Die behaviorisme het veral gedurende die eerste helfte van die vorige eeu die botoon gevoer op sielkundige gebied. Burrhus Frederic Skinner, of sommer net BF, soos hy bekend gestaan het, was ? vooraanstaande behavioris, en professor aan Harvard-universiteit. Hy was bekend as Psigoloog, behavioris, skrywer, uitvinder, (dink maar aan sy bekende kassie waarin hy rotte gemartel het sodat hulle ? knoppie kon druk om ? kospilletjie te verdien), filosoof, en uiteindelik, miskien tot sy spyt, begewe hy hom tot die gebied van die linguistiek. Dit moes seker noodwendig so gebeur het, want die eenvoudigste vorm van behaviorisme sê mos diere is soos masjiene – druk net die regte knoppie, en jy kry reaksie. Solank ? mens weet met watter soort masjien jy te doene kry, (dier, mens, voël), dan kan jy die reaksie beheer. In sy boek, Verbal Behavior verduidelik hy, met stimulus-response hoe taal slegs ? eenvoudige behavior, gedrag, van die mens is.
Hierdie boek het nogal opslae gemaak in die linguistiese wêreld, totdat Chomsky ? resensie geskryf het, waarin hy Skinner se stelling, dat taal ? eenvoudige gedrag is, as absurd afmaak.
Dit is met hierdie resensie dat Chomsky sy naam as linguis gemaak het, wat sy taalteorie duideliker uiteen gesit, wat sommer sy Syntactic Structures verstaanbaarder gemaak het.
Chomsky wys daarop dat wanneer dit by taal kom, en veral die manier waarop kinders ? taal aanleer, dan is stimulus-response irrelevant. Wat uiters interessant is, is hoe kinders ? magdom van woorde en hulle betekenisse, plus ? uiters ingewikkelde taalstruktuur bemeester, en wat dit nog wonderbaarliker maak is die feit dat daar eenvoudig nie genoeg informasie is in die taal waaraan hulle daagliks blootgestel word om dit te kan vermag nie. Hierdie eienaardige verskynsel noem hy “poverty of stimulus”. So, hoe kry kinders dit dan reg om so ? ingewikkelde taal aan te leer en te praat? Chomsky is van mening dat die mens gebore word met ? verstandelike komponent, ? ingebore taalvermoë. Hierdie taalvermoë stel hom in staat om sinne te genereer wat voorheen nog nooit gehoor of gelees is nie. Groepe woorde wat struktureel verbind is, sinne, is almal uniek. (Skryf maar ? sinnetjie neer uit enige boek, gaan lees al die boeke in die plaaslike biblioteek, en kyk of jy presies so ? sin weer raakloop. Geykte taal soos bv idiome natuurlik uitgesluit.)
Met hierdie resensie is die jakkals as’t ware in die duiwehok losgelaat. Van alle kante is dit geprys en hewig gekritiseer. Skinner het in reaksie gesê dat Chomsky hom verkeerd verstaan het, maar die skade was klaar aangerig. Behaviorisme het verdwyn en studente het mekaar vertrap om by MIT ingeskryf te word en onder Chomsky te studeer.
In 1966 publiseer hy Aspects of the Theory of Syntax, waarin hy die konsep van deep structure en surface structure verder verduidelik en sedertdien het dit die handleiding van die linguis geword. Hierin verduidelik hy ook begrippe soos Competence en Performance, en die verskille tussen die twee. Volgende keer sal ek dalk meer hieroor sê, en ook oor Chomsky se siening oor taal-evolusie.
Angus


Kommentaar
Wou net oor die behavioriste sê dat hulle gereken het 'n mens word met naastenby 'n blanko-brein gebore en soos jy dinge om jou raaksien, ens ontwikkel jy tot iets wat nie meer totaal hulpeloos en hopeloos is nie. Kan nie meer die detail onthou nie maar het my eens verwonder aan eksperimente wat gedoen is op babatjies wat slegs dae oud is en verbasend intelligent “vertoon”. 'n Kleintjie wat twee weke oud is en sy ma is van mekaar geskei deur 'n glasmuur wat geen klank deurlaat nie. Die ma praat direk met die kind, maar die mikrofoon en kwaliteit luidsprekers veroorsaak dat haar stem van die anderkant gehoor word. Haar stem wat van die “verkeerde kant af” kom is 'n skok vir die baba en sy gesiguitdrukking wys dit duidelik.