Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Die meer “beskeie” opsies van ’n “buitestander”: M. Nienaber-Luitingh in die Afrikaanse literêre sisteem
2008-11-25"Maar hoe tree ’n mens as buitelander, oftewel “buitestander”, tot ’n literatuursisteem soos die Afrikaanse toe as jy nie van huis uit met sodanige literêre gesag en aansien beklee is nie?"
“Onder my duim lê die fyn sintaksis van jou strot”: Krog in gesprek met Pablo Picasso
2008-11-20"So gesien, is die manier waarop Krog tekste met mekaar integreer, in mekaar inbed en met mekaar in gesprek laat tree, ikonies vir die wyse waarop sy die vorming van nuwe inklusiewe groepsidentiteite in Kleur kom nooit alleen nie vergestalt ..."
LitNet Akademies Jaargang 5(2) - Oktober 2008
2008-11-13 LitNet Akademies: Oktober 2008 Jaargang 5 (2)Portrette van en gesprekke met vaders: die vader-dogter-verhouding in die werk van enkele vrouedigters
2008-11-12"In hierdie artikel word die vader-dogter-verhouding in die werk van vier gekanoniseerde digteresse, te wete Elisabeth Eybers, Olga Kirsch, Lina Spies en Joan Hambidge, ondersoek."
Die verwerking van trauma in twee Afrikaanse romans
2008-11-05"Hierdie artikel bespreek die uitbeelding van trauma in twee onlangse Afrikaanse romans: Stiltetyd deur Marita van der Vyver (2006) en Chinchilla deur Nanette van Rooyen (2007)."
’n Menswetenskap in onmenslike tye: Dreyer Kruger en die fenomenologiese sielkunde in Suid-Afrika, 1976–1990
2008-10-29"Hierdie artikel bespreek die ontwikkeling van die fenomenologiese sielkunde in Suid-Afrika van die middel-1970's tot 1990, met spesifieke verwysing na die pionierswerk van Dreyer Kruger en sy tydgenote by Rhodes Universiteit."
Die ANC/SAKP en die USSR. Deel 1: Wêreldbeskouings
2008-10-21"Die geykte siening van die bondgenootskap tussen die ANC/SAKP en die Sowjetunie is dat dit ’n geleentheidshuwelik was, sonder ideologiese affiniteit."
Die ANC/SAKP en die USSR. Deel 2: Gevallestudies
2008-10-21"In die eerste aflewering van dié beskouing is gekyk na die ooreenkomste tussen die wêreldbeskouings van die USSR enersyds en die ANC en SA Kommunistiese Party andersyds."
Die verhouding tussen religie en mag in Tibettaanse Boeddhisme
2008-10-09"Die rol wat religie in die geskiedenis van politiek speel om die aspirasies, dominasie of belange van ’n persoon of groep te bevoordeel, is vandag goed bekend aan die sosiale wetenskappe."
LitNet Akademies Jaargang 5 (1) – Augustus 2008
2008-10-03 LitNet Akademies: Augustus 2008 Jaargang 5 (1)Arnold van Wyk se Ricordanza as musikale aandenking
2008-10-02"Die onbekendheid en onbemindheid van die meeste van Arnold van Wyk (1916–1983) se werke word sedert sy dood gereeld deur Suid-Afrikaanse musikoloë betreur."
Bemagtig opvoeders vir onmiddellike mobilisasie van grondslagfase-leerders se geletterdheid
2008-10-02"Vanaf 1994 is daar al baie gedebatteer oor moontlike faktore as oorsaak vir leerders se swak taalprestasie. In hierdie artikel wil ek nie op probleme fokus nie, maar eerder moontlike oplossings ondersoek."
Die denke van Deleuze en Guattari: filosofie as teater
2008-10-02"Met hierdie artikel wil ek ’n gebruiksvriendelike inleiding tot hierdie filosowespan in Afrikaans beskikbaar stel."
Beeldvorming in geleentheidsgedigte op gedenkkeramiek oor die Nederlandse koningshuis
2008-08-27"In Nederland is daar al in 1574 begin om die koningshuis, die Huis van Oranje, met spesiaal vervaardigde keramiekvoorwerpe te gedenk. Sommige van hierdie gedenkvoorwerpe bevat ook teks."
’n Ander bestekopname van die Afrikaanse poësie, 2004–2007
2008-08-05"Hierdie artikel verskaf ’n oorsig van die Afrikaanse poësie vir die tydperk 2004–2007. Boekpublikasies en aktiwiteite rondom die Afrikaanse poësie, soos die verteenwoordiging by kunstefeeste, radioprogramme en webtuistes word bespreek."
Stephan Bouwer (1948–1999): ’n Herwaardering met spesifieke verwysing na sy poësie-oeuvre
2008-07-22"Ten spyte van sy beduidende bydrae tot die Afrikaanse literêre en kulturele wêreld is daar nog min akademiese studies oor sy werk onderneem."
Die onopgeloste raaisel met spesifieke verwysing na Die Jakkalssomer van Dirk Jordaan
2008-07-17"Hierdie artikel bied ’n psigoanalitiese lesing van Dirk Jordaan se Die Jakkalssomer met besondere verwysing na die onopgeloste raaisel in die teks."
Buren-Marsch: Die Transvaalse volkslied in Duitse gewaad
2008-07-17"In hierdie artikel word ’n mars vir koperblaasensemble bespreek wat tussen 1901 en 1904 in Duitsland geskryf en gepubliseer is deur ’n komponis met die naam August Bernhard Ueberwasser (1866–1925)."
Tegniek en Republiek: Wisselende vryheidsbegrippe in Afrikaner- en Suid-Afrikaanse politiek
2008-07-11"In hierdie artikel word die verskillende begrippe van vryheid wat sedert die Nederlandse vestiging aan die Kaap onder veral Afrikaners, en in mindere mate in die Suid-Afrikaanse politiek, voorgekom het, ondersoek met verwysing na die drie tegniese milieus of mediasfere waarin Afrikaners hulle tot dusver bevind het."
