Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Die boek van Ester, Malene

2008-12-17 Malene, Die teendeel is waar. Ek noem nêrens van die Ira se betrokkenheid by politieke toesmeerdery nie, niks van Ester en Samuel se "romanse" in Londen of haar reis na Beirut nie, asook bitter min van die internasionale sindikaat ...

Afrikaanse skrywers oorheers Suid-Afrikaanse literêre toekennings

Johann P Boshoff Boeke en skrywers 2008-12-12

Afrikaanse skrywers het die Suid-Afrikaanse Literêre Toekennings (Sala) Maandagaand 8 Desember op Midrand op die vierde Sala-glansgeleentheid oorheers.

Morné Malan se Suiderkruis: 'Hy’s nie sonder sy foute nie, maar perfek maak nie noodwendig mooi nie'

Shané Kleyn 2008-12-11 Suiderkruis vertel die hartseer verhaal van Magriet wat haar twee seuns, Hennie en Dawid, in Johannesburg gaan soek nadat die Australiese Southern Cross-windpomp op die werf van hul Vrystaatse familieplaas op ? dag "[k]op verloor".

Verhaal oor hackers en hul onderwêreld beloof om tieners vasgenael te hou

Herman Wiid 2008-12-10 Verbeel jou vir een oomblik jy is vasgevang in die kuberruimte van internasionale rekenaarnetwerke.

Met 13 uur bewys Deon Meyer opnuut hy is in ’n klas van sy eie

Suzaan Hauman 2008-12-08 "Toe Deon Meyer deur die loop van verlede jaar bekend gemaak het dat hy vanaf die begin van 2008 voltyds gaan skryf, kon aanhangers van dié skrywer en sy spanningsverhale hul geluk nie glo nie."

Estetiek en rykdom van metafore dwing jou om Piet van Rooyen se kwansuis noukeurig te lees

Ampie Coetzee 2008-12-04 Daar het al ses prosawerke en drie digbundels van Piet van Rooyen verskyn. Sy jongste bundel, kwansuis, is uitgegee deur Human & Rousseau.

Die Boek van Ester – pure vakansieleesgenot

Herman Wiid 2008-12-04 Met titels soos Rebecca en Met ander woorde reeds agter haar naam, spog Wilna Adriaanse hierdie feesseisoen met ’n splinternuwe toevoeging tot die liefdesroman-genre.

Afrikaans is Brink veel vir hierdie liefdesdiens verskuldig

Charles Malan 2008-12-03 Natuurlik juig die kwynende volkie oor elke nuwe uitgawe van die magtige Verseboek. Die digkuns bly die koningin van die letterkunde en wys die beste waartoe ons woordkunstenaars in staat is. Dis jammer dat daar deur sommiges met die lelike woord ...

30 nagte in Amsterdam: Vernuftig én verbeeldingryk

Thys Human, Thys Human 2008-12-03 Verbasend kort op die hakke van Asbesmiddag (2007), wat vanjaar met die M-Net Literêre Prys bekroon is, volg Etienne van Heerden se agtste vollengte-roman, 30 dae in Amsterdam (2008) – ’n oorrompelende, gewaagde boek met ’n meesleurende vaart en ...

Marius Crous gesels met Loftus Marais oor sy debuutbundel

Marius Crous, Loftus Marais 2008-11-27 As student in die kreatiewe skryfkundeklas aan die Universiteit van Stellenbosch was ek bevoorreg om saam met Loftus Marais en (prof) Willle van der Merwe onder Marlene van Niekerk se begeleiding gedigte te skryf. Ek voel amper soos die ginekoloog ...

T’sats se kind bevestig die belangrikheid van Willem D Kotzé se preserveerkuns in Afrikaans

Dorothea van Zyl 2008-11-26 In die voorwoord tot T’sats se kindnoem die skrywer dat die boek ’n vervolg is op T’sats se wraaken dat daar gevolglik “enkele terugflitse” sal wees na die vorige boek, hoewel dit ’n verhaal op sy eie is.

Rooi Luiperd sal jou, soos Bond, van jou nagrus beroof

Pieter Hugo 2008-11-26 Benewens al sy kinder-, jeug- en tienerverhale het Francois Bloemhof ook al 'n goeie dosyn romans geskryf.
Top