Koos Kombuis

Koos Kombuis is ’n Afrikaanse musikant, digter en skrywer.

Koos A Kombuis (gedoop André le Roux du Toit) is op 5 November 1954 gebore. Hy het al verskeie digbundels, romans en ’n bundel korrespondensie gepubliseer. Sy outobiografie, Seks & drugs & boeremusiek het by Human & Rousseau verskyn. Hy is ook ’n bekende liriekskrywer en suksesvolle musikant.

Hoewel Koos Kombuis nie in die eerste plek as SF-skrywer bekend is nie, bestaan daar feitlik nie ’n enkele roman waarin daar nie SF-elemente voorkom nie! Benewens sy plaaslike publikasies het hy ook kortverhale gepubliseer in tydskrifte soos Planet Mag, Aphelion en FlagShip (Flying Island Press). In 2010 is sy ontstellende toekomsblik The Last of the Great Coffeeshop Philosophers ingesluit in die Amerikaanse bloemlesing The Last Man Anthology, saam met skrywers soos Ray Bradbury, HG Wells, Edgar Allan Poe, Jack London, CJ Cherryh and Barry N Malzberg (Sword and Saga Press).

Foto: August Photography

Koos Kombuis se woord van die jaar 2015

Koos Kombuis LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016 2015-11-28

Wat is Koos Kombuis se #litnetwoord2015?

Boekresensie: Sugar Man – The Life, Death and Resurrection of Sixto Rodriguez

Koos Kombuis Resensies 2015-10-13

"Hierdie nuwe Sugar Man-verhaal is goed geskryf, by tye stilisties briljant, en Robert Plummer se redigering is, soos altyd, byna onverbeterlik."

Boekresensie: Boas Mei is verward deur Tinus Horn

Koos Kombuis Resensies 2015-08-07

"Ek hoop regtig nie dat ons nog twee dekades moet wag voordat Tinus Horn weer ‘n roman publiseer nie."

'n Kort antwoord op Crito se evaluering van my resensie van Jan van Staden se boek

Koos Kombuis SêNet-briewe 2015-06-15 Ek antwoord graag op die volgende statement van Crito:"Sowel Rust as Kombuis is nie bereid om die roman te takseer vir wat dit wil wees nie. Albei is té versigtig om te sê of Jan van Staden in sy doel geslaag het – om ‘n roman te skryf wat die leser tittileer, prikkel. Wat die […]

die dinge wat ek gedoen het toe ek dood was

Koos Kombuis Poësie 2015-05-26

"toe ek dood was,
  was die lewe een groot stryd om  oorlewing."

Kyk noord, gaan voort

Koos Kombuis 2015-02-24 "Ons leef in vreemde tye. Tye van vreemdelingehaat, beurtkrag, parlementêre chaos, bedreigings teenoor die vrye pers, rassisme van alle kleure en geure, plaasmoorde, werkloosheid, toenemende polarisasie en algemene pessimisme. In hierdie tye bring Stef Bos sy eerste volledige Afrikaanse album uit, en hy noem dit Kaalvoet."

Onderhoud: "Lisa se klavier"

Koos Kombuis, Liza Joubert, Naomi Meyer 2015-02-18 Aanhangers van Koos Kombuis het dalk al gewonder: wie was dié Lisa? En het sy werklik bestaan?

oorlewingsgebed van die 21ste-eeuse kunstenaar

Koos Kombuis 2015-01-20 "bly by my, heer
terwyl die messe marsjeer ..."

Sondag/Sestig/Satori

Koos Kombuis 2014-11-12 Koos Kombuis op sestig: "In Satori’s los mense jou uit. Niemand dink dis snaaks as jy alleen by ’n tafel sit, alleen ’n glas van hulle aaklige rooi huiswyn drink, en alleen sit en uitstaar in die skemeruur oor die straat na buite nie."

Lesersindruk: Bloed, snot en spookasems

Koos Kombuis 2014-10-22 "'Jy’t ebola!' 'Kak, ek was nie onlangs in Sierra Leone nie!' 'Nou waar was jy dan die hele naweek? Ek het jou nooit gesien nie!' 'Ek het gehuil!' roep ek. 'Ek sit nou al die hele naweek op die agterstoep met ‘n glasie wyn en met Binnekring van spookasems!'"

Tien vrae: Koos Kombuis oor rock&roll.karoo – 33 digitale gedigte

Koos Kombuis, Naomi Meyer 2014-09-12 "Die Karoo is meer as ’n plek; dis ’n hele heelal. Dis meer as my lewe tot dusver. Dis ’n nuwe soort rock ’n roll. Dis groter as die ou rock ’n roll, en nie so raserig nie. Ek is mal oor al daardie spasie, daardie heiligheid – dit beat selfs Woolworths op ’n Sondagmiddag."

Madiba, Malema en die Nuwe Taalstryd

Koos Kombuis 2014-07-24 "In die lig hiervan maak die SAUK se besluit om die Afrikaanse nuusbulletins te skuif na ’n kanaal met ’n veel kleiner kykerstal hoegenaamd geen sin nie. Waarom krap waar dit nie jeuk nie?"

Is daar 'n alien op jou stoep?

Koos Kombuis 2014-07-14  

Liefdesteleurstelling met my grassnyer

Koos Kombuis 2014-05-20 Die vonk van ons eerste liefde is net nie meer daar nie.

Die literêre Roots van Voëlvry

Koos Kombuis 2014-04-09 Die Vlaamse skrywer Jan Deloof heropen ’n rare blik op ’n unieke oomblik in die ontwaking van moderne Afrikaans.
Top