Koos Kombuis

Koos Kombuis is ’n Afrikaanse musikant, digter en skrywer.

Koos A Kombuis (gedoop André le Roux du Toit) is op 5 November 1954 gebore. Hy het al verskeie digbundels, romans en ’n bundel korrespondensie gepubliseer. Sy outobiografie, Seks & drugs & boeremusiek het by Human & Rousseau verskyn. Hy is ook ’n bekende liriekskrywer en suksesvolle musikant.

Hoewel Koos Kombuis nie in die eerste plek as SF-skrywer bekend is nie, bestaan daar feitlik nie ’n enkele roman waarin daar nie SF-elemente voorkom nie! Benewens sy plaaslike publikasies het hy ook kortverhale gepubliseer in tydskrifte soos Planet Mag, Aphelion en FlagShip (Flying Island Press). In 2010 is sy ontstellende toekomsblik The Last of the Great Coffeeshop Philosophers ingesluit in die Amerikaanse bloemlesing The Last Man Anthology, saam met skrywers soos Ray Bradbury, HG Wells, Edgar Allan Poe, Jack London, CJ Cherryh and Barry N Malzberg (Sword and Saga Press).

Foto: August Photography

Koos berei ’n driegangfees

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-09-28

Koos Kombuis lees vandeesmaand oor die kontinente heen. Hy vertel van André le Roux se nuwe digbundel, frons effens oor Matt Haig se nuwe roman en is gefassineer deur Louise Cilliers se Afrikaanse vertalings van Kostis Palamas se Griekse gedigte.

As alles niks word: ’n lesersindruk van Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg

Koos Kombuis Lesersindrukke 2024-09-09

"Daar lê die 'afgod' nou (as dit inderdaad ’n 'afgod' is) magteloos, onttroon en afgesaag by die voetstuk, die kop en skouers van die borsbeeld flenters eenkant op die plaveisel van Afrikanerdom. Vir altyd verwyder, gesloop, vernietig, tragies verinneweer en verniel net soos arme Humpty Dumpty!"

Oor vreemde diagnoses en wonderlike vriende

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-08-27

In hierdie video verduidelik Koos Kombuis hoekom hy ’n donkerbril dra. Hy resenseer ook twee biografiese werke en ’n vreemde stuk wetenskapfiksie.

Die nag van die lang snorre

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-08-14

"Of ons nou met hom saamstem of nie en of ons fans is van sy snor of nie, Mellet Moll se resensie in Rapport verdien ons respek."

Selfhelpboeke, geloof en digbundels

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-07-25

Koos Kombuis lees ’n selfhelpboek wat vir hom baie beteken het, al glo hy nie eintlik meer in die genre nie. Daarna bespreek hy boeke oor geloof, en hy sluit sy gesprek met ’n kort oorsig oor splinternuwe digbundels af.

Koos Kombuis vertel hoekom hy altyd eers aan die bladsye van ’n boek ruik voor hy dit lees

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-07-16

"Is ons regtig een van die laaste generasies wat die romantiek van papiergedrukte inligting sal kan verstaan en waardeer? En as papiergedrukte inligting heeltemal uitsterf, sal toekomstige geslagte ooit besef wat hulle verloor het?"

Die nodige introspeksie van ’n resensent

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-06-24

Wat maak die resensent as hy of sy glad nie aanklank vind by ’n boek nie?

Oor lekker stories, chicklit en skrywer-musikante

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-05-29

Koos Kombuis gee hoog op oor Karin Brynard se speurroman Tuisland. Hy vertel ook waarom hy van chicklit hou en neem Marian Keyes se My favourite mistake onder die loep. Daarna gesels hy ook oor bundels van die skrywer-musikante Corrazerwas (Tussenspel) en Andries de Beer (Aalmoes vir die bootman).

Ineenstortende nuwe geboue; ’n paar vreesaanjaende gedagtes

Koos Kombuis Menings 2024-05-09

"Produktiwiteit en spoed is belangrik, maar produktiwiteit en spoed beteken niks sonder refleksie, nadenke en intuïsie nie. Dit is hoekom daar soveel kollektiewe angs in die wêreld is. Dit is hoekom ons so vervreemd is van onsself."

Bliksems, lugkastele en hoop

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-05-02

Koos Kombuis is op reis, maar hy maak tyd om te lees. Hierdie maand berig hy oor ’n reisboek, ’n digbundel en ’n politieke teks wat hom hoop gee vir ons land.

Hoe belangrik is ervaring vir ’n skrywer?

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-03-28

Hoe verskil ’n skrywer se debuut van sy latere werke?

Die storm voor die stilte

Koos Kombuis Menings 2024-02-28

"Die ergste weer sou ons eers in die nanag tref. Maar reeds vroeër die aand, toe ek die eerste note van my konsert sing, het ek agtergekom dat ek sukkel om my balans te hou op die kroegstoel wat op die verhoog gestaan het. Ek was selfs meer bekommerd dat die bottel rooiwyn op die kroegstoel langs my sou omval en breek."

Dis eenvoudig woorde

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-02-26

Koos Kombuis lees drie uiteenlopende boeke dié maand. Hy is liries oor Murakami se Kafka on the shore en hy gee hoog op oor Op pad na Grysberg, ’n boek wat, onder leiding van Stefaans Coetzee, deur 22 skrywers saam geskryf is. Laastens vertel hy meer oor Fokofpolisiekar se bloemlesing van hul lirieke, bekend as Woorde 2003–2023.

Wetenskapfiksie uit Afrika

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-01-29

Koos Kombuis gesels weer oor boeke wat hy die afgelope ruk gelees het. Hy raak liries oor wetenskapfiksie uit Afrika, onder andere dié van Willem Anker. Dan vertel hy ons meer oor Matt Haig. Laastens lees hy enkele sinne uit Etienne van Heerden se roman Gebeente voor.

Om vrede te maak met my oupa: Koos Kombuis gesels oor voorvadergeeste, Afrikaanse resensies en RSG

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-01-16

"Bless your soul, Oupa. Ek wens jy was hier vandag. Jy sou moedeloos gewees het. Maar jy sou nie jou bek gehou het nie."

Top