Nikki Lordan2009-02-26Afrikaanse liefdesverhale het met tyd ’n effense metamorfose ondergaan, minder inkennig, meer parmantig en met ’n paar vurige liefdestonele sonder skaamte bygevoeg. Griessel se omnibus is egter kenmerkend van die meer beskeie liefdesverhale wat jy as kind op jou ouma se boekrak kon uitsoek.
Annie Klopper2009-02-17LAPA Uitgewers se Romanza-reeks spog met 'n afdeling vir publikasies wat spesifiek onder hierdie subgenre (Kaapse romanses) val, soos Gee my jou hart, Kim Bock se eerste boek in die Romanza-reeks.
Louise Viljoen2009-01-22Loftus Marais se debuutbundel, Staan in die algemeen nader aan vensters, oorrompel die leser met sy verskeidenheid en beweeglikheid.
Louise Viljoen2009-01-08Etienne Leroux is een van die reuse van die Afrikaanse letterkunde. Saam met Jan Rabie en André Brink het hy vanaf die vyftigerjare van die vorige eeu vernuwing gebring in die Afrikaanse prosa en dit op ’n internasionale peil geplaas soos aangedui deur die sukses wat vertalings van sy werk behaal het.
2008-12-19Met die huidige gepubliseerde drama keer Opperman weer eens terug na daardie broeiende donkerte in sy kunstenaarspsige om dieselfde temas te ondersoek, maar op datum gebring na die kwessies van 2007