Pasgelaai
In Russiese kultuur moet 'n vrou se van eindig met die letter "a"
2017-06-22"En die gebruik van “o” word gekoppel aan manlik ..."
Waterskaarste: Dibi Breytenbach se wenke
2017-06-22"Wat in ons dorp opvallend was, was hoe vinnig die mense dissipline aangeleer het ten opsigte van waterverbruik toe die water heeltemal klaar geraak het. Ons het werklik nie ’n keuse gehad nie. Dis iets wat ons eintlik lankal moes geleer het, ter wille van oorlewing."
Die WAT dokumenteer Afrikaans in sy wydste omvang
2017-06-22"Oor die jare het die Buro van die WAT ook besondere moeite gedoen om soveel as moontlik voorbeelde van streektaal vir sy databasis te versamel ten einde ’n omvattender en meer verteenwoordigende dekking daaraan in die WAT te kan gee. Daar is onder andere kontak gemaak met verskillende gemeenskappe ten einde streektaal op te teken, en sedert die 1990’s word daar ook toenemend op die versameling van gesproke materiaal gefokus."
Dis mos tante Eva se skuld innie Bybel, maa wat van oem Adam?
2017-06-21“En dis ôs amal se plig om dit te maak stop! Soe as djy ken van ’n oem Adam, of djy sien of hoo van oem Adam ennie goed wat hy doen, niem aksie. Al is dit jou pa of jou man, offie pries, dit maakie saakie.”
Titus Matiyane, cartographer and transnational flâneur
2017-06-21"Matiyane creates a model for global, transnational identity by exceeding his own physical and material limitations and by his deconstruction of the power hierarchies of First and Third World cities."
Onvertelde stories: Noord-Kaapse mondelinge-oorlewering-projek
2017-06-21"Die opteken van mondelinge oorlewering speel ’n belangrike rol in die bewaring van ’n taal en sy geskiedenis, veral om voorheen onvertelde en ongedokumenteerde geskiedenisse in te sluit." Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl het van 8 tot 11 Mei 2017 die Noord-Kaap besoek om inwoners se stories op te teken.
Titus Matiyane, kartograaf en transnasionale flâneur
2017-06-21"Die brute direktheid en eerlikheid wat meestal met buitestanderkuns gepaard gaan, soos in die geval van Matiyane, maak dit ook besonder geskik vir ’n ondersoek na onbelemmerde, outentieke stemme in ’n dekoloniale ondersoek na Afrikaïese moderniteit."
Afrikaanse mense se links en regs
2017-06-21"As daar ’n Afrikaanse self is, is dit ’n gesplete self, want hoewel rasseverhoudinge onder wit en bruin Afrikaanspraters verreweg die mins gespanne is en die Afrikaanse taalgroep eintlik die verste gevorder het met integrasie, is daar nog diep klowe en ongelykhede tussen Afrikaanspraters en leef hulle nog grootliks net so apart as altyd."
PG du Plessis – die hoekwoord in Afrikaans se mooiste sin
2017-06-21"Hy het verstaan wat min onder ons verstaan, want net iemand wat mense liefhet soos wat hy mense liefgehad het, kan hulle teken soos wat hy hulle geteken het."
Word ’n boekfluisteraar
2017-06-20"My terugvoering aan die skool was dat ek besef het dat al die bibliotekarisse wat as sprekers opgetree het, die woorde 'veilige hawe' gebruik het!"
Suddenly the storm: ’n teaterresensie
2017-06-20"Sterk is die opbou. Dan, wanneer Dwayne sy weergawe van die verlede gee, toe hy nog ’n polisieman was, en Namhla hare oor ballingskap en haar familie, begin een van die sterkste en mees emosioneel gelaaide onthullings en ontknopings in ons toneelkuns."
Pos beskikbaar: Kommunikasiebeampte
2017-06-20"Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi hiermee geskikte kandidate uit om aansoek te doen om die pos as kommunikasiebeampte. Aanstellingsdatum: 3 Julie 2017."
Op die spoor van, saamgestel deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2017-06-20“Op die spoor van is nommerpas vir speurstorievrate, maar behoort ook in die smaak te val van alle liefhebbers van die kortverhaal.”
Tyd vir ’n openlike gesprek oor vreemdheid en die ander
2017-06-20"Sy opmerking bring egter ook ’n ander belangrike punt na vore wat in al hierdie gesprekke ’n rol speel, naamlik die onmoontlikheid om ten volle van die subjektiwiteit van al ons waarnemings en uitsprake te ontsnap." Bernard Lategan reageer op Johan Lemmer se kommentaar op sy LitNet Akademies-artikel.
’n Kortetjie (met erkenning) aan PG du Plessis
2017-06-20"Van sy pa het PG die heel eerste roeringe van die denker, of eensame intellektueel, ervaar. Met hóm kon hy praat oor sy 'binnetwyfels', oor denkers en skrywers soos Milton, Keats, Shelley, Tennyson en Dickens."
Caveat magister! The expulsion of boarders from public school hostels due to non-payment of hostel fees
2017-06-20"A number of public schools in South Africa indicate on their websites, on application forms and in letters to parents that a learner will be expelled from the school’s hostel if the hostel fees are not paid. In this article the legality of such expulsion is considered."
The use of fiction in the development and presentation of research in the social sciences
2017-06-20"As such, fiction is used to grapple with theory, but also to bring it to life and create a text in which we can explore our understandings, and also look beyond the limits of what we understand."
Caveat magister! Die uitsetting van kosgangers uit koshuise van openbare skole weens onbetaalde koshuisgeld
2017-06-20"Verskeie openbare skole dui in briewe, op webtuistes en in aansoekvorms aan dat ’n kosganger uit die skool se koshuis gesit kan word indien koshuisgelde nie betaal word nie. In hierdie artikel word besin oor die regsgeldigheid van uitsetting in die lig van nasionale en provinsiale wetgewing en hofuitsprake."
