Philip Roth (1933–2018)

  • 7

Milan Kundera het eenkeer geskryf dat die taak van die romankuns nie is om filosofie te wees nie, ook nie om geskiedenis of sielkunde te wees nie, maar om aspekte van menslike bestaan te ondersoek wat slegs deur die vorm van die roman ondersoek kan word. Philip Roth was een van daardie merkwaardige skrywers wat telkens, in roman na roman, daarin geslaag het om lesers bewus te maak van aspekte van hul bestaan waaroor hulle dalk nog nooit nagedink het nie, of om bekende aspekte in ’n ander lig te sien.

In die beste van die 31 romans wat hy nagelaat het, maar selfs in die “minder bekende” romans, het Roth lesers telkens verras met die verrassendste verhale vol vreemde (maar meestal moontlike en herkenbare) gebeurtenisse. Hy het nie daarvan teruggedeins om dinge te vertel waaroor die meeste mense in goeie geselskap eerder sou swyg nie, maar telkens werp sy karakters se optrede in hulle spesifieke situasies lig op elemente van die moderne samelewing, op mense se gedrag en hulle motiewe, op filosofiese vraagstukke en op die (Amerikaanse) geskiedenis – sonder dat die romans ooit sielkunde, sosiologie, geskiedenis of filosofie word. Roth kon dít regkry omdat hy besef het hoe prekêr ons kennis is, hoe min ons van onsself verstaan. Op ’n stadium in The human stain kyk Roth se alter ego, die skrywer Nathan Zuckerman, wat in agt van sy romans voorkom, na Coleman Silk en Faunia waar hulle in ’n ernstige gesprek gewikkel is. Hy weet egter nie waaroor hulle op daardie oomblik praat nie, maar meer nog, dat die dreigbrief wat professor Roux aan Silk gestuur het en wat begin met die woorde dat almal van sy verhouding met Faunia weet, foutief is:

Because we don’t know, do we? Everyone knows … How what happens the way it does? What underlies the anarchy of the train of events, the uncertainties, the mishaps, the disunity, the shocking irregularities that define human affairs? Nobody knows, Professor Roux. “Everyone knows” is the invocation of the cliché and the beginning of the banalization of experience, and it’s the solemnity and the sense of authority that people have in voicing the cliché that’s so insufferable. What we know is that, in an unclichéd way, nobody knows anything. You can’t know anything. The things you know you don’t know. Intention? Motive? Consequence? Meaning? All that we don’t know is astonishing. Even more astonishing is what passes for knowing. (208-9)

Hierdie roman oor Coleman Silk, ’n afgetrede professor in klassieke tale, het al die kenmerke wat van Roth se romans sulke buitengewone leeservarings maak. Dit is vol humor en is dikwels snydend satiries in die wyse waarop die Amerikaanse samelewing beskryf word. In The human stain is daar onder meer kommentaar oor universiteite, akademiese feminisme, identiteitskwessies wat aspekte van gender en ras insluit, en natuurlik neem seksualiteit en seks ’n belangrike plek in. Die 71-jarige Silk, ’n afgetrede akademikus, vra vir Nathan Zuckerman om die spookskrywer vir sy roman, Spooks, te wees. Met dié boek wil hy op ’n manier wraak neem vir die vernedering wat hy by sy universiteit moes ervaar toe hy van rassisme aangekla is. Silk bely teenoor Zuckerman dat hy ’n verhouding aangeknop het met ’n 35-jarige skoonmaker by die universiteit, ’n verhouding wat vir die 71-jarige moontlik gemaak is deur Viagra:

Is he astonished to be telling me all this? I think he may be. But he’s too enlivened by it all to stop. The impulse is the same one that drove him to dance with me. Yes, I thought, it’s no longer writing Spooks that’s the defiant rebound from humiliation; it’s fucking Faunia. But there’s even more than that driving him. There’s the wish to let the brute out, let that force out – for half an hour, for two hours, for whatever, to be freed into the natural thing. He was married a long time. He had kids. He was the dean at a college. For forty years he was doing what was necessary to do. He was busy, and the natural thing that is the brute was moved into a box. And now that box is opened. Being a dean, being a father, being a husband, being a scholar, a teacher, reading the books, giving the lectures, marking the papers, giving the grades, it’s over. At seventy-one you’re not the high-spirited, horny brute you were at twenty-six, of course. But the remnants of the brute, the remnants of the natural thing – he is in touch now with the remnants. And he’s happy as a result, he’s grateful to be in touch with the remnants. He’s more than happy – he’s thrilled, and he’s bound, deeply bound to her already, because of the thrill. It’s not family that’s doing it – biology has no use for him anymore. It’s not family, it’s not responsibility, it’s not duty, it’s not money, it’s not a shared philosophy or the love of literature, it’s not big discussions of great ideas. No, what binds him to her is the thrill. Tomorrow he develops cancer, and boom. But today he has this thrill.

In hierdie een paragraaf is baie te sien van wat Philip Roth in sy 31 romans reggekry het. Hy het reeds in 1969, met Portnoy’s complaint, opspraak verwek oor die manier waarop hy oor seks geskryf het – spesifiek ’n Joodse Amerikaanse man se obsessie met seks en talle beskrywings van masturbasie. Sommige lesers beskou Portnoy’s complaint steeds as Roth se beste roman en dit was ongetwyfeld een van sy opspraakwekkendste romans. Dit het hom oornag beroemd (en berug) gemaak. Daarin het hy die “brute”, die “natural thing”, gestel teenoor Portnoy se skuldgevoelens, sy worsteling met die Joodse gemeenskapsnorme, met eise oor manlikheid.

Die aangehaalde paragraaf is ook ’n voorbeeld van die kenmerkende Roth-styl. Die opeenstapeling van nog en nog inligting, gevolg deur verrassende wendings en insigte geld vir sy sinne, maar ook vir die verhale.

Na die nuus van sy dood verlede week het ek dié naweek sy boeke van my rak af gehaal met die doel om hulle so ’n bietjie af te stof as eerbetoon aan Roth. Ek het weer begin om stukkies uit Portnoy’s complaint te lees, en uit The Professor of Desire; uit American Pastoral en uit The human stain. Telkens is ek opnuut gefassineer deur die manier waarop Roth vertel. Met enkele sinne voer hy mens weg, staan mens verstom oor die wendings, oor die reguit beskrywings van gebeurtenisse waarvan mens terugdeins, waarvan mens byna nie kan glo dat iemand dit kan skryf nie, maar Roth kon dit regkry sonder dat dit bloot skok of vermaak. Herhaaldelik kom ’n mens onder die indruk van die komplekse aard van die menslike bestaan en heel dikwels kry ’n mens deernis met karakters wat eintlik afstootlik is. Boonop is die romans so meesleurend dat ek, toe ek my weer kom kry, nie net hier en daar paragrawe kon lees nie, maar so meegesleur is dat ek aanhou en aanhou lees.

In talle artikels wat na sy dood verskyn het, word verwys na die manier waarop hy die Amerikaanse samelewing ondersoek – veral in American Pastoral, I married a Communist en The human stain. ’n Blik op die Amerikaanse geskiedenis vanaf die 1960’s tot die vroeë 1990’s word in hierdie drie romans gegee wat deur sommige kritici as die hoogtepunt van Roth se oeuvre beskou word. Tipies van Roth is hierdie romans soms skreeusnaaks, dikwels satiries, vol verrassende wendings; maar uiteindelik val die fokus altyd op die dilemmas van enkelinge.

In hierdie drie romans maak Roth opnuut gebruik van die karakter Nathan Zuckerman wat, soos David Kapesh in onder meer The Professor of Desire, as alter ego van Roth beskou word. Daar is soms kritiek teen sy werk gelewer omdat dit volgens sommige lesers “te outobiografies” sou wees. Enige gemaklike gelykstellings tussen hierdie karakters en die skrywer self is egter ook met ’n sin vir humor deur Roth hanteer, en wanneer ’n karakter Philip Roth ook in sy boeke voorkom, word die gemaklike gelykstelling tussen die skrywer en karakters soos Zuckerman, Roth en Kepesh ondermyn. Op hierdie manier word onder meer die komplekse verhouding tussen ’n kunstenaar en sy werk belig, maar in Roth se romans is dit nie bloot ’n postmodernistiese speletjie met taal wat die aandag vestig op taal se onvermoë om te verwys of om genoegsaam te verklaar nie – daarvoor is Roth se werk te verstrengel met die lewe.

In The human stain skryf Nathan Zuckerman dat hy hom as ouer man aan die samelewing begin onttrek het, dat hy nie meer seksuele verhoudings het nie en ’n soort kluisenaarsbestaan voer. Hy het gevind dat ’n lewe in afsondering nie noodwendig tot eensaamheid lei nie. Dan word hy en Silk egter vriende en raak hy weer bewus daarvan dat hy eensaam is, dat hy verlang: “Lonely for precisely what? Simple: for what I had developed an aversion to. For what I had turned my back on. The entanglement with life.”

Dit is hierdie verstrengeldheid met die lewe wat Roth se gebruik van alter ego’s en postmodernistiese verteltegnieke veel meer as oppervlakkige spel maak. Dit is hierdie verstrengeldheid met die lewe, van die biologie en die geskiedenis, van die persoonlike en die sosiale, wat sy romans onthullend oor menslike bestaan maak.

Roth se verteltegnieke is nou al baie nageboots – om ’n lang belydende monoloog van ’n karakter by sy terapeut aan te bied, het al byna ’n literêre cliché geword, maar toe Portnoy’s complaint in 1969 verskyn het, was dit nog ’n vars idee. Wat my egter opgeval het toe ek die naweek weer daarin begin blaai, is dat hierdie “klassieke” voorbeeld nou nog nie geyk voel nie, dat dit steeds verras en vermaak. Ek kon die roman, soos sy ander romans wat ek die naweek van die rak afgehaal en afgestof het, byna nie weer neersit nie. Ek is oorval deur die gevoel dat ek hulle almal gelees het toe ek nog te jonk was, dat ek nie eens die helfte daarvan verstaan het nie. Selfs The plot against America, wat ’n prys as uitstaande historiese roman gewen het en wat ek nie eens so lank gelede gelees het nie, het my onverwags meegevoer en koue rillings gegee toe ek weer daarin begin lees en besef hoe maklik ’n “onmoontlike” kandidaat wel tot president verkies kan word en wat die gevolge kan wees.

In een van sy laaste boeke, Everyman, staan die hoofkarakter by ’n begrafnis en sien ’n vrou wat onbedaarlik huil. Hy neem aan dat dit die moeder van die gestorwene is. Haar man, wat met gevoude arms langs haar staan, is egter onbewoë en hy vra vir die hoofkarakter of hy weet waarom die vrou so huil. Die man meen dat hy weet:

It’s because it is for her as it’s been for me ever since I was a boy. It’s because it is for her as it is for everyone. It’s because life’s most disturbing intensity is death. It is because death is so unjust. It’s because once one has tasted life, death does not even seem natural. I had thought – secretly I was certain – that life goes on and on. “Well, you’re wrong,” the man said flatly, as though having read his mind. “She’s like that all the time. That has been the story for fifty years,” he added with an unforgiving scowl. “She’s like that because she isn’t eighteen anymore.”

Dit is vreeslik om te dink dat daar nooit weer ’n nuwe Roth-roman gaan verskyn nie. Dit voel byna onnatuurlik en onregverdig, maar dit herinner ons almal daaraan dat ons nie 18 jaar oud bly nie, dat alles verbygaan. Maar Roth se boeke belig ook hierdie mees ingrypende steuring in die lewe.

  • 7

Kommentaar

  • Op my heelwat jonger gemoed het hy 'n blywende indruk gelaat - sy direktheid wat so ongenadiglik geskok het maar so eg gevoel het ...

    • Dankie vir jou mooi stuk, Willie! Inderdaad, alles gaan verby en Roth verwoord dit op onnavolgbare wyse. Ek voel ook ek was nog veels te jonk toe ek hom (en trouens ook Saul Bellow) gelees het! Dis fassinerend om hom te herlees en nou soveel meer en beter te verstaan.

  • Na die afsterwe van Philip Roth het ek ongeveer elke onderhoud en dokumentêr beskikbaar op YouTube herbesoek wat Philip Roth aangaan en spandeer nou al twee weke aan herbesoek aan alles Philip Roth en so ook dit wat gevind kon word op BBC Radio, die onderhoud met Philip Dodd en WHYY Fresh Air van Terry Gross wat twee programme aan Philip Roth afgestaan het.
    Die uitstekende BBC Imagine met Alan Yentob wat oor twee episodes die omvang van Philip Roth se werk in oorweging bring en wat die kyker laat besef hoe omvangryk Philip Roth se denke was en die verskeidenheid van onderwerpe aangespreek, tekende voorbeeld van Harold Bloom se stelling dat 'n mens lees, om omgang met 'n brein sterker as jou eie om te gaan.
    American Pastoral klaar herlees en nou besig met I Married a Communist, terwyl daar intussen die film weergawe van Human Stain en Indignation herkyk is met Sabbath Theatre volgende as 'n herbesoek.
    Hoe goed is American Pastoral nie - Swede Levov - 'n goeie man ondergrawe deur gebeure buite sy beheer en so ook Coleman Silk en wil ek my verstout dat Nathan Zuckerman het geen seks nie - dit behoort aan David Kepesh. Ekself verkies Nathan Zuckerman.
    Ook is dit opvallend dat Philip Roth is 'n uitstekende persoon is om 'n onderhoud mee te voer en is dit jammer dat daar nie so baie daarvan is nie - hierdie was 'n persoon met 'n vlymskerp brein en 'n briljante sin vir humor en kan daar ure na hom ook geluister word.
    So ja - ek vir een is hartseer dat daardie aspek verby is - sou meer van Philip Roth self wou gehoor het in toekomstige onderhoude - die man in daardie aspek is ook werd om te besoek en te geniet wanneer Philip Roth aan die woord is.
    Hoor die stem konstant in my gedagtes ...

    • Johannes Comestor

      Wouter, dit is goed dat jy na verloop van jare weer van jou laat hoor. Ek het destyds oor Roth op LitNet geskryf en jy het op dieselfde dag (31.03.2014) gereageer. Die uitsonderlike was dat ons in hierdie geval saamgestem het. Hierdie rondte moet ek jou in twee opsigte teleurstel: Ek is nog hierdie kant en ek het nie meer dieselfde hoë dunk van Roth as destyds nie.

  • Hallo Johannes,
    Baie skerp, natuurlik is dit goed dat jy nog aan hierdie kant is, al mag ons verskil het oor alles en hoop ek dit gaan goed met jou en is bly dat jy nog aan die kant is. Die dienste van 'n medium is derhalwe nie nodig nie - behalwe vir die medium van die internet.
    Ek onthou jou skrywe oor Philip Roth baie goed en so ook jou kern-argument teen sy werk – naamlik dat dit te outobiografies is en per definisie nie skeppend genoeg is nie. Waar is Philip Roth in Nathan Zuckerman, David Kepesh of die Philip Roth in Operation Shylock of dan die laaste Philip Roth met sy familie in The Plot against America.
    Soos jy seker ook kan onthou - was daar in daardie week 'n repliek deur Philip Roth in die New York Times wat soos volg gegaan het - en dis Philip Roth aan die woord: "Whoever looks for the writer’s thinking in the words and thoughts of his characters is looking in the wrong direction. Seeking out a writer’s 'thoughts' violates the richness of the mixture that is the very hallmark of the novel. The thought of the novelist that matters most is the thought that makes him a novelist.
    The thought of the novelist lies not in the remarks of his characters or even in their introspection but in the plight he has invented for his characters, in the juxtaposition of those characters and in the lifelike ramifications of the ensemble they make — their density, their substantiality, their lived existence actualized in all its nuanced particulars, is in fact his thought metabolized.
    The thought of the writer lies in his choice of an aspect of reality previously unexamined in the way that he conducts an examination. The thought of the writer is embedded everywhere in the course of the novel’s action. The thought of the writer is figured invisibly in the elaborate pattern — in the newly emerging constellation of imagined things — that is the architecture of the book: what Aristotle called simply “the arrangement of the parts,” the “matter of size and order.” The thought of the novel is embodied in the moral focus of the novel. The tool with which the novelist thinks is the scrupulosity of his style. Here, in all this, lies whatever magnitude his thought may have.
    The novel, then, is in itself his mental world. A novelist is not a tiny cog in the great wheel of human thought. He is a tiny cog in the great wheel of imaginative literature. Finis."
    Bogenoemde moet gesien kan word in die werke - gegewe die verskeidenheid van onderwerpe, kwessies en probleme wat in die versamelende werke aangespreek word.
    Daarin is my bewondering vir Philip Roth.
    Net soos jy vind ek baie te put uit Isaiah Berlin - en ook 'n skrywer waaroor ons verskil het.
    Naamlik die vraag - The Hedgehog and the Fox? Verskoning - maar die tweede aanhaling: "The fox knows many things, but the hedgehog knows one big thing.”
    Is Philip Roth nie 'n vos nie?
    Weereens daardie aspek van “We read frequently if unknowingly, in quest of a mind more original than our own” - Harold Bloom.
    Soos al die belangrike skrywers is Roth se denke sterker as my eie en 'n gids, die vonk om dalk anders te dink as wat 'n mens voorheen sou dink.
    Ek is nou 50 jaar oud en ervaar American Pastoral radikaal anders as in my jonger dae, en het nou begrip vir die tragedie van Swede Levov, die Job van suburbia, en die vreemde pad wat sy dogter geloop het.
    Everyman en afsterwe - dit is op ons almal se pad na die ander kant ...
    Baie dankie vir die vriendelike antwoord van jou kant af.
    Beste wense en alles wat goed is vir jou en en geniet jou lees - die verorberaar van boeke ...
    Baie dankie
    Wouter
    Naskrif: Wat dink jy van George Steiner? Hierdie was 'n eenmalige besoek – probeer om meer in stilte te lees sonder argument. Maar sal reageer op jou George Steiner antwoord.

    • Johannes Comestor

      My opinie van Roth het geleidelik verander vanweë die boeke van hom wat ek na Maart 2014 gelees het. Dit sal heelwat werk verg om my herwaardering te formuleer. Ek is druk besig met ander projekte en beskou my mening in elk geval nie as evangelie nie. Ek onthou jou waardering vir George Steiner maar ek kan nie met gesag oor hierdie onderwerp skryf nie. My allerbeste wense aan jou.

  • Hallo Johannes,

    Baie dankie aan jou en ook alles wat goed is en baie dankie vir die gesprek. Waardeer dit regtig en is bly vir die aangename interaksie.
    Geniet jou leeswerk en alles wat goed is vir jou projekte en vir jou as persoon en die wat naby aan jou is.

    Baie dankie

    Wouter

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top