Willie Burger

Willie Burger is professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. Sy navorsing fokus op vertelling en literatuurgeskiedenis. As redakteur is sy jongste boekpublikasie Stiltes en stemme (2023), ’n huldiging van Karel Schoeman. Hy was ook as redakteur betrokke by boeke oor André P. Brink en N.P. Van Wyk Louw. Hy is skrywer van Die wêreld van die storie (2018) en sy geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde verskyn in 2027 by Routledge. Oor die afgelope 25 jaar het hy meer as 400 boeke geresenseer en die volgende erkenning vir sy boekjoernalistiek ontvang: Caxton Excellence Award (2015) en kykNET-Rapport Boekresensent van die jaar in 2016, 2020 en 2025.

Simoelégri: stad van onrus deur Jaco Fouché – ’n resensie

Willie Burger Resensies 2021-09-28

"Die roman bied soveel potensiaal, maar die gevoel is dat dit nog meer afgewerk en deurdink moes gewees het."

Anna M Louw. Fassinerende, veelkantige skrywer: ’n resensie

Willie Burger Resensies 2021-08-11

"Die boek dwing mens in die eerste plek om weer na Louw te kyk – ’n skrywer wat inderdaad vinniger vergete raak as baie ander, en wie se werk oor die algemeen dalk nie al die aandag ontvang het wat dit verdien nie, want hierdie bydraes maak mens tog nuuskierig, prikkel belangstelling."

’n Hart is so groot soos 'n vuis deur PP Fourie: ’n resensie

Willie Burger Resensies 2021-05-27

"Die rede waarom hierdie spesifieke vertelling oor ’n dronk pa en mishandelde ma en opgemorste seun uitstaan, is dat Fourie musiek maak met die taal en met die verhaal (en sekerlik is sy vertaler, Marius Swart se bydrae hier baie belangrik!). Daarin lê die boeiende van hierdie boek."

Karoobrokkies, ’n literêre reis

Willie Burger Boeke en skrywers 2021-02-09

"Literatuur se vermoë om ’n mens se belewenis van ’n bepaalde ruimte te kleur het ek tydens sestien dae se reis deur die Karoo herhaaldelik ervaar."

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Rudi MR Venter

Willie Burger, Rudi MR Venter Boeke en skrywers 2020-10-22

In hierdie aflewering van Boeke met Burger praat Rudi MR Venter met Willie Burger oor boekstudies – en al die dissiplines waarmee dit skakel: uitgewers, skrywers, kultuursosioloë en argivarisse. Wat behels hierdie vakgebied en wat is die belang daarvan?

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Chris van der Merwe

Willie Burger, Chris van der Merwe Boeke en skrywers 2020-10-14

In hierdie aflewering van Boeke met Burger praat Chris van der Merwe met Wille oor die velerlei kante van die olifant – en van die letterkunde.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Hein Willemse

Willie Burger, Hein Willemse LitNetKanaal op YouTube 2020-09-14

In hierdie gesprek praat Willie Burger met Hein Willemse  oor die afsterwe van Achmat Dangor, oor die land se geskiedenis en oor swart Afrikaanse skrywers.

LitNet Akademies-resensie-essay: Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché

Willie Burger Resensies 2020-09-10

"Maar om tyd met hierdie boek deur te bring is beslis lonend, nie omdat die roman troos nie, nie omdat dit lekker is om in ’n speurverhaal te ontsnap nie, maar omdat die speurverhaal aangewend word om die permafrost om jou hart soos ’n warm ploeg om te keer."

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Bibi Burger

Willie Burger, Bibi Burger Boeke en skrywers 2020-08-31

In hierdie aflewering van Boeke met Burger praat Bibi Burger met Willie Burger oor ontlaering.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Louise Viljoen

Willie Burger, Louise Viljoen Boeke en skrywers 2020-08-21

In hierdie aflewering van Boeke met Burger, praat die letterkundige Louise Viljoen met Willie Burger oor tendense in die Afrikaanse letterkunde.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Paweł Zajas

Willie Burger, Pawel Zajas Boeke en skrywers 2020-07-28

In vandeesweek se Zoom-gesprek praat Willie Burger met Paweł Zajas oor die letterkunde in Afrikaans, Nederlands en Pools. Hulle bespreek die boekebedryf in verskillende lande en die term "transnasionalisme".

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever

Willie Burger, Zirk van den Berg, Carina Stander, Alettie van den Heever Boeke en skrywers 2020-07-21

In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever oor hulle werk binne die spekulatiewe-fiksie-genre.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Hein Viljoen

Willie Burger, Hein Viljoen Boeke en skrywers 2020-07-06

In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy en Hein Viljoen oor NP Van Wyk Louw.

Die wêreld van die storie: ’n onderhoud met Willie Burger

Naomi Meyer, Willie Burger Skrywersonderhoude 2019-02-05

"[E]k wou ook vir myself en vir moontlike lesers probeer verduidelik waarom ons stories lees, wat ons met stories doen, hoekom ons stories nodig het, wat stories met ons doen en wat dit vir ons kan beteken om stories en hoe hulle vertel en verstaan word, te ondersoek."

Philip Roth (1933–2018)

Willie Burger In memoriam 2018-05-30

"Philip Roth was een van daardie merkwaardige skrywers wat telkens, in roman na roman, daarin geslaag het om lesers bewus te maak van aspekte van hul bestaan waaroor hulle dalk nog nooit nagedink het nie, of om bekende aspekte in ’n ander lig te sien."

Top