Holderstebolder bied aan: Storieminute Begripstoetse vir die Grondslagfase

  • 1

Wat is STORIE MINUTE?

STORIE MINUTE is ’n wonderlike pakket begripstoetse vir ouers en skole! STORIE MINUTE bevat 60 kort stories vir leesoefeninge (op werkvelle) of luisteroefening (op CD). Elke storie kom saam met vragies op drie verskillende moeilikheidsvlakke. STORIE MINUTE is spesiaal ontwikkel om kinders tussen 5 en 10 jaar se konsentrasie, luister- en leesvaardighede en woordeskat te ontwikkel. STORIE MINUTE is rondom die volgende 12 onderwerpe ontwikkel:

  • My liggaam
  • ’n Gesonde leefstyl
  • Siektes
  • Emosies
  • My gesin
  • My gemeenskap
  • Kulture en Godsdiens
  • Waardes
  • Verhoudings
  • Regte
  • Verantwoordelikhede
  • Diere
  • Entrepeneurskap

Die reeks bevat al 60 stories met 3 stelle vragies elk, op CD vir luister + al 60 stories met hul vragies, in ’n bundel geringbind vir lees.

Hoe lyk die STORIE MINUTE-pakket?

STORIE MINUTE op CD voorgelees en in bundel gebind:
* 2x stelle van 60 begripstoetse op CD’s in ’n CD houer
* bundel geringbind met die 60 stories en vragies vir voorlees, kopiëring of individuele gebruik
Prys: R950 (sluit verpakking, aflewering en 14% BTW in)

Ook beskikbaar in Engels.

Bestelvorm en meer inligting by http://www.holderstebolder.co.za/aspatatte.

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Monica Snyman

    Goeie middag almal, EK het gesien dat daar ouers is wat ekstra Wiskunde vraestelle soek vir hul kinders in die jonger grade.  Daar is elke jaar 'n Wiskunde Vraestelboekie beskikbaar van Gr. 8 -12.  Sommige skole koop dit vir die kinders aan maar dit is ook beskikbaar by die meeste PNA winkels.  Die boekie bevat vraestelle en antwoordstelle sodat die kinders kan sien waar hulle kan verbeter.  Daar is ook 'n Prac Maths boek beskikbaar wat baie oulik is.

     

    Hoop dit help

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top