Bibi Burger

Bibi Burger is ’n dosent by die Universiteit van Kaapstad se Skool vir Tale en Letterkundes en ’n Iso Lomso-navorsingsgenoot van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing. Sy voltooi in 2016 haar PhD-proefskrif onder die leiding van Louise Viljoen aan die Universiteit Stellenbosch. Haar doktorale projek het gefokus op die uitbeelding van die stad in Afrikaanse en Engelse romans. Haar navorsing fokus steeds veral op die uitbeelding van ruimte in die Afrikaanse literatuur, met ’n spesifieke klem op hoe dit verband hou met gender, ras en die niemenslike natuur. Sy is deel van die redaksionele spanne van Tydskrif vir Letterkunde en Matatu, en bestuur saam met Azille Coetzee die feministiese projek Turksvy.

Ingrid Winterbach’s Buller se plan (1999) and Onrus op Steynshoop (2024) as town novels

Bibi Burger Academic research 2026-01-15

"Investigating the (narratological and representational) differences in the Steynshoops of the two novels allows me the opportunity to reflect on how rural South Africa has changed in the quarter century between the two novels, and how these changes are mirrored and negotiated in the genre of the town novel."

Ingrid Winterbach se Buller se plan (1999) en Onrus op Steynshoop (2024) as dorpromans

Bibi Burger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-01-15

"In hierdie artikel word Van Coller se werk, asook die enkele ander studies oor Suid-Afrikaanse dorpromans, uiteengesit. Daarna bespreek ek die uitbeelding van die fiktiewe dorp Steynshoop in Ingrid Winterbach se Buller se plan (1999) en Onrus op Steynshoop (2024)."

Turksvy: ’n onderhoud met Bibi Burger en Azille Coetzee

Liné Loff, Bibi Burger, Azille Coetzee Onderhoude 2022-12-01

"Ons dink daaraan as ’n manier om ’n aanlyn ruimte te skep vir gesprek oor die onderwerp, om ’n bietjie van ’n feministiese gemeenskap in Afrikaans te kultiveer, en om die woordeskat vir feminisme in Afrikaans (in al die variante daarvan) te begin uitbou."

Voorouer. Pelgrim. Berg. deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Bibi Burger Resensies 2022-03-17

"Dit is ’n gedig, ’n woordskildery van ’n roman – meer uitdagend én verkwikkend sal jy nie maklik teëkom nie."

Skepsel deur Willem Anker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Bibi Burger Resensies 2020-12-03

"Hierdie oplossing word nie aangebied as ’n finale of maklike oplossing nie, maar deur die uitbeelding daarvan speel Skepsel op meevoerende wyse saam met Haraway in die modder van kuborgs, honde, mikrobakterieë, fungusse en ander skepsels, op soek na nuwe verbintenisse."

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Bibi Burger

Willie Burger, Bibi Burger Boeke en skrywers 2020-08-31

In hierdie aflewering van Boeke met Burger praat Bibi Burger met Willie Burger oor ontlaering.

Nuwe vrese deur Willem S van der Merwe: ’n resensie

Bibi Burger Resensies 2019-12-19

"Soos wat dit staan, laat die meeste verse in Nuwe vrese my onbevredig, met die uitsondering van daardie enkeles wat wel verpletter."

Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Bibi Burger Resensies 2019-01-28

"Soos in al Winterbach se romans is die onvaspenbaarheid van betekenis nie net ’n eienskap van die verhaal nie, maar ook ʼn tema."

Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper: ’n Resensie

Bibi Burger Resensies 2018-11-29

"Soos in die meeste romanzas en chic lit gaan die fantasieë in Pamina nie net oor die romantiese liefde nie, maar ook oor hoe om vandag ’n straight vrou te wees ..."

Ontlaering: ’n Herverbeel van die pedagogiek van Afrikaanse letterkunde

Bibi Burger Universiteitseminaar | University Seminar 2018-11-08

"In ’n referaat gelewer by ’n akademiese kollokwium by die Universiteit van Pretoria op 1 November, reflekteer Candess Kostopoulos oor wat ’n 'laer' is: ’n sirkulêre struktuur wat dié aan die binnekant moet beskerm, maar wat (as daar gedink word aan letterlike ossewaens) ook beweeglik is en verskuif kan word."

UJ-pryse 2018: Commendatio vir SJ Naudé se Die derde spoel

Bibi Burger Boeke en skrywers 2018-05-31

"Die derde spoel bevat egter nie net baie wat deur akademici ontgin kan word nie, dit is ook op só ’n spannende wyse geskryf dat die leser nie anders kan as om meegevoer te raak deur Etienne se soektog na die derde spoel nie, en deur sy soeke na betekenisvolle kuns, aktiwiteite en maniere van bestaan." Hier is Bibi Burger se commendatio oor SJ Naudé se Die derde spoel, ontvanger van die 2018 UJ-prys.

US Departement Afrikaans en Nederlands gesels oor Soweto-opstande, veertig jaar later

Bibi Burger Menings 2016-04-13

"Kannemeyer verwys na ’n toespraak van Antjie Krog waarin sy gevra het hoekom Afrikaanse studente nie aanbied om die tolkapparate te gebruik sodat lesings in Engels aangebied kan word nie."

Boekresensie: Struisvoël deur Johan Fourie

Bibi Burger Resensies 2016-01-25

"Deur hierdie situering van die gebeure van tradisionele en postmoderne plaasromans in ’n breër Suid-Afrikaanse konteks bied Struisvoël ’n vars perspektief op Suid-Afrika se verlede en die invloed daarvan op die hede."

Afrikaans-in-dialogue, rather than Protection-of-Afrikaans

Bibi Burger Opinion 2015-09-07

" ...the only way forward for Afrikaans is for its proponents to stop privileging it above other indigenous South African languages and actively and practically support the development of all South African languages."

LitNet Akademies-leesgoed: Bibi Burger

Bibi Burger 2014-09-10 Ek het onlangs drie Engelstalige Suid-Afrikaanse romans gelees wat ek baie geniet het: The cutting room deur Mary Watson, Green-eyed thieves deur Imraan Coovadia en Six fang marks and a tetanus shot deur Richard de Nooy.
Top