Joan Hambidge

Joan Hambidge is digter, kritikus en romanskrywer en verbonde aan die UK se Skool vir Tale. Sy doseer Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk. Sy is vakgroephoof van Afrikaans en waarnemende hoof van Italiaans.

Vir haar bundel Visums by verstek ontvang sy die ATKV-prys en vir Bitterlemoene die Eugène Marais-prys. Die Litera-prys word toegeken aan haar gedig "Eugène Marais" uit Lykdigte.

***

Eugène N Marais (1871 - 1936)

Daar is niks wat jy liefhet wat nie van jou weggeneem sal word nie.

- Dorothy Parker

I

Hoe durf ek skryf oor jou: 'n onbekende?
Gereduseer tot "geval", morfinis, afwykende...
Boonop in 'n onbekende tyd...
Hoe kan  ons ooit in 'n gedig regstel
dit wat jou ontneem is (soos 'n ongeskryfde gedig) en aan jou toegedig word: 'n lewe in 'n verkeerde tyd, ruimte, dimensie - jou tyd vér vooruit?

II

Die vers broei wekelank in my.
Jy is meer as 'n 'groot verlange';
gestol in die agterruimte van 'n kleinlike tyd sien jy alreeds die onbewuste in 'n miernes; weet die enkeling is ontersaaklik vir die groter geheel.
Iets onsigbaars, onsêbaars (noodlot het geen dekorum) bly talm: hesperiese flitse van verdriet.

III

Daar word beweer die jongste van dertien 'n Vervloekte met 'n Kaïnsmerk:
Onsigbare, tastende Derdeoog.
Doodsbalju, kroonprins van die hel
besef as klein kind die wonderwerk van vooraf
weet: 'n kooltjie vuur stig 'n bosbrand aan.
(N)iemand kon die lyne in jou palm lees:
die selfmoordenaar, 'n swart forel, beur stroomop.
Wis van jongs af sy verdoemende lot:
stuur af op 'n swak gerepeteerde slot.

IV

Iewers vertel die heldersiendes kan ons vervloektes red:
bevry al die visse in die see...
Alles begin oënskynlik met 'n spel: die smokkel met sinne eers 'n heling teen insomnia; later 'n nuttelose panacee teen senu-uitputting, Die dobbelsteen bly verkeerd val; die kaarte wys 'n ómgekeerde Skoppensboer.

V

 

Dit staan geskryf teen die tempels
in moeilik-ontsyferbare hiërogliewe
teen die graf van Ramses II
dat vrede vir die vervloekte wél bestaan.
"Daar sou ek vrede weer besef
waar Tebes in die stil woestyn"...
Die gedig skryf sigself; vang die boodskappe uit die ander oord onbevange op.
Laasnag droom ek van jou - met jou panamahoed en dandy-pak in Egipte:

VI

"O Diep Rivier, O Donker Stroom,
Hoé lank het ek gewag, hoe lank gedroom
Die lem van liefde wroegend in my hart?"
Vir jare sou die koors van berou, verwyt om jou hang en elke geliefde of flirtasie weer daardie eerste verlies uitspeel:
'n droewe deuntjie op 'n outydse pianola..
En toe jou moeder sterf, in in teen die Groot Niet kon sy jou ook nie vertroos; net verder ontstig met haar doodswoorde: "Daar's niks."

VII

Ses dekades later in die wagkamer
tussen hier en die on-sienlike Daar
wonder ek: hoe kan 'n mens jou verlos?
Spiritiste meen mens bly gevange:
herhaal die skoot oor en oor
soos 'n teisterende droom
sonder logiese begin of einde
maar met die flitsende boodskap:
"O, Diep Rivier, O Donker Stroom..."

VIII

Met drif het jy jou somberheid uitgeleef:
jou pennehouer 'n skedel...
Die verlies van die verswygde liefde:
soos die pik van 'n slang.
'n Wond wat sweer word kouevuur.
Verswelg in koorsdrome ont-
glip jy tydelik: 'n kobra in deurskynende glas.
Was dit swak-geskommelde kaarte?
'n Kruis en munt?
Opsluit moes jy dobbel, die dices skud
in teen die donker dieptes van die stroom:
'n Walvis sluk jou heelhuids in.

L'envoi

IX

Van gesoignéerde, strydvaardige joernalis gedemoveer tot bedremmelde, behoeftige boemelaar.
Is daar nog trane vir poësie?
Of leef jy nog in die selfgeskepte hel
van sinsbedrog, 'n noodlotsroep?
Vanaand swem al die visse
van die Tierra del Fuego tot Groenland,
van die Kaap tot Wladiwostok
en roep:" Hy's bevry, hy's bevry!"

***

Joan Hambidge skryf ook romans - soos Kladboek wat in 2008 verskyn het - en satiriese romans soos Swart koring.

Sy resenseer gereeld vir Versindaba, LitNet, Beeld en haar blog heet: Woorde
wat weeg.

Carina Stander, Martina Klopper, Fourie Botha, Aniel Botha, Karen Kuhn en
Hennie Nortjé het solobundels onder mentorskap geskryf.

Sy begelei tans vier MA's in Kreatiewe Skryfwerk en twee PhD's.

Sy behaal 'n tweede PhD aan die UK in 2000 oor gender. Sy skryf 'n studie
oor die werk van Johann de Lange wat op haar blog te vinde is.

Sy skryf tans aan 'n roman (Die buikspreker) en 'n digbundel (Matriks).

Lys van onlangse boeke:

Meditasies. Human & Rousseau, Kaapstad. 2014.

Lot se vrou. Human & Rousseau, Kaapstad. 2012.

Visums by verstek. Human & Rousseau, Kaapstad. 2011.

Vuurwiel. Human & Rousseau, Kaapstad. 2009.

Kladboek. Protea, Pretoria. 2008.

Palindroom / Koesnaatjies vir die proe. Genugtig uitgewers, Kaapstad. 2008.

Dad. Genugtig uitgewers, Kaapstad. 2006.

En skielik is dit aand. Protea Boekhuis, Pretoria. 2005.

Die Buigsaamheid van verdriet, Protea Boekhuis, Pretoria. 2004.

Ruggespraak. Protea Boekhuis, Pretoria. 2002.

Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het. Contentlot, Kaapstad. 2001.

Lykdigte. Tafelberg, Kaapstad. 2000.

Die swart sluier. Tafelberg, Kaapstad. 1998.

Die Judaskus. Kagiso/Perskor, Johannesburg. 1998.

Swart koring. Human & Rousseau,  Kaapstad. 1996.

Postmodernisme. J.P. van der Walt, Pretoria. 1995.

Interne verhuising. Perskor, Johannesburg. 1995.

Foto: Jan Marais

 

Lucian Freud (1922 - 2011)

Joan Hambidge 2011-07-27 (1922 – 2011) Iesegrimmige Lucian bewys waar ego is, sal id uitkom. Elke skildery laat hierdie woorde sappig in haakse portrette uitmond. “Ek is my kuns en omgewing,” grom hy aan ’n kritikus, ”en ja verdomp, ek sal maak nes ek wil: die model gaan immers nie lángs die portret hang!” Vlesig en vet sý […]

Lucian Freud (1922 - 2011)

Joan Hambidge 2011-07-27 (1922 – 2011) Iesegrimmige Lucian bewys waar ego is, sal id uitkom. Elke skildery laat hierdie woorde sappig in haakse portrette uitmond. “Ek is my kuns en omgewing,” grom hy aan ’n kritikus, ”en ja verdomp, ek sal maak nes ek wil: die model gaan immers nie lángs die portret hang!” Vlesig en vet sý […]

Joan Hambidge se raad aan voornemende digters

Joan Hambidge 2011-06-14  ’n Mens kan gedigte skryf alleen indien jy die gedigte wat reeds in daardie taal geskryf en gepubliseer is, ten minste ken.

Woordfees-onderhoud: Energie is in die gene - Joan Hambidge in gesprek met Bibi Slippers

Joan Hambidge, Bibi Slippers Skrywersonderhoude 2011-02-16

Ek staan telkens verbaas oor hoe verskriklik baie jy gedoen kry – jy publiseer, doseer, resenseer...

Die sneeuslaper: Is daar lewe na Agaat?

Joan Hambidge 2010-11-29

Just Marilyn (1926-1962)

Joan Hambidge 2010-09-28

North by Northwest

Joan Hambidge 2010-09-15

Hannes Meiring

Joan Hambidge 2010-05-07 Geen kwatryn verpak met venyn, geen sonnet met rymdwang of verwyt: net ’n liefdevolle tanka vir ’n ou maat. “Waka!”, sou jy uitroep, wyl ek tel aan sillabes vyf-sewe, vyf-sewe, vyf-sewe, sewe-sewe en betyds besef: ...

Parys

Joan Hambidge 2010-03-08 Reg onder die Eiffeltoring in ’n somerse Parys reën dit (and I’m singing in the rain) en vele sambrele wág om die stad van mites te besigtig in al haar arondissements. ’n Kleuter soek sy pa, twee verliefdes vroetel vervaard in die bedompige hysbak. Die stad is onder rekonstruksie: tuimelend van metro tot bus, tot […]

Daar is plek vir Deur die oog van 'n naald se stem

Joan Hambidge 2010-03-08 ’n Paar dekades gelede was dit hoogmode in Engels-departemente om ’n jong student ’n gedig te gee sonder die naam van die digter.

Dood in Venesië

Joan Hambidge 2010-02-15 Ek is die regisseur van my eie lewensdrama nes Visconti varend oor die vuil waters van Venesië met die produksie: La morte a Venezia. ’n Gegrimeerde Aschenbach (deur Dirk Bogarde vertolk) smagtend na die Poolse seun Tadzio. Oor en oor kyk ek na die video op YouTube, luister na die streng bevele van Luchino met […]

Oogensiklopedie gee nie sommer sy geheime prys nie

Joan Hambidge, Joan Hambidge 2010-01-18 "Vir Gibson behels dit die wegdoen of afstand doen van die eie ek by die skryf van ’n gedig – die “ek” wat skuilhou tussen dit wat gelees en gesien is. Die sleutels gee sy unieke aard weer: hoe eiesinnig hy ’n gedig skryf en konstrueer."

Die panorama in my truspieël voorspel tot sterk bundel

Joan Hambidge 2009-05-13 Daniel Hugo beklee ? uitsonderlike posisie binne die Afrikaanse digkuns. Hy het veral die vernufsvers ontgin en besondere hoogtes bereik met die limeriek, die speelse vers en slim toespeling.

’n Belydenis van ’n geskryfde: Joan Hambidge

Joan Hambidge, Joan Hambidge 2009-03-25 "Dis een van daardie boeke waarin mense bepaald hulself gaan herken. En Jaco Kirsten, wat sy weermagdae geniet het, sal waarskynlik maar ’n valskerm moet saamneem werk toe."
Top