Willie Burger

Willie Burger is sedert die begin van 2010 professor in letterkunde en hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Voorheen was hy vir 12 jaar aan die Universiteit van Johannesburg verbonde. Hy het sy akademiese loopbaan in 1991 by die Universiteit van Zoeloeland begin.

Willie is die skrywer van Die wêreld van die storie (2018), ’n boek oor narratiwiteit. Hy het al meer as 40 navorsingsartikels oor ’n wye verskeidenheid temas in vaktydskrifte en as hoofstukke in boeke gepubliseer. Hy was ook as redakteur by publikasies oor die volgende vooraanstaande Afrikaanse skrywers betrokke:

  • Sluiswagter by die dam van stemme – die eerste omvattende boekpublikasie oor Karel Schoeman (2002, saam met Helize van Vuuren)
  • Die oop gesprek (2006) oor NP Van Wyk Louw
  • Contrary: Critical responses to the novels of André Brink (2013, saam met Karina Szczurek)
  •  ’n spesiale uitgawe van Tydskrif vir Literatuurwetenskap gewy aan die werk van Marlene van Niekerk.

Willie het oor die afgelope 20 jaar om en by 300 boeke in verskeie dagblaaie en tydskrifte geresenseer. Hiervoor is hy in 2015 met die Caxton Excellence Award vir sy resensies in Vrouekeur erken en in 2016 is die kykNET-Rapport-toekenning vir boekresensent van die jaar aan hom toegeken. Hy is tans verantwoordelik vir die boekinsetsel op kykNET se Groot Ontbyt-program en daardeur, asook met sy resensies en rubrieke in verskeie populêre publikasies, probeer hy om literêre navorsing ook buite die grense van die akademie te versprei (hy is sedert 2010 die boekeredakteur van Vrouekeur en het agt jaar lank tot die “Kopstukke”-rubriek in Beeld bygedra).

Burger se sketse en verhaaltjies oor die wel en wee van vaderskap het oor ses jaar heen in die tydskrif Baba en Kleuter verskyn en is in twee bundels onder die titel Pa se stem versamel (2002 en 2005).

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Louise Viljoen

Willie Burger, Louise Viljoen Boeke en skrywers 2020-08-21

In hierdie aflewering van Boeke met Burger, praat die letterkundige Louise Viljoen met Willie Burger oor tendense in die Afrikaanse letterkunde.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Paweł Zajas

Willie Burger, Pawel Zajas Boeke en skrywers 2020-07-28

In vandeesweek se Zoom-gesprek praat Willie Burger met Paweł Zajas oor die letterkunde in Afrikaans, Nederlands en Pools. Hulle bespreek die boekebedryf in verskillende lande en die term "transnasionalisme".

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever

Willie Burger, Zirk van den Berg, Carina Stander, Alettie van den Heever Boeke en skrywers 2020-07-21

In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever oor hulle werk binne die spekulatiewe-fiksie-genre.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Hein Viljoen

Willie Burger, Hein Viljoen Boeke en skrywers 2020-07-06

In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy en Hein Viljoen oor NP Van Wyk Louw.

Die wêreld van die storie: ’n onderhoud met Willie Burger

Naomi Meyer, Willie Burger Skrywersonderhoude 2019-02-05

"[E]k wou ook vir myself en vir moontlike lesers probeer verduidelik waarom ons stories lees, wat ons met stories doen, hoekom ons stories nodig het, wat stories met ons doen en wat dit vir ons kan beteken om stories en hoe hulle vertel en verstaan word, te ondersoek."

Philip Roth (1933–2018)

Willie Burger In memoriam 2018-05-30

"Philip Roth was een van daardie merkwaardige skrywers wat telkens, in roman na roman, daarin geslaag het om lesers bewus te maak van aspekte van hul bestaan waaroor hulle dalk nog nooit nagedink het nie, of om bekende aspekte in ’n ander lig te sien."

Akademiepryse 2017: Eugène Maraisprys vir prosa aan Lien Botha – commendatio

Willie Burger Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

"Wonderboom is ’n boeiende leeservaring wat ontstel weens die reliëf wat aan ons eietydse ervarings gegee word, wat dikwels ook snaaks is, en wat op indringende wyse nadink oor die maniere waarop die verlede benut word om sin te maak van ons bestaan."

“Werkstaking by die kleigat”: Willie Burger lewer kommentaar

Willie Burger Menings 2017-03-27

"Eerstens berus die twee here se beskouing van die verhaal ongelukkig op ’n onversigtige en oppervlakkige, oorhaastige lees daarvan – wat al die ironie miskyk en daarom ’n verhaal wat eintlik merkwaardig vir sy tyd was en wat veral vir vandag relevant is, mislees."

Boekresensie: Brandwaterkom deur Alexander Strachan

Willie Burger Resensies 2015-10-07

"Saam met al hierdie ander tekste dra Strachan se roman beslis by tot nadenke oor geskiedenis en oor verraad."

Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Commendatio – ’n Man van min belang

Louise Viljoen, Willie Burger, Linda Rode 2012-03-20 Commendatio:’n Man van min belang – Chris Karsten

Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Commendatio – Koljander

Louise Viljoen, Willie Burger, Linda Rode 2012-03-20 Commendatio Koljander

Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Commendatio – Liefste Lena

Louise Viljoen, Willie Burger, Linda Rode 2012-03-20 Commendatio: Liefste Lena

Die minagting vir die boekeblad by Media24

Willie Burger 2011-03-01 Natuurlik sal daar goeie en mooi verduidelikings wees dat hierdie eintlik ’n verbetering is. Maar die punt is dat hierdie saak eintlik nou al ’n baie lang aanloop het. Destyds, toe Peet Kruger weg is by Beeld om na al die koerante ...

’n Blik op ’n blik vol verse

Willie Burger 2009-02-05
Top