Nuut by NB-Uitgewers dié Augustus:
150 jaar van Suid-Afrikaanse rugby, Skool, Die Rolbalspeler, Jannie Mouton: En toe fire hulle my, Dark Poppy's Demise en Baasspeurder Blomkvist
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
Uitgewer: Tafelberg en Bookstorm ISBN: 9780624053347 Prys: R299

|
150 jaar van Suid-Afrikaanse rugby Wim van der Berg
Dié volledig-geïllustreerde geskiedenis vier die vreugde en trane van Suid-Afrikaanse rugby van die begin af, toe die eerste rugbybal gegooi is. Alle aspekte van die sport word bekyk – oorwinnings by die rugbywêreldbeker, die rol van skole- en universiteitsrugby, die eertydse verbod op oorsese deelname, en die mees onlangse ontwikkelinge.
Klik hier en koop jou eksemplaar van 150 jaar van Suid-Afrikaanse rugby nou van Kalahari.net!
|
Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053057 Prys:R195
|
Skool Theo Kemp
Hy huiwer voordat hy klop. Hy raak aan die diktafoon in sy hempsak. Op die deur is ’n plaatjie met die woord Skoolhoof. Sy navorsing oor die Suid-Afrikaanse onderwyskrisis het hom geneem van skole wat brandarm, gevaarlik en versukkeld is tot die rykste skole. Hy het in ’n doolhof beland, weet hy.
Klik hier en koop jou eksemplaar van Skool nou van Kalahari.net!
|
Uitgewer: Kwela Boeke ISBN: 9780795703225 Prys: R175

|
Die Rolbalspeler Zain Eckleton
Hans vleg rottangmandjies in Soutrivier. Hy bly saam met sy ma en broer in Bishop Lavis, en dit gaan maar sukkel-sukkel. ’n Ontmoeting een oggend met ’n aanvallige blondekop-vrou verander sy hele lewe. Daar is skielik weer hoop, nuwe vriende, en bowenal, as hy Erika se stem hoor, is daar skoenlappers in sy maag.
Klik hier en koop jou eksemplaar van Die Rolbalspeler nou van Kalahari.net!
|
Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624049319 Prys: R195

|
Jannie Mouton: En toe fire hulle my Carié Maas
Jannie Mouton is in die pad gesteek op die ouderdom van 48. Binne 15 jaar daarná bou hy ’n allemintige sakeryk op: PSG het belange in maatskappye met ’n markkapitalisasie van R61 miljard. Wie is die man agter PSG en hoekom vee hy hom af aan die woede van baie in die wynbedryf oor sy KWV-planne? Ook in Engels beskikbaar as Jannie Mouton: And Then They Fired Me.
Klik hier en koop Jannie Mouton: En toe fire hulle my nou van Kalahari.net!
|
Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798155441 Prys:R125

|
Dark Poppy’s Demise SA Partridge
All Jenna wants is for someone to notice her, but all everybody sees is a gawky teenager with an overactive imagination. But she leads a double life. As Dark Poppy she can be herself. She receives a friend request from Robert Rose on Facebook, and doesn’t hesitate to start up a friendship with the guy with emerald-green eyes that seem to stare right through the computer screen …
Dark Poppy is Jenna se Facebook-naam en sy beland in groot moeilikheid toe sy ’n vreemdeling as haar Facebook-vriend aanvaar. Jenna is die ideale kandidaat vir hierdie tipe sluiper, want haar gesin is disfunksioneel en op skool is sy die objek van boelies en spottery. Baie vernuftig en slinks trek hierdie man haar in ’n net in waaruit sy nie kan kom nie. Die verhaal bou op tot ’n bloedstollende klimaks wat die leser vasgenael hou.
Klik hier en koop Dark Poppy’s Demise nou by Kalahari.net!
|
Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798155557 Prys: R120

|
Baasspeurder Blomkvist Astrid Lindgren
Kalle Blomkvist wil eendag ’n baasspeurder word. Sherlock Holmes, Hercule Poirot, lord Peter Wimsey, dié almal sal hy uitstof. Kalle se eerste geleentheid om sy speurvernuf op die proef te stel kom toe sy vriendin Eva-Lotta se oom, Einar, op die toneel verskyn. Kalle kry dadelik snuf in die neus. Dié man is ’n misdadiger, daarvan is hy oortuig.
Klik hier en koop Baasspeurder Blomkvist nou van Kalahari.net!