Pasgelaai

Boekbekendstelling: Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran

2014-12-02 Jy word hartlik uitgenooi na 'n boekbekendstelling met boekgesprek, wyn en film – op die 9de Desember 2014 in Johannesburg.

Skryfkompetisie: Liefde op papier – wenners aangekondig!

2014-12-02 Die wenners van hierdie skryfkompetisie is aangekondig. En hulle is ...

Nasiebou in 'n eenheidstaat versus die toekenning van groepregte: Diskoerse oor die akkommodering van diversiteit met spesifieke verwysing na Afrika en Suid-Afrika

Elirea Bornman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-12-02

Elirea Bornman fokus in haar artikel op nasiebou in ? eenheidstaat en die uitsluitlike toekenning van individuele regte versus stelsels vir die erkenning van groepregte in heterogene en diepverdeelde samelewings.

Dit ruk & riel van Loeriesfontein tot Kleindrakenstein

Marike Bekker Akademies en skole 2014-12-02

"’n Eeue oue dansvorm wat amper onder apartheid gesneuwel het, herleef weer as oud en jonk veldskoene aantrek en die riel trap dat die stof so staan."

Wen vyf dubbelkaartjies na US Woordfees 2015!

Toyota Stellenbosch Woordfees 2014-12-02 US Woordfees 2015 gaan vir die eerste keer 'n eie feeskoerant hê! Maar wat moet die naam wees? As jou voorstel gekies word, kan jy vyf dubbelkaartjies na vertonings van jou keuse wen.

Biebouw-resensie: Al die lieflike dade deur Charl-Pierre Naudé

Louise Viljoen 2014-12-02 Al die lieflike dade daag opnuut die Afrikaanse poësieleser uit met sy omvang, kompleksiteit, beeldkrag en unieke poëtiese segging."

Heksejag op Afrikaans duur voort: Afdreiging van Minister is ongepas

Jacques van der Elst 2014-12-01 Die heksejag op Afrikaans as onderrigtaal in die hoër onderwys het ’n nuwe dimensie gekry met die Minister van Hoër Onderwys se dreigement dat hy ’n universiteit sal sluit as so ’n instelling enkel Afrikaans as onderrigmedium sou gebruik. 

Uitgeholde bestaan

CM 2014-12-01

Evolusie vs Christengeloof

Louis Rudolph 2014-12-01

Afrikaans

Jan Rap 2014-12-01

'n Groot raaisel

Jan Rap 2014-12-01

Mediese dokter van Kaapstad wen radiodrama-kompetisie

2014-12-01 ’n Mediese dokter van Seepunt, Ingrid Penzhorn, is die wenner van RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie vir 2014. Lees ook wie ontvang silwer en brons.

Nzimande se uitspraak bewys dat taalregte en -sensitiwiteite nog nie behoorlik verstaan word nie

Japie Gouws 2014-12-01 Die gehalte van onderwys en die kundigheid van leerders en studente kan net verbeter indien ons moedertaalonderrig uitbrei.

In gesprek met ... Cyrille Fijnaut

Cyrille Fijnaut, Carina van der Walt Akademies en skole 2014-12-01

"Van Zyl-Smit het my gewaarsku dat so ’n besoek [aan Suid-Afrika] ’n onherroeplike skok sal wees, want dit is ’n derde wêreld binne-in ’n eerste wêreld. Of soos Shearing dit opgesom het: Suid-Afrika is die wêreld in die kleine …"

The Lyzyrd Kings: "Weens die waansin van die musiekbedryf is ons genoop om ons eie geluk te maak"

Henry Cloete 2014-11-29 "Al wat ons nog ooit wou doen, is om musiek te maak, mense gelukkig te maak, of hartseer, of opgewonde, want musiek is vir ons ’n lewe, dit is nie ’n job nie, dis iets wat mens elke dag mee saamloop."

Riana Nel: "Om die balans te hou tussen wat mense wil luister en wie jy is, dis die trick"

Henry Cloete 2014-11-29 "Mens verander geweldig van jou 20’s na jou 30’s! My musiek het dalk meer kommersieel geraak, want dis vir my sinloos om musiek te maak wat niemand wil luister nie."

LitNet: Jou pryswenner

2014-11-28 LitNet: Jou pryswenner

Resensie: Strandveldfood deur Kobus van der Merwe

Sonia Cabano 2014-11-28 "Vyf jaar later kan Kobus van der Merwe selfversekerd sy bydrae lewer tot ons groeiende kookboekskatkis in Suid-Afrika en ek raai die leser aan: koop dit. Koester dit. En as dit jou beskore is, besoek Oep ve Koep vir die kossensasie van ’n leeftyd."

Onderhoud: Afrikamasutra, die eerste Afrikaanse Kama Sutra

Naomi Bruwer, Ilse de Korte 2014-11-28  "Afrikaans is, soos ons weet, so 'n ryk taal. Ek het nooit vir een oomblik gesukkel om woorde te vind om die nodige te beskryf nie." Ilse de Korte gesels oor die vertaling van die Kama Sutra.
Top