US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Toutjies en Ferreira

  • 0
 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 

"Toutjies en Ferreira" is 'n upsize take-away. Dis die ekstra gratis 50g by jou gunsteling Lindt-tjoklit; die opgevoude R10 wat toe 'n R100-noot blyk dit wees of die brekfisbroodjie met 'n dubbeldoor-eiergeel. Hierdie veelbekroonde stuk uit die pen van feesbaas, Saartjie Botha, is die "Buy one, get one free" van die Woordfees, 'n dubbeldosis plesierigheid in twee bedrywe. Botha kry dit nog altyd reg om vernuwende tekste op die planke te bring en met "Toutjies en Ferreira" vermeng sy komedie en drama op 'n manier wat selfs geharde kritici die knie sal laat buig. Hier word die lig en donker kant van teater maak op 'n heerlike manier teen mekaar afgespeel. Die eerste bedryf wys vir die gehoor wat agter die skerms van 'n Woordfeesproduksie gebeur - 'n drama in die kleine, kort voor die gordyne lig. Die min tyd om die verhoog op te stel; klank- en beligtingsmanne wat sukkel met net een verdomde leer; 'n verhoogbestuurder wat meer gemoeid is met selfies neem as enigiets anders en 'n bedonnerde regisseur wat skielik moet cope met props wat weg is en klere wat nie meer pas nie, maak vir wonderlike komedie. Frank Opperman speel Frank Opperman en Joanie Combrink is ook haarself in dié bedryf wat jou so hard laat lag, jy voel of jy 'n aar wil bars. Esther von Waltsleben (die dilly SM) en Malan Steyn ('n Woordfees-afgevaardigde wat handjie moet bysit) sorg hier vir van die grootste komiese momente, terwyl Wolf Britz en Nicole Holm, die regisseurs van die stuk, ingesneak word as akteurs op hulle eie verhoog. Die tweede bedryf is die éintlike produksie, die een waaroor al die vooraf geskarrel handel. 'n Drama wat die verhaal vertel van twee ouers, die Ferreira's, wie se kinders almal emigreer. Die hartseer van oppak, weggooi en vrede maak met alleen agterbly. Opperman en Combrink laat jou huilerig met hulle vertolkings en die diskrepansie met die voorafgaande komiese bedryf is juis dít wat die produksie so 'n dawerende sukses maak. "Toutjies en Ferreira" is 'n hoogtepunt. Dis snaaks, dis hartseer en dis slim. Botha het waarskynlik ongelooflik baie binnepret gehad met die skryf van die teks, maar gelukkig verstaan dié feesbaas, bó alles, haar gehoor. #woordfees2019

A post shared by LitNet (@mylitnet) on

Besoek die US Woordfees se webwerf vir nog inligting.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top