New from Melinda Ferguson Books: Impossible skies by Frans Meyer
2023-04-19Dubbed "South Africa’s own Van Gogh" and critically acclaimed as the finest landscape artist to emerge from this country in the last century, his brutal death left a deep void.
Nuut by Naledi: Op pad na Grysberg, saamgestel deur Stefaans Coetzee
2023-04-19Dit is ’n unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrika se se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.
Graad 4: Algemene wetenskappe (NWT), tweede kwartaal
2023-04-19Is jy vanjaar in graad 4? Dan is jy nou al slim genoeg om iets te weet van water as vloeistof, vaste stof (ys) en gas (stoom). Jy is ook slim genoeg om hierdie kwartaal eksamen te skryf. In hierdie Natuurwetenskappe-vraestel deur Rita Engelbrecht is daar voorbeelde van die soort vrae wat jy in die eksamen kan verwag. Die goeie nuus is dis gratis beskikbaar en die ander goeie nuus is dat jy goeie punte sal kan kry as jy jou werk hiermee hersien.
Pasverskyn: Jan Smuts, 1870–1950: ’n fotobiografie, saamgestel deur Anton Joubert
2023-04-19Hierdie chronologiese rangskikking van foto’s uit sy lewe bied ’n beeld van hom as mens, staatsman, bevelvoerder en politikus.
Persverklaring: Hoerkind deur Herman Lategan nou verhoogstuk
2023-04-18Die skywerjoernalis Herman Lategan se blitsverkoper, Hoerkind: Die memoires van ’n randeier, is deur die bekroonde akteur en teaterskepper Margit Meyer-Rödenbeck in ’n toneelstuk verwerk. Die première is by die Suidoosterfees, maar dit reis ook na ander venues (inligting in die artikel).
Verrykingswiskunde: Hoeveel planete is daar in die Melkweg met lewe soos op die aarde?
2023-04-18Dalk is jy nie meer in die skool nie. Miskien het jy nog nooit passievol oor Wiskunde gevoel nie, wat nog te sê Verrykingswiskunde. Maar wie weet: dit kan wees dat hierdie artikel deur Pieta van Deventer jou sal interesseer. Sê nou maar daar is nog lewe in hierdie einste Melkweg waar ons ons bevind?
Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
2023-04-18Dis ’n nuwe seisoen. As jy in graad 7 is, is daar ook ’n nuwe seisoen wat binnekort vir jou wag: hoërskool. Laai hierdie Wiskundevraestel deur Lee-Ann West gratis hier af om voor te berei vir jou Wiskunde-eksamen hierdie kwartaal. Die herfsblare se kleure sal nog mooier lyk as jy hierdie kwartaal goeie punte behaal.
Persverklaring: Konsert van hoop by die Suidoosterfees
2023-04-1727 April is Vryheidsdag, ’n nasionale geleentheid wat hoop vir alle Suid-Afrikaners simboliseer. Vanjaar vier Suidoosterfees hierdie spesiale dag met ’n skouspelagtige uitvoering van ligte en klassieke musiek, opera en dans, aangebied deur Artscape se top uitvoerende kunstenaars en van die land se gewildste sangers, musikante en kore.
Persverklaring: Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2023
2023-04-17Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2023.
Persverklaring: KKNK 2023 inspireer met uitmuntende artistieke inhoud
2023-04-17Vanjaar se KKNK het almal se verwagtinge oortref met inspirerende artistieke inhoud van hoogstaande gehalte en bywoning wat die 2019-fees verbygesteek het.
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, tweede kwartaal
2023-04-13Is jy in graad 6 en wil jy eerder sit en skets as om jou werk te leer? Dalk gee Eugene van der Westhuizen se Afrikaans Huistaal-vraestel jou idees vir kinderboeke wat jy kan illustreer. Anders kan jy dit doodgewoon gratis aflaai, die werk oefen en goeie punte behaal.
Persverklaring: Inligting rakende die 2023-ATKV-Woordveertjies
2023-04-13Hier is inligting rakende die 2023-ATKV-Woordveertjies. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 2 Junie 2023.
Persverklaring: Under African skies by die Suidoosterfees
2023-04-12Op 29 April snoer die supergroep Zasha!, bestaande uit voormalige lede van die Johnny Clegg-orkes, kragte saam met superster Loyiso Bala en vriende om Under African Skies aan te bied.
Persverklaring: Kramer, Krog, Clara en Ziets in musiekteater by 20ste Suidoosterfees!
2023-04-12Die 20ste Suidoosterfees, van 26 April tot 1 Mei by Artscape in Kaapstad, spog met uitstekende produksies op die NATi Musiekteater-program.
