Gerdus probeer om soveel van Suid-Afrika te sien, en het al in Mpumalanga, Noord-Wes, Gauteng, die Kaap en die Vrystaat gebly (in sy hart is hy ’n Bolander). Woorde is sy nering, en hy het homself al bemoei as produksiebestuurder van die geakkrediteerde Afrikaanse vaktydskrif LitNet Akademies; as produksiebestuurder, teksredigeerder en uitgewer by African Sun Media; en is tans publikasiebestuurder by Akademia. Hy is heeltemal te idealisties vir sy eie beswil en word ongesond baie deur mitologie geboei. Gerdus is lief vir die see, en laat sy lewe deur musiek regeer.