Persverklaring: Kunstekaap laat Riversdal gons met die kunste en opvoedkunde!
2025-10-24Elke jaar word ’n nuwe dorp gekies waar lokale soos ’n skool of gemeenskapsaal omskep word in ’n ten volle toegeruste teater.
Nuut by Queillerie: Die laaste leuen deur Anita du Preez
2025-10-22Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak. Asof sy in die put is waarin sy as kind met haar troetelkuiken, Rebecca, geval het. Swart. Niks. Toe sy bykom, vind sy haar man, die popster Max Bladen, met ’n bloederige wond aan sy kop. Wie het Max reg hier in hul leefkamer aangeval? Dit kan tog nie wees dat sý ... ? Sy sal bitter vinnig ’n manier moet vind om haar onskuld te bewys – al kan sy niks onthou nie.
New from Tafelberg: Healing the mother wound by Moshitadi Lehlomela
2025-10-22A much-anticipated and requested follow-up from the author of The girl who survived her mother, this is a comprehensive guide for individuals healing from the mother wound – psychological trauma resulting from maternal neglect, abuse, or emotional unavailability. This is a must-have guide for the modern woman ready to soar.
Nuut by Naledi: Briewe van heldinne vertaal deur WJ Henderson
2025-10-22Agtien beroemde vroue uit die Griekse mitologie en geskiedenis skryf aan hulle minnaars om te verneem hoekom hulle nie skryf of terugkom nie. Die tragiese ironie is dat die helde óf omgekom óf iemand anders gevind het. Die briewe vertoon ’n wye spektrum van gevoelens, gedagtes, omstandighede en gedrag. Die ongeveer vyf-en-twintigjarige Ovidius, ’n Romeinse man in die laaste dekade vC, verbaas die leser van vandag met sy uitgebreide kennis van die mitologie en vernuftige skildering van die vroulike psige.
Nuut by Naledi: Vandagsedag deur Lanie van Reenen
2025-10-22In Vandagsedag deel Lanie van Reenen die juwele van die kleiner, onder-die-radar-lewe; die huis wat sy liefderik restoureer in die plattelandse dorpie waar sy land, hoe sy, ten spyte van die beperkinge wat met die ouderdom saamkom, steeds ja sê vir avonture. Sy beleef die laaste jare van haar ma se lewe intens en bring haar eie gedagtes oor oudword in perspektief. Sy verlustig haar in die klein detail van ’n vervullende alleenlewe, besef dat sy dit tot ’n kunsvorm kan verhef in die wete dat al wat sy – ons almal – het, is inderdaad vandag se dag.
Gewildste plasings op LitNet: 16 tot 21 Oktober 2025
2025-10-22Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 16 tot 21 Oktober 2025.
Persverklaring: Ruk en Rym-wenners bekend: Hiér ruk dit!
2025-10-22Die finale ronde van dié kompetisie vir alternatiewe klankskeppers het op 12 Oktober as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch plaasgevind.
Pasverskyn: Ten slotte deur Eben Etzebeth
2025-10-21Eben Etzebeth is die speler wat al die meeste toetswedstryde in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie slot se intelligensie, energie en aggressie gerespekteer en bewonder. In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore van sy sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af.
Persverklaring en uitnodiging: Voorleggings ingewag vir die 2026 Netwerk24 kykNET Rapport Boekpryse
2025-10-21Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2026 Netwerk24 kykNET Rapport Boekpryse. Vanjaar se spertyd vir ontvangs van boeke is 12 November.
Die ATKV-Kinderboektoekennings: Reglement vir 2026
2025-10-20Die wenner ontvang R10 000 en ’n trofee. Die skrywer of illustreerder wen die prys.
WAT: Twee bekende Afrikaanses as nuwe beskermpersone aangewys
2025-10-20Dit kos R100 om ’n woord te borg en R5 000 om dit eksklusief te koop, dan behoort daardie woord net aan jou.
Graad 8: Natuurwetenskappe-vraestel en memorandum, kwartaal 3 en 4
2025-10-20Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort Natuurwetenskappe-eksamen? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Rouxlyn Botha af en begin sommer nou al voorberei. Binnekort is jy die skerpste potlood in die potloodhouer!
Nuut by Tafelberg: Die drie weduwees deur Irma Venter
2025-10-16Ami het geweet sy gaan eendag moet afskeid neem van Paul de Jager, die afgetrede polisiegeneraal. Maar wat sy nie verwag het nie, is sy laaste opdrag aan haar: Sy moet met die hulp van sy drie eksvroue na ’n stokou onopgeloste saak kyk.
