Karen de Wet

Karen de Wet se studies in die Afrikaanse poësie begin met ’n meestersgraad oor die ars poëtikale in Joan Hambidge se oeuvre (1992) en ’n doktorale studie oor literêre sisteme, spilfigure en die literêre gesprek: “Eiendoms Onbeperk: Die onvoltooide groot gesprek met D.J. Opperman” (1995). Sy gee klas in die Afrikaanse poësie aan die universiteite van Noordwes, Pretoria en Johannesburg en ook vir ’n semester as gasdosent aan die KUL (Katholieke Universiteit Leuven). Sy is die skrywer van die hoofstuk oor Afrikaanse kinder- en jeugpoësie in die kinderliteratuurgeskiedenis Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom (2005) en was die voorsitter van die literêre advieskomitee, en ook lid van die finale redaksie, vir die direkte vertaling van die derde Afrikaanse Kerkbybel: Die Bybel 2020. Sedert 2013 is sy die voorsitter van die keurkomitee vir die Universiteit van Johannesburg-pryse vir Afrikaans.

In 2020 verskyn twee bloemlesings waarvan sy die samesteller is: Vers en vrou, ’n tematiese versameling van vrouedigters se werk, en ’n Vry vrou: gedigte van Antjie Krog. Sy is ook redakteur van Die skerpgevylde oomblik (2022) en die huldigingsboek vir Petra Müller, en word op 1 Oktober 2023 aangestel as reeksredakteur vir die SAAWK se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners.

Renewal, alienation and language variants. N.P. Van Wyk Louw’s Nuwe verse [New poems] and contemporary Afrikaans poetry

Karen de Wet Academic research 2024-02-28

"The reception of Nuwe verse in N.P. Van Wyk Louw’s oeuvre as contributing to changes of renewal and innovation in the Afrikaans poetry of the late fifties in the 20th century is pointed out as confirmation of the contribution Nuwe verse brought to the poetry scene."

Vernuwing, vervreemding en taalvariante. N.P. Van Wyk Louw se Nuwe verse en die eietydse poësie

Karen de Wet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-28

"Deur die loop van die artikel word aangetoon dat vernuwende fasette van Nuwe verse uit die middel van die vorige eeu steeds opgemerk kan word in die landskap van die Afrikaanse poësie aan die begin van die derde millennium."

Vir eensgesindes en gelykgestemdes: Jerzy Koch se Polkadraai

Karen de Wet Resensies 2023-04-04

"Polkadraai gooi die net van die poësie en van taal met ’n wye Kaapse draai en sal ’n aandagtige leser ruim beloon."

Baie dankie aan die LitNet-span

Karen de Wet SêNet-briewe 2023-02-28

"Toentertyd was dit Etienne self wat die SeminaarKamer hanteer het, en intussen het SeminaarKamer uitgegroei tot LitNet se algemene Meningsafdeling vir nie-geakkrediteerde artikels, asook boonop LitNet Akademies, LitNet se afdeling vir geakkrediteerde akademiese navorsing. Ek was destyds in die wolke. Nou is dit 25 jaar later en as ek terugkyk was dit inderdaad die begin van Die skerpgevylde oomblik. Hoe dankbaar is ek daarvoor. Vir die platform vir gesprek en publikasie."

Petra Müller onder die woord: Karen de Wet gesels oor Die skerpgevylde oomblik

Karen de Wet, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2023-02-16

"Oor die uniekheid van Müller se werk is die laaste woord nog nie gesê nie." Melt Myburgh gesels met Karen de Wet oor Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging, waarvan Karen die redakteur was.

"’n Nar aan tafel is ’n aanwins": satire en samehang in Johan Myburg se Narreskip

Karen de Wet Resensies 2022-05-30

"’n Mens kan Myburg, ná die lees van hierdie bundel, net bedank vir die vleg, vir die vaart."

Eietyds en eiesinnig: Lynthia Julius "vry met getroude sinne / en ligtekooi met reëls"

Karen de Wet Resensies 2020-10-27

"Die self aan die woord in hierdie bundel is meervoudig en kompleks, soos ook die onderwerpe wat sy ophaal en waaruit sy sin, en poësie, maak. Uit die smeltkroes van leef en beleef word gedigte gefiltreer wat ondersoek instel, aan die lig bring, stelling inneem, deklameer en aandring op erkenning."

Skrywersonderhoud: Karen de Wet oor die bloemlesing Vers & vrou

Remona Voges, Karen de Wet Skrywersonderhoude 2020-07-02

"Ai, die poësie. Mens kan jou op die klassieke uitsprake verlaat, of op die verskeidenheid insigte in kunsteoretiese gedigte, mens kan die debat betree oor kuns ter wille van die kuns en kuns in diens van stryd, maar op die ou end is dit die persoonlike ervaring van ’n leser in wie se brein ’n ster verskiet, in wie se hart ’n splinter steek, deur wie se oë ’n heelal breek. Dit is wat die poësie doen."

Resensie: My mother’s mother’s mother deur Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk

Karen de Wet Resensies 2019-08-28

"Die titel van die boek is geneem uit Diana Ferrus se Ons komvandaan en dit word ingespan om die boek te raam as ’n teks waarin dit juis generasies vroue is wat deur hulle skryfwerk aan die woord kom."

"'n Gladde klippie in 'n suiwer stroom": Corlia Fourie se digdebuut

Karen de Wet Resensies 2019-08-13

"Die gedigte gaan meestal oor tipiese sake of kenmerke van die spesifieke vrou waaroor die gedig handel en waarmee die leser reeds vertroud is. Wie 'mites' wat met betrekking tot vroue in stand gehou het wil eien en ontmasker, moet self en interpreterend hierna op soek gaan."

Resensie: Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais

Karen de Wet Resensies 2019-07-15

"Lees gerus hierdie bundel. Jy sal dit weer wil lees."

UJ-pryse 2018: Commendatio vir Jolyn Phillips se radbraak

Karen de Wet Boeke en skrywers 2018-05-31

"Die digtende in radbraak is ’n strandloper, ’n versamelvoël, ’n trekvoël. Sy is ook ’n migrerende – tussen verlede en hede, tussen plekke en omstandighede, maar veral in taal, midde-in en deur taal." Hier is Karen de Wet se commendatio oor Jolyn Phillips se radbraak, ontvanger van die 2018 UJ-debuutprys.

UJ-pryse 2017: Commendatio oor Bibi Slippers se Fotostaatmasjien

Karen de Wet Boeke en skrywers 2017-07-06

"Eers het die Afrikaanse poësie ’n 'beiteltjie' (Louw, 1954) gehad, later ’n 'lugdrukboor' (Marais, 2008) en nou Bibi, die literêre hipster. Die een wat weet. Wat weet hoe. Wat die toon aangee, die mode stuur."

Top