Internasionale Kinderboekdag 2023: Jaco Jacobs se "Wat is ’n goeie boek?"

  • 0

Foto’s: Prawny op Pixabay (links) en Jaco Jacobs (regs; foto verskaf)

Internasionale Kinderboekdag is op 2 April gevier. Dit is die verjaardagdatum van Hans Christian Andersen. Op Internasionale Kinderboekdag is die gedagte om na te dink oor hoe belangrik dit vir kinders is om te lees én om boeke te besit.

Naomi Meyer het ’n paar kinder- en jeugboekskrywers gevra om prettig op dié belangrike datum te reageer deur limerieke, rympies of kort stukke prosa te skryf.

Hier is Jaco Jacobs s’n:

Wat is ’n goeie boek?

’n Goeie boek
is ’n hoek
waarmee jy boekwurms kan vang.
’n Goeie boek
laat jou skaterlag
of maak jou lekker bang.
’n Goeie boek
is ’n beste maat
wat geheime met jou deel.
Tussen die blaaie
van ’n goeie boek
kan jy wonder, droom en speel.
’n Goeie boek
kan saadjies
in jou verbeelding plant
of jou pens en pootjies
in ’n ander wêreld
laat beland.
’n Goeie boek
is ’n tydmasjien
wat jou neem op ’n reis deur tyd.
Dit sluk jou soos ’n walvis in
en spoeg jou aan die einde uit.
’n Goeie boek
is ’n seerowerskip
waarmee jy avontuur kan gaan soek.
Enige boek
wat dié dinge kan doen
is beslis ’n goeie boek.

Lees ook:

Internasionale Kinderboekdag 2023: Maretha Maartens se "Daar was ’n laaitie"

Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era

LAW FOR ALL's Top 10: "Exit" by Maretha Maartens

Bethel se berg deur Maretha Maartens, ’n resensie

Internasionale Kinderboekdag 2023: De Wet Hugo se limeriek

Internasionale Kinderboekdag 2023: Cliffordene Norton se dankie-sê-brief

Internasionale Kinderboekdag 2023: Fanie Viljoen se limeriek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top