Nadine Petrick

Nadine is ’n kinder- en jeugboekbemarker by LAPA en Penguin Random House, maar voor dit was sy ’n navorser by Pieter Cilliers Produksies (wat Kwêla vervaardig het); ’n bemarkingsbestuurder by twee van die Wes-Kaap se topskole; ’n dosent; ’n permanente werknemer by LitNet; en ’n perpetuele student met grade in die reg, uitgewerswese en sielkunde. Sy staan egter al vir nagenoeg 30 jaar met haar een voet in die vryskutskryfwêreld en benewens honderde artikels in verskeie publikasies, is van haar kortverhale ook in ’n paar bundels opgeneem. Sy is in 2020 genomineer vir die kykNET/Rapportprys vir beste Afrikaanse resensent, ’n groot eer wat haar te beurt geval het bloot, glo sy, omdat sy liewer is vir boeke as vir meeste ander dinge op aarde.

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Ons is nie almal so nie

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-03-11

"Om die rééds gestroopte teks verder af te skaal tot 'n verhoogproduksie van 70 minute klink haas onmoontlik, maar tog het die bloedjong regisseur, Mercy Kannemeyer, grotendeels daarin geslaag om Goosen se kenmerkende stem steeds te laat leef."

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Toutjies en Ferreira

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-03-08

"Botha kry dit nog altyd reg om vernuwende tekste op die planke te bring en met Toutjies en Ferreira vermeng sy komedie en drama op 'n manier wat selfs geharde kritici die knie sal laat buig."

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: ''The Boss'' word sewentig

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-03-07

"Indien jy karige kennis oor die ikoniese rock & roller/skrywer/digter gehad het, het jy beslis met splinternuwe insigte oor Springsteen by die praatjie uitgestap."

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Huishou

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-03-05

"Verhoudings is moeilik. Of jy nou gay, straight, bi of wat ook al is. Voeg daarby ’n ouderdomsverskil, ’n identiteitskrisis, white guilt en ’n obsessiewe hunkering na ’n kind, en jy kry Huishou."

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Doos/Box

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-03-04

"Doos/Box is mooi en rou. Vinnig genoeg om nie vir die kyker ’n stywe nek te gee nie en nét lank genoeg om deernis met die karakter te ontwikkel."

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Haar Blues / Her Blues

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-03-04

"Luna Paige is waarskynlik een van ons land se mees onderskatte en ondergewaardeerde musikante, liedjieskrywers en sangers. Sy het een van die beste stemme in die bedryf en sou internasionaal kon meeding met baie bekende en gerekende vroulike sangers."

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Katvoet

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-03-04

"Tennessee Williams se klassieke toneelstuk Cat on a hot tin roof kry 'n plaaslike geur in Nico Scheepers se Katvoet. Al die elemente en onderliggende temas van die oorspronklike teks is daar - dié slag net in Afrikaans."

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Swerfgoed

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-03-04

Swerfgoed, die drie maal Kanna-bekroonde stuk deur Bauke Snyman, spog met Van der Merwe én Nicole Holm, wat sonder twyfel een van haar generasie se mees diverse en beste akteurs is.

US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Endgame

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-03-04

"Endgame illustreer die sentiment van die nutteloosheid van bestaan uitstekend. Tragedie en komedie smelt saam om die eentonige roetine van lewe, die sikliese kom en gaan, die begin en einde en wéér begin, uit te lig."

Gifbeker deur Irna van Zyl: ’n resensie

Nadine Petrick Resensies 2018-07-05

"Kos, restaurante, kosbloggers, kostoekennings en mense se persoonlike smake en afkeure word ingespan om, soos die treflyn dit stel, die tafel te dek vir ’n paar interessante moorde in die Hemel-en-Aarde-vallei."

Die vyfde Aspoester deur Jan Vermeulen: ’n resensie

Nadine Petrick Resensies 2018-05-31

"Dit is wél ’n baie goeie begin vir ’n skrywer wat vir die eerste maal in die bokskryt klim en sy hand aan bloed en derms waag."

US Woordfees 2018: Vlerke vir almal

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-09

"Mens hoop amper ’n filmregisseur besluit om die storie grootskerm toe te vat, want Erskine se verhaal oor hoe om met boelies te werk te gaan, verdien beslis ’n groter gehoor."

US Woordfees 2018: Weerkaats

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-09

"Weerkaats, met die lieflike Milan Murray, het laas jaar reeds die lig gesien, maar hierdie drama se lof word steeds uit alle oorde besing."

US Woordfees 2018: Die dans van die watermeid

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-07

"Als word geïmpliseer en bitter min word eksplisiet bevestig. Dis waar die krag van die verhaal lê. Dis ’n droom en ’n gedagte."

US Woordfees 2018: Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie

Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-07

"As jy uit jou maag wil lag en stom wil staan oor die tweemanskap se dinamiese samespel, moenie die stuk misloop nie."

Top