Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Estetiek en rykdom van metafore dwing jou om Piet van Rooyen se kwansuis noukeurig te lees

Ampie Coetzee 2008-12-04 Daar het al ses prosawerke en drie digbundels van Piet van Rooyen verskyn. Sy jongste bundel, kwansuis, is uitgegee deur Human & Rousseau.

Die Boek van Ester – pure vakansieleesgenot

Herman Wiid 2008-12-04 Met titels soos Rebecca en Met ander woorde reeds agter haar naam, spog Wilna Adriaanse hierdie feesseisoen met ’n splinternuwe toevoeging tot die liefdesroman-genre.

Afrikaans is Brink veel vir hierdie liefdesdiens verskuldig

Charles Malan 2008-12-03 Natuurlik juig die kwynende volkie oor elke nuwe uitgawe van die magtige Verseboek. Die digkuns bly die koningin van die letterkunde en wys die beste waartoe ons woordkunstenaars in staat is. Dis jammer dat daar deur sommiges met die lelike woord ...

30 nagte in Amsterdam: Vernuftig én verbeeldingryk

Thys Human, Thys Human 2008-12-03 Verbasend kort op die hakke van Asbesmiddag (2007), wat vanjaar met die M-Net Literêre Prys bekroon is, volg Etienne van Heerden se agtste vollengte-roman, 30 dae in Amsterdam (2008) – ’n oorrompelende, gewaagde boek met ’n meesleurende vaart en ...

Marius Crous gesels met Loftus Marais oor sy debuutbundel

Marius Crous, Loftus Marais 2008-11-27 As student in die kreatiewe skryfkundeklas aan die Universiteit van Stellenbosch was ek bevoorreg om saam met Loftus Marais en (prof) Willle van der Merwe onder Marlene van Niekerk se begeleiding gedigte te skryf. Ek voel amper soos die ginekoloog ...

T’sats se kind bevestig die belangrikheid van Willem D Kotzé se preserveerkuns in Afrikaans

Dorothea van Zyl 2008-11-26 In die voorwoord tot T’sats se kindnoem die skrywer dat die boek ’n vervolg is op T’sats se wraaken dat daar gevolglik “enkele terugflitse” sal wees na die vorige boek, hoewel dit ’n verhaal op sy eie is.

Rooi Luiperd sal jou, soos Bond, van jou nagrus beroof

Pieter Hugo 2008-11-26 Benewens al sy kinder-, jeug- en tienerverhale het Francois Bloemhof ook al 'n goeie dosyn romans geskryf.

Loftus Marais se digdebuut - ʼn Mini-resensie

Joan Hambidge 2008-11-25 Staan in die algemeen nader aan vensters van Loftus Marais (Tafelberg) is 'n verruklike debuut waarin die kanon weggeklap én bestendig word. Die digter dig teen Van Wyk Louw se beiteltjie in en hy bely dat hy ʼn fokken lugdrukboor het ...

Hierdie groen heks verdien goud

Lordan Nikki 2008-11-12

Om te kleef aan die amarant: Pirow Bekker se Van roes en amarant

Marius Crous 2008-11-12 Pirow Bekker debuteer in 1965 as digter met Die klip sing, wat opgevolg word deur Toekomstige betrekkinge (1975), Definisies deur die bloed (1978), Eskarp (1987), Rasuur (1983) en Stillerlewe (2002).

Die perfekte kelner

Hennie Aucamp Academic research 2008-11-12   St Peter's Basilica was built only because Cavalieri's "beautiful lips" requested it. - Anthony Heilbut, Thomas Mann: Eros and Literature As it is, in three days I won't see the boy anymore, will forget his face. But not the experience of my heart. He will join that gallery about which no literary history will […]

Etienne van Heerden se Die Stoetmeester na vyftien jaar steeds aktueel

Izak de Vries 2008-11-11 Etienne van Heerden se Die Stoetmeester is na vyftien jaar weer uitgegee, in 'n moderne baadjie. Maak die baadjie die boek? Nee, maar dis 'n mooi baadjie. En die inhoud? Hoe pas dit by die baadjie? Wel, kom ons kyk.

Versindaba 2008: Mag niemand ooit vir hulle moe nie?

Shané Kleyn 2008-11-11 "Ek hoop dat hierdie versamelbundel boordensvol nuwe verse soos vars heunings sal wees," skryf die samesteller, Marlise Joubert, in die inleiding van Versindaba 2008.
Top