Fotoblad: Bekendstelling van Fourie Botha se Donkerkamer

  • 0

ek tree die vierhoek binne ...
Fourie Botha se bundel Donkerkamer is op ’n donker Donderdagaand by die Book Lounge in Roelandstraat bekendgestel.
“dit het tyd geraak,”/ deel jy my mee ...
Hester Carstens, uitgewer van Donkerkamer by Queillerie, het die digter en sy gespreksgenoot aan die gehoor bekendgestel.
Niks gaan kan keer: die klein ontmoeting ...
Marius Swart, soos Fourie ook ’n Nuwe Stemme 4-debutant, en dosent aan die Universiteit Stellenbosch, het die gesprek oor die bundel in interessante rigtings gelei.
voor ’n peloton van agies ...
In  Donkerkamer ontgin Fourie Botha ’n belangstelling in die politiek van kyk. “Wie kyk, en na wie word daar gekyk?” vra hy.
tweeling van my ...
Twee gesigte van Fourie Botha, beide uitgewer en digter.
toetentaal onbewus/ hoe swaar die aarde aan jul voete is ...
Sy rol as uitgewer beïnvloed ook sy digproses: “Ek moet herskryf, oorskryf ...”
hoe vinnig vrugte in die hitte vrot ...
Etlike gedigte in  Donkerkamer tree in gesprek met kunswerke en foto’s, soos die gedig “Caravaggio se Bacchus”. Afbeeldings van hierdie foto’s en skilderye is tydens die voorlesing van die gedigte op ’n skerm geprojekteer.
lees die reguit reël met my bysiende tong ...
Fourie se voorlesing uit sy verse was gevoelvol en opreg: een van die hoogtepunte van die aand.
hierdie mik-en-druk het jou onthoof/ kop en skouer buite die raam gelaat ...
Fourie het duidelik heelwat nagedink en nagevors oor fotografie en die betekenis van foto’s. Hy het tydens sy gesprek met Marius uitgewei oor spanning tussen aanwesigheid en afwesigheid in foto’s: “As die foto daar is, is die mens afwesig.”
Die bordjie is dus nie verhang/ maar slegs vervang/ deur ’n klein blink papiervierkantjie ...
Marius wou weet of Fourie ’n saak kan uitmaak vir die teenwoordigheid van die foto’s in die bundel, wat dalk deur kritici as “gimmicky” afgemaak kan word. Fourie se saak: “Bite me!” 
wie is waardig om die boek oop te maak ...
Marius het opgemerk dat Donkerkamer een van die mees indrukwekkende debuutbundels van onlangs is.
hulle sê jou beroemde foto ... was ’n kierang ...
Fourie het vertel hoe sekere van die gedigte hul oorsprong gehad het, en die storie agter hierdie foto van Robert Capa vertel. 
die geheue bly ’n poel/ waarin granietvisse roer ...
jou gesig gedraai na die son is stil/ verligte christus op ’n fresko
die wit sekond wys been ...
Die aand loop op ’n einde.

Foto’s: Bibi Slippers

  • Aanhalings wat die byskrifte voorafgaan, is uit Donkerkamer, uitgegee deur Queillerie.

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top