Gerdus Senekal

Gerdus probeer om soveel van Suid-Afrika te sien, en het al in Mpumalanga, Noord-Wes, Gauteng, die Kaap en die Vrystaat gebly (in sy hart is hy ’n Bolander). Woorde is sy nering, en hy het homself al bemoei as produksiebestuurder van die geakkrediteerde Afrikaanse vaktydskrif LitNet Akademies; as produksiebestuurder, teksredigeerder en uitgewer by African Sun Media; en is tans publikasiebestuurder by Akademia. Hy is heeltemal te idealisties vir sy eie beswil en word ongesond baie deur mitologie geboei. Gerdus is lief vir die see, en laat sy lewe deur musiek regeer.

Ons zeitgeist in ’n flits vasgevang

Gerdus Senekal Musiek 2017-11-21

"Bittereinder se metatekstuele neigings vier hoogty met 'Donderwolk'; die snit is wat dit beskryf: iets donker en dreigend wat nietemin lig en krag verskaf."

Resensie: Run deur AWOLNATION

Gerdus Senekal 2015-03-31 "'Run' is 'n doelgerigte marathon."

Up the Creek 2015

Gerdus Senekal 2015-02-04 "Up The Creek se waterverhoog is ’n seën en ’n vloek ... Die 'Blyderivier' is die een ding waarop nét UTC aanspraak kan maak – en dit tel vir baie."

African Languages Conference 2014: An organiser's perspective

Gerdus Senekal, Pasi Mubaiwa 2014-04-30 "What is true for me is that Afrikaans is still a dominant player in terms of language in South Africa. Most South Africans, black or white, use it in one form or another. It is used in many slang expressions in townships – words like 'lekker', 'voetsek' and 'straata'."

RAMfest 2014: Musiek groei geil

Gerdus Senekal 2014-03-12 Al het mens RAMfest toe gegaan net om “jou” band te sien, het die kwaliteit van die shows verseker dat dit deur en deur die moeite werd was. En met die ongelooflike plaaslike talent wat tussenin gesaai was (De Wallen, Flaming De Villes en PHFAT het regtig uitgestaan), was die musikale aanbieding welig en vrugbaar.

US Woordfees 2014: Valsrivier ’n elegie van die lewe

Gerdus Senekal 2014-03-12 "Herinnering is die diensmeisie van die ego."

Adam Tas-studentevereniging: Rock shows en poësie

Gerdus Senekal, Christoff Odendaal 2014-02-26 Die studentevereniging Adam Tas gesels oor hulle onlangse projekte en hulle Drink, dig, eet!-item by die US Woordfees.

Cape Tattoo Expo 2014: Q&A with Manuela Gray

Gerdus Senekal, Manuela Gray 2014-02-26 "Definitely the public 'get' it more now than six years ago, thanks to all the reality tattoo programmes. We have a dedicated core of tattoo enthusiasts and collectors who arrive each year to participate in the event ."

Up the Creek 2014 en die "giant love affair"

Gerdus Senekal 2014-02-05 ’n Naweek by die plaaslike Up the Creek-musiekfees lei tot passievolle verliefdheid en dramatiese onttrou.

USAN-kongres 2014: 'n Betekenisvolle presedent

Gerdus Senekal 2014-01-28 Veral vertaling, migrasie van en in literatuur, die verandering van medium, herskrywing en aanpassing van bestaande werke is onder die loep geneem. Hierdie onderwerpe dui tog op ’n tipe samesmelting, ’n manier waarop menslike belewenis oor tale en mediums gekommunikeer word, die uitbreiding van die “tradisioneel” literêre, ’n tipe estetiese globalisering?

Valsrivier is meesleurend mooi

Gerdus Senekal 2013-10-09 "Die eerlike en opregte manier waarop kwesbare herinneringe weergegee word, maak dit vir mens byna onmoontlik om nie self ’n bepaalde emosionele betrokkenheid by die verhaalgebeure te hê nie."

Tuin van die Digters in volle bloei

Gerdus Senekal 2013-09-18 Al wou die Kaapse weer nie altyd saamwerk nie, het die onlangse Tuin van die Digters in Wellington vir 'n lewensbevestigende kunslente gesorg.

"Niks té diep nie": Poësie moenie aansitterig wees nie

Gerdus Senekal, Anna-Bet Bester, Henry Cloete 2013-09-16 "’n Pretensielose aand van Afrikaanse digkuns en musiek. Voorlesings deur Nathan Trantraal, Erns Grundling, Mavis Vermaak, Annie Klopper, Andries van Pretoria en Henry Cloete. Die Skynmaagde gooi ’n paar tjoens. Anna-Bet Bester is MC vir die aand."

Oppikoppi 2013: 'n Skalpel in die vorm van 'n strydbyl

Gerdus Senekal 2013-08-14 "Tussendeur die rondslentery van verhoog tot verhoog sien ek hoe die Bewilderbeeste die diverse musikale aanbieding van Koos Kombuis tot Zakes Bantwini en Mi Casa terdeë geniet. Werklik ’n plek vir 'elke kleur en geur', soos vriend Dane sê."

Breyten Breytenbach Boekefees 2013: Oor Montagu en literêre toerisme

Gerdus Senekal 2013-07-10 "Die letterkunde en om te reis is tog eintlik onlosmaaklik deel van mekaar."
Top