Willie Burger

Willie Burger is professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. Sy navorsing fokus op vertelling en literatuurgeskiedenis. As redakteur is sy jongste boekpublikasie Stiltes en stemme (2023), ’n huldiging van Karel Schoeman. Hy was ook as redakteur betrokke by boeke oor André P. Brink en N.P. Van Wyk Louw. Hy is skrywer van Die wêreld van die storie (2018) en sy geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde verskyn in 2027 by Routledge. Oor die afgelope 25 jaar het hy meer as 400 boeke geresenseer en die volgende erkenning vir sy boekjoernalistiek ontvang: Caxton Excellence Award (2015) en kykNET-Rapport Boekresensent van die jaar in 2016, 2020 en 2025.

Akademiepryse 2017: Eugène Maraisprys vir prosa aan Lien Botha – commendatio

Willie Burger Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

"Wonderboom is ’n boeiende leeservaring wat ontstel weens die reliëf wat aan ons eietydse ervarings gegee word, wat dikwels ook snaaks is, en wat op indringende wyse nadink oor die maniere waarop die verlede benut word om sin te maak van ons bestaan."

“Werkstaking by die kleigat”: Willie Burger lewer kommentaar

Willie Burger Menings 2017-03-27

"Eerstens berus die twee here se beskouing van die verhaal ongelukkig op ’n onversigtige en oppervlakkige, oorhaastige lees daarvan – wat al die ironie miskyk en daarom ’n verhaal wat eintlik merkwaardig vir sy tyd was en wat veral vir vandag relevant is, mislees."

Boekresensie: Brandwaterkom deur Alexander Strachan

Willie Burger Resensies 2015-10-07

"Saam met al hierdie ander tekste dra Strachan se roman beslis by tot nadenke oor geskiedenis en oor verraad."

Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Commendatio – ’n Man van min belang

Louise Viljoen, Willie Burger, Linda Rode 2012-03-20 Commendatio:’n Man van min belang – Chris Karsten

Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Commendatio – Koljander

Louise Viljoen, Willie Burger, Linda Rode 2012-03-20 Commendatio Koljander

Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Commendatio – Liefste Lena

Louise Viljoen, Willie Burger, Linda Rode 2012-03-20 Commendatio: Liefste Lena

Die minagting vir die boekeblad by Media24

Willie Burger 2011-03-01 Natuurlik sal daar goeie en mooi verduidelikings wees dat hierdie eintlik ’n verbetering is. Maar die punt is dat hierdie saak eintlik nou al ’n baie lang aanloop het. Destyds, toe Peet Kruger weg is by Beeld om na al die koerante ...

’n Blik op ’n blik vol verse

Willie Burger 2009-02-05

Karnaval van die diere: die skrywende waterkewer eerder as die jollie bobbejaan
2005

Willie Burger 2007-06-13 Anton van Niekerk het in sy stuk (eers op LitNet en toe in Rapport, 6 Februarie) deeglik gereageer op Johann Rossouw se resensie van Agaat. Dit is altyd goed as daar 'n debat oor enige literêre teks ontstaan. Agaat is boonop 'n roman wat baie ...

Waar's die nuwe stemme in ons letterkunde?
2002

Willie Burger 2007-06-13 As ons wil praat oor “nuwe stemme”, kan ons dit nie doen sonder om na die “ou stemme” te kyk nie. Hoe sal ons immers ’n nuwe stem herken as daar nie ’n vergelykingsbasis is nie? Dit is tensy ons die “nuwe” slegs (ietwat beperkend?) ...
Top