US Woordfees 2019 Instagram-resensie: Ons is nie almal so nie

  • 1
 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Jeanne Goosen se "Ons is nie almal so nie" is 'n klein, dun boekie met baie lyf en ernstige skopkrag. Wat sy in die 90's reggekry het met dié boek is om die Afrikaner-kollektief van die vyftigerjare op so 'n manier aan te bied dat dit in 2019 steeds relevant is. Dis ontneem van pretensie, dis eerlik en dis ikonies. Van die sensitiefste onderwerpe vir ons volkie, soos apartheid en godsdiens, word op 'n unieke Goosen-manier aangebied en daai vlymskerp humor en lag-met-'n-traan is onverdunde plesier. Om die rééds gestroopte teks verder af te skaal tot 'n verhoogproduksie van 70 minute klink haas onmoontlik, maar tog het die bloedjong regisseur, Mercy Kannemeyer, grotendeels daarin geslaag om Goosen se kenmerkende stem steeds te laat leef. Kudos vir haar. Daneel van der Walt, een van die minder bekende gesigte by die Woordfees, speel haar hart uit. Sy vertolk 'n handvol stemme, onder meer die sesjarige Gertie van Greunen; haar ma Doris; oom Tank en 'n verskeidenheid ander interessante karakters. Van der Walt het 'n sekere sjarme en gee haar bes in dié woordryke rol, maar tog glip sy dan en wan uit karakter en is die kyker onseker oor wie presies aan die woord is. Ongelukkig vergelyk mens haar vertolking onwillekeurig met dié van Sandra Prinsloo in "Oskar en die Pienk Tannie", waar dié gesoute aktrise moeiteloos tussen jonk en oud, manlik en vroulik gespring het. Een kyker het na die afloop van die vertonig die stuk beskryf as 'n "diamond in the rough" en dis waarskynlik die mees akkurate kommentaar te lewer. Die stuk toon baie belofte, maar dit kort egter nog 'n bietjie skaaf en skuur om dit Goosen-status te gee. #woordfees2019 @woordfees #onsisniealmalsonie @kabousmeiring @mercyy_kannemeyer #jeannegoosen

A post shared by LitNet (@mylitnet) on

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top