moord en mooi woorde
2025-08-13"My gevoel is: Solank mense lees, is daar hoop."
Cliff-hanger: Jy hóéf nie nou te lees wat almal lees nie
2025-08-13"Maar hier is die waarheid: Lees is nie ’n wedloop nie. En boeke leef baie langer as wat dit in die hande van jou gunsteling-influencer oor jou skerm dans."
Boekevat met Deborah: The interpreters, saamgestel deur Sean Christie en Hedley Twidle
2025-07-29"Ek het my dae lank verloor in die lywige bundel The interpreters. Dit bevat van die beste niefiksie van die 21ste eeu. Dis ondersoekende, skeppende joernalistiek uit die boonste rakke – daardie soort beriggewing waarvoor nie genoeg mense wil betaal om aanlyn te lees nie."
Cliff-hanger: The comrade’s wife by Barbara Boswell – a book review
2025-07-17"The comrade’s wife isn’t just a powerful novel, but a necessary one. It interrogates power, silence, gender, race and survival with the tenderness of a friend and the clarity of a scholar. No notes. Just awe."
Heil die Leser! Mishandeling en trauma in Wanneer die krieke stil word deur Petro Kotzé-Odendaal en Ontbloot deur Marthé McLoud
2025-07-16Nini Bennett-Moll skryf oor boeke wat vroulike trauma aanspreek: "Waar Kotzé-Odendaal se roman die verskillende vorme van geweld eksplisiet takel en beskryf, handel McLoud se gedigte oor die geweld van stilte: oor dit wat verswyg (moet) word; oor misverstande en donker geheime, en oor mense wat by mekaar verby leef."
Boekevat met Deborah: Die dood van Rachel April en Die boekengel
2025-07-08Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie week se aflewering skryf sy oor Die dood van Rachel April deur PP Fourie as "’n heerlike literêre riller oor die kunswêreld en die leefwêreld van voorheen benadeelde jongmense in ’n nuwe bedeling, oor identiteit en tuishoort"; en oor liefdesverhale waarvoor mens nie jou neus hoef op te trek nie, soos Boekengel deur Malene Breytenbach, al weet mens reeds "die sluimerende liefde [gaan] bot soos ’n roos."
PenAfrican: Reflections on Women’s Prize for Fiction 2025
2025-06-19"What we ask of literary prizes is not infallibility, but integrity, imagination and boldness. The awarding of a prize should strive to be as fearless and far-reaching as the fiction it celebrates."
Boekevat met Deborah: The Nicotine Gospel deur Sven Axelrad en Canary deur Onke Mazibuko
2025-06-19Deborah Steinmair skryf in hierdie aflewering van haar boekrubrieke oor twee boeke – "een oor die soeke na betekenis via ’n kankerstokkie en een oor ’n fluitjieblaser wat op sy baadjie kry".
Heil die Leser!: Pandora se kruik en ander euwels
2025-06-12"Pandora is ’n uiters genietlike en toeganklike roman. Spruyt verras as sosiale kommentator par excellence. Sy takel bogenoemde ongemaklike en belangrike geopolitieke brandpunte kaalvuis, ’n subteks wat nie die verhaallyn verswaar nie, maar eerder as slim metatekstuele kommentaar ’n boeiende kwaliteit aan die roman verleen."
PenAfrican: In search of Nongqawuse by Treive Nicholas – a book review
2025-06-03"The Great Cattle Killing incident is an extremely sensitive issue among the Xhosa. Nicholas dared to tread where most fear to tread. He handled the topic fairly and with deep empathy. But much of what still needs to be researched and said about the incident remains."
Cliff-hanger: Ek skryf nie om bruin te wees nie – ek skryf vir my karakters
2025-06-03"Ek is lief vir elkeen van my boeke. Hulle het my as skrywer gevorm. En tog, elke keer wanneer iemand iets sê soos: 'Jy skryf vir kallits', of 'Dis nice dat jou karakters so bruin is', dan voel ek daardie bekende verdedigende trek in my maag."
Cliff-hanger: Geheim in die riete deur Constant van Graan: ’n resensie
2025-05-14"Die karakters van die boek is goed gekies. Almal word só vinnig en doeltreffend geskets dat jy omgee. Jy wil weet wat van hulle word. Dis ’n rare talent: om met min woorde karakters te skep wat jy nie sommer vergeet nie."
Heil die Leser! Sameer Rawjee: KI in perspektief
2025-05-13"Taking the anxiety out of AI kon nie tydiger gekom het nie. Sameer Rawjee is ’n sober stem in die robuuste gesprek rondom kunsmatige intelligensie; hy is veral bekend vir sy vermoë om komplekse KI-konsepte aan ’n wyer gehoor te verduidelik."
Boekevat met Deborah: Binnerym van bloed
2025-05-06"Vandag skryf ek net oor een boek – Antjie Krog se Binnerym van bloed – want by so ’n allemintige baken moet ’n mens stilstaan en tot verhaal probeer kom."