Die Jakkalsdans – ’n Speelse dans met samsara

  • 0

Die Jakkalsdans
Francois Loots
Uitgewer: Umuzi
ISBN: 9781415201015
Prys: R170.95

Die siklus van die lewe en hergeboorte word binne die Boeddhistiese tradisie samsara genoem. Dit is letterlik die vloei van die lewe – geboorte, lewe, dood en reïnkarnasie of hergeboorte. Dit verwys ook na die aanhoudende, maar toevallige, stroom van passie, begeerte, emosie en ervaring. Die effense lyding wat met die lewe gepaardgaan.

Die Jakkalsdans is soos samsara. Dit beskryf die siklus van lewe en hergeboorte in die Noord-Kaapse dorpie Prieska. Die onvermydelike sirkel van die lewe en dood. Die struktuur van die boek is ook siklies geskryf. Ons begin met Aletta, beweeg dan na Joop, Mannetjies, Tryn, terug na Mannetjies, Joop en eindig weer met Aletta. Die verhaal speel op ’n byna fantasties mitologiese vlak af, veral met verwysing na die misterieuse Rotman en sy jakkalse wat deur die verhaal teenwoordig is. Hierdie fantastiese element kom veral in die laaste hoofstuk na vore.

Die sentrale motief is die blou dood, of asbestose, en hoe hierdie siekte die mense vasvang binne hierdie siklus van bestaan, siek word en sterf. Niemand word ontsien nie, selfs nie eers dié wat nie op die myne gewerk het nie. Verder word sterk temas bygewerk, soos kindermoord, skuld en boetedoening, seksualiteit en leuens. Almal dra ’n masker wat hulle dink hulle aanvaarbaar maak om mee saam te leef.

Aletta Steyn is vasgevang in ’n sieldodende bestaan en huwelik in Prieska. Haar man besit die algemene handelaar en sy smag om in haar motor te klim en net weg te ry. Volgende ontmoet ons vir Joop, Aletta en Mannetjies se aangenome seun. Joop is gay en wil ook net wegkom uit die dorp om ’n mode-ontwerper te word. Alhoewel Joop heel gemaklik is met sy seksualiteit, kom hy telkens in kontak met karakters wat ter wille van hul besluite en wat “die mense” sal sê, ’n front moet voorhou. Daar is die dominee, Deon, wat Joop altyd by die rivier ontmoet, maar ’n leuen saam met sy vrou leef. Chris, Joop se skoolvriend en buurman, gebruik Joop se seksualiteit en aantrekking tot hom om te kry wat hy wil hê en hou Joop tot aan die einde aan ’n lyntjie. Daar is ook die onderwyser, mnr Temelsman, wat vir Joop tydskrifte gee om na te kyk as sy vrou nie by die huis is nie.

Mannetjies Steyn knoop ’n verhouding aan met die bruin meisie Tryn wat hy eendag langs die pad oplaai en dan ’n werk en blyplek in sy winkel gee. Op sy manier probeer hy ook uit sy bestaan ontsnap. Hy het nie sy eie seun nie en sy verhouding met Jopie is ook moeilik, omdat Joop nie inpas by die beeld wat Mannetjies dink sy seun behoort te wees nie. Hy wil net hê sy kind moet weermag toe gaan “om ’n man te word” en verstaan nie Joop se begeerte om ’n mode-ontwerper te word nie.

Tryn val byna per ongeluk in ’n verhouding met Mannetjies in. Sy is die outsider en heeltemal alleen. Haar familie is dood en sy verlang na die veld en die bossies en die oopte, wat verteenwoordig word deur die Korana-mitologie. In plaas van die vryheid waarmee sy grootgeword het, spandeer sy haar aande alleen in haar kamer agter die algemene handelaar saam met Klip en Muis, met wie sy makliker kommunikeer as met mense. Haar misplasing en die skeiding van haar mense en die veld lei uiteindelik tot haar psigiese disintegrasie en ’n dramatiese wending.

Elke afdeling is geskryf uit die perspektief van die karakter, wat die fynere nuanse van Loots se skryfvermoë beklemtoon. By elke karakter bespeur die leser ’n beklemdheid, so asof jy in die benoude dorp nie asem kan kry nie. ’n Tipe blou dood vir die leser.

Niemand is gelukkig nie en niemand is eerlik nie. Almal smag na iets wat hulle nie het nie. Die effense lyding van samsara hou hulle gevange binne die kleindorpse engheid. Anneline Kriel word in hierdie tyd byna ’n baken van hoop vir die inwoners en hulle glo dat sy selfs die Springbokke sal help om in die 1974-wedstryd teen Frankryk te wen, net deur haar blote teenwoordigheid.

Die leser is nooit presies seker of hy te make het met fantasie of realiteit nie. Die boek word volkome ’n vervlegting van realiteit en fantasie, lewe en dood, waarheid en leuen. Die dood kry die gestalte in die figuur van die alomteenwoordige Rotman en sy gesante. Hy is beide die goddelike en die bose wat tussen die mense beweeg en van alles weet. As jy eenkeer in sy geel-bruin oë ingekyk het, is jou einde naby.

Die Jakkalsdans is ’n veelvoudige roman. Die verhaal bly deurentyd vir die leser net so effens uit fokus. Selfs die siekte wat deur die dorp trek, geslag na geslag, word vele ander name gegee. Eers veel later word die woord asbestose gebruik. Die mense gaan dood weens longkwale, kanker, asemhalingsprobleme, maar nooit die blou dood nie. ’n Ware benaming bly dus ook buite bereik.

Die einde van die boek is verbasend en kompleks. Mens moet fyn lees om presies seker te wees wat aangaan. ’n Vaste interpretasie en betekenis bly egter ontwykend, soos die roman in ’n byna mitiese sfeer inbeweeg. Met die volgende siklus van lees sal die betekenis dalk weer vir die leser verskuif. Op die ou end is dit slegs Jopie wat tog moksja bereik (die einde van die aanhoudende siklus van samsara), maar ’n mens is tog ook nie seker nie. Hy mag dalk in hierdie lewe ontsnap, maar nie in die volgende een nie.

  • Francois Loots is in Prieska gebore. Sy intieme kennis van die dorp en sy mense kom sterk in die roman na vore. Die Jakkalsdans is sy derde roman na Nagvoëls (2001) en Lente in Beijing (2003) en verteenwoordig ’n sterk bydrae tot sy oeuvre.

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top