Programuitleg van die Etienne van Heerden Veldsoirée (24–26 Julie 2026)

  • 0

Hier onder volg ’n voorlopige uitleg van die Etienne van Heerden Veldsoirée se program wat tussen Vrydag 24 Julie en Sondag 26 Julie in Nxuba/Cradock plaasvind.

Alle aanbiedings vind plaas by die Victoria Manor of by Buffelshoek DiRosie Lodge.

Dit is nog nie nodig om nou al te bespreek vir die gespreksessies nie, maar enige een wat belangstel om die Veldsoirée by te woon, word aangemoedig om vroegtydig hulle verblyf te bespreek by buffelshoek.gamelodge@gmail.com of reservations@tuishuise.co.za.

Meer besonderhede oor die ATKV-Skryfskool kan hier gelees word. Dit is nodig om vroeg te bespreek. Kontak asseblief vir Elsje by reservations@tuishuise.co.za om aan die skryfskool deel te neem.

Vrydag 24 Julie 2026

09:00-13:00: ATKV-Skryfskool (R380 pp)

Prosa aangebied deur Hannes Barnard
Poësie aangebied Bernard Odendaal

13:00 Middagete

14:00–17:30 Gespreksessies

Verskeie lesings en gesprekke, gratis

18:00 Aandete

19:15–21:30 Gespreksessies

Verskeie lesings en gesprekke, gratis

Saterdag 25 Julie 2026

08:00–10:00 ATKV-skryfskool

Prosa aangebied deur Hannes Barnard
Poësie aangebied Bernard Odendaal

10:00–13:00 Gespreksessies

Verskeie lesings en gesprekke, gratis

13:00 Middagete

14:00–17:30 Gespreksessies

Verskeie lesings en gesprekke, gratis

18:00 Aandete

19:15–21:30 Gespreksessies

Verskeie lesings en gesprekke, gratis

Sondag 26 Julie 2026

08:30–12:30 Gespreksessies

Verskeie lesings en gesprekke, gratis

13:30 Rit na Buffelskop

Ons klim op die bakkies vir ’n rit na die sarkofaag van Olive Schreiner, waar die grafrede gelewer sal word. R250 per persoon. Sitplek is uiters beperk. Bespreek asseblief vroeg by buffelshoek.gamelodge@gmail.com om seker te maak jy het ’n sitplek!

*

Meer besonderhede sal volg en die tye kan nog effens aangepas word na gelang van sprekers se beskikbaarheid.

Lees ook:

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

Bespreek nou vir die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 24 tot 26 Julie plaasvind

Die Tuishuise & Victoria Manor

Buffelshoek DiRosie Lodge

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top