Eben Viktor

Eben Viktor is ’n voormalige Pretorianer en die afgelope agtien jaar woonagtig in Dnipro in die Oekraïne se ooste. Hy het, onder andere, Afrikaans en Nederlands studeer en koester ’n besonderse voorliefde vir dié twee tale se letterkunde. Eben is medeskrywer, saam met Anton Krueger, van ’n roman getiteld Die Oog, wat onlangs by Naledi verskyn het. ’n Bundel verhale, Buitengewoon Binnegedring, geïnspireer deur sy verblyf in die buiteland, word tans vir publikasie voorberei. Eben is ook gemoeid met die vertaling van die Oekraïnse digteres, Oksana Kutsenko, se poësie in Afrikaans.

Die sirenes loei, "Your Excellency"

Eben Viktor Menings 2022-07-20

"Your Excellency. Hoe kan dít, komend van ’n Afrika-leier, anders klink of geïnterpreteer word as met die ondertoon van ’n slaafse mentaliteit? Hoe hét dit gebeur dat ons so kort ná die bevryding van een koloniale bewind, gereed is om ’n volgende brutale een te omhels?"

Enkele dilemmas vir Suid-Afrikaanse Poetin-Rusland-ondersteuners

Eben Viktor Menings 2022-06-02

"Hierdie artikel handel oor die eerste soort Westerse Poetin-Rusland ondersteuner – die persoon wie se steun gebaseer is op Poetin se vermeende beskerming van konserwatiewe waardes. Daar moet egter eers rekenskap gegee word van die konsep van ’n wêreldbeskouing."

Daar is nog hoop: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (2 Mei om 15:00)

Eben Viktor, Izak de Vries Onderhoude 2022-05-03

Daar is nog hoop, sê Eben Viktor, maar alles is nie rooskleurig nie. Hy praat oor die positiewe dinge wat steeds gebeur, maar ook oor die verontmensliking van die oorlog. Luister ook hoekom ’n Afrikaanse gedig wat op LitNet verskyn het, nou op PEN Oekraïne se webblad verskyn – in Oekraïens, en in Engels.

Liefde is ... oorlogskuns: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (12 April om 15:00)

Eben Viktor, Izak de Vries Onderhoude 2022-04-13

In Oekraïne is beelde, wat gebaseer is op die strokiesprent Liefde is ..., op verskeie groot advertensieborde aangebring. Viktor gesels oor hierdie makabere kunswerke, en ook oor liefde, troues en die wisjiwanka, ’n tradisionele Oekraïense hemp met fyn borduurwerk op.

Humor in die oorlogsone: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (21 Maart 2022 om 15:00)

Eben Viktor, Izak de Vries Onderhoude 2022-03-21

Hoe saboteer jy ’n hommeltuig met ingelegde tamaties? Menslikheid, humor en sterk vroue sou ’n goeie opsomming wees van hierdie gesprek met Eben Viktor vanuit Dnipro in Oekraïne. Ook taal. Wat beteken die woord waterpas in Russies?

Die missiele val: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (12 Maart 2022 om 14:00)

Eben Viktor, Izak de Vries Onderhoude 2022-03-12

Hoe gaan dit met Eben en sy vriende? Wat maak hulle wanneer die missiele val? Hoe kan ons die inwoners van Oekraïne help?

Park van Herdenking

Eben Viktor Menings 2022-03-07

"draai weg van glorie op ’n eenvoudiger pad
waar ’n stuk grafsteen uitsteek die sirene
begin loei onder voete die aarde bewe en dril
grond gaan oop kaalwit bene begin na bo loop"

Die Russe is 70 km weg. Hoe berei ’n mens voor? (Oekraïne, 4 Maart om 14:40)

Eben Viktor, Izak de Vries Onderhoude 2022-03-04

Eben Viktor woon in Dnipro, Oekraïne. Die Russiese soldate is nou slegs 70 km ver. Hoe berei hy en sy vrou voor? Wat doen hulle vriende? Waarom koop hulle jodium?

Eben Viktor berig uit Oekraïne (28 Februarie 2022 om 17:52)

Eben Viktor Menings 2022-02-28

Berigte te velde: Hoe hanteer gewone burgers die oorlog in Oekraïne? En waarom word kodewoorde gevra op straat? Eben Viktor berig uit Oekraïne.

Eben Viktor berig uit Oekraïne (27 Februarie 2022 om 15:43)

Eben Viktor Menings 2022-02-27

’n Vrou vernietig ’n Russiese tenk met ’n petrolbom en heelwat meer nuus. Eben Viktor is in Oekraïne. Hy hou ons op die hoogte van die jongste nuus.

Eben Viktor berig uit Oekraïne (27 Februarie 2022 om 09:15)

Eben Viktor Menings 2022-02-27

Eben Viktor is in Oekraïne. Hy lewer verslag oor die oorlog, buitelandse steun en hoe burgerlikes reageer op die inval.

Eben Viktor berig uit Oekraïne (25 Februarie 2022 om 21:35)

Eben Viktor Menings 2022-02-25

Net meer as 36 uur het verloop sedert Oekraïne deur Rusland binnegeval is. Eben Viktor is in Oekraïne en hy lewer verslag.

Die Rusland-Oekraïne-konflik: die geskiedenis en Poetin se wêreldbeskouing

Eben Viktor Menings 2022-02-10

"Dat Rusland en Oekraïne ’n geskiedenis deel, is waar, maar dis ’n vertroebelde geskiedenis wat meer verdeeldheid toon as die gewaande, mitiese eenheid wat Poetin probeer verkondig."

Sloping

Eben Viktor Poësie 2021-03-02

"asof jy die fondamente binnedring 
waarop jou eie beginsel rus ken jy 
jouself nou net as ’n labirint van eie 
lus om afgebreekte mure te antisipeer" 

Hoe liggies dans my masker in die aandwind

Eben Viktor Poësie 2020-09-07

"dink jy as als verby is sal jy my kan teruggee, 
my eindelik weer kan oorlaat aan my eie gesig?"

Top