Elkarien Fourie

Elkarien Fourie

Elkarien Fourie is op Ermelo gebore en het daar gematrikuleer. Sy studeer eers vir 'n BA en doen daarna honneursgrade in Sielkunde en Afrikaans. Sy het by Beeld, Die Burger en later as vryskutjoernalis vir verskeie publikasies gewerk, onder meer Rooi Rose en Tukkie-publikasies. Die gesin, drie kinders ingesluit, het in Engeland, Oostenryk en die VSA gewoon waar haar man Tienie, ook ’n joernalis, as diplomaat aan die ambassades verbonde was. Sy het Afrikaans aan die Universiteit van Wenen gegee en as vrywilliger die nuusbrief van die United Nations Women’s Guild behartig. Haar jeugroman, Dans op die rand van ‘n krans, het in 2003 by Protea-Uitgewery verskyn.  In 2004 voltooi sy haar meestersgraad in Afrikaans oor die literêre feministiese biografie toegepas op Ingrid Jonker.  Sy was ook 'n deeltydse dosent by die Eenheid vir die Ontwikkeling van Taal aan die Universiteit van Pretoria terwyl sy ’n honneursgraad in Engels behaal het. Van 2006 tot 2013 het sy en haar man as dosente in Engels en IELTS-eksamineerders in China gewerk vanwaar hulle gereelde bydraes vir RSG se programme Monitor en Spektrum gelewer het. Sy het pas ’n memoir oor haar ervarings in China voltooi. Haar liefdes is letterkunde, reis, teater, fliek, voetslaan.

Bloedlelie deur Jeanette Ferreira: ’n resensie

Elkarien Fourie Resensies 2019-04-25

"Bloedlelie is ’n veelvlakkige, fyngesnaarde werk en Jeanette Ferreira se vyfde historiese roman. Hiermee steek sy weer eens haar kleim af as ’n belangrike en gesaghebbende skrywer op die gebied."

There goes English teacher deur Karin Cronjé: ’n resensie  

Elkarien Fourie Resensies 2019-03-20

"In kort, gedrae sinne of frases en met onverbiddelike eerlikheid neem sy die leser deur haar moeilike aanpassing as plattelandse onderwyser by ’n buitemuurse skool."

You make me possible by Karina Szczurek: a review

Elkarien Fourie Resensies 2019-02-25

"The early email correspondence between ... Karina Szczurek and ... writer André Brink is a romantic WikiLeak of sorts that gives readers detailed and minimally censored insight into their courtship. That the growing passion between them worked out as perfectly as both imagined, coming from different hemispheres, must be the ultimate romantic plot ..."

Retoer, Pretoria–Provence deur Marita van der Vyver: die begeerde lewe

Elkarien Fourie Resensies 2019-01-08

"Vir gewone mense is dit al klaar ’n ongelooflike avontuur om jou gunstelingaktiwiteit op ’n geïdealiseerde plek te kan beoefen en dan nog die pot daarmee aan die kook te hou. Van der Vyver kultiveer dus doelbewus ’n publieke persona met die sesde sintuig van ’n goeie selfpromotor, en dit dra baie by tot haar gewildheid as skrywer."

Die kwiksilwer van tyd (Why life speeds up as we grow older)

Elkarien Fourie Seminare en essays 2018-12-11

"Maar waarom dan die persepsie dat jare vinniger of stadiger gaan as die ure en dae dieselfde bly? En waarom onthou ons gebeure wat persoonlike trauma veroorsaak het, beter as ander?"

Tweede kanse deur Stefan Enslin: ’n resensie

Elkarien Fourie Resensies 2018-06-13

"Tweede kanse met sy ongekompliseerde boodskap van geloof in ware liefde sou beter tot sy reg kom op die silwerdoek, want dit is duidelik hier waar Enslin se talent lê."

Waar rats die ribbok gaan ... saamgestel deur Sarel Venter: ’n resensie

Elkarien Fourie Resensies 2018-05-31

"Elsabe Steenberg moes haar kreatiewe lewe nie net met die liefdesdiens aan haar gesin en gemeenskap balanseer nie, maar ook met die 'gog', soos sy haar siekte genoem het. Humor en treffende beelde in die gang van gewone lewensfases te midde van lyding dra tot die leesgenot by."

’n Fotoalbum uit China

Elkarien Fourie Reis 2017-04-12

Elkarien Fourie het jare lank in China gewoon, Vat jou hele hart geskryf en deel hier sommige van haar foto’s van dié land.

Vat jou hele hart deur Elkarien Fourie: ’n onderhoud

Elkarien Fourie, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-03-22

"Dat dit ’n reis na binne was, mag ’n geykte beeld wees, maar dis onvermydelik wat gebeur as ’n mens die vreemde invaar en baie op jouself aangewese is."

Was Ingrid Jonker ’n slagoffer van die rooi skoene?

Elkarien Fourie Seminare en essays 2015-11-05

Ingrid Jonker is vanjaar ’n halfeeu lank oorlede. Hierdie indringende essay verbind die mite van die mens Ingrid Jonker met die sprokie van die rooi skoene en die destruktiewe dans.

 

Top