Internasionale Kinderboekdag 2023: Fanie Viljoen se limeriek

  • 0

Foto’s: Prawny op Pixabay (links) en Fanie Viljoen (regs; foto verskaf)

Internasionale Kinderboekdag is op 2 April gevier. Dit is die verjaardagdatum van Hans Christian Andersen. Op Internasionale Kinderboekdag is die gedagte om na te dink oor hoe belangrik dit vir kinders is om te lees én om boeke te besit.

Naomi Meyer het ’n paar kinder- en jeugboekskrywers gevra om prettig op dié belangrike datum te reageer deur limerieke, rympies of kort stukke prosa te skryf.

Hier is Fanie Viljoen se limeriek:

’n Wysneusneef en sy niggie

’n Wysneusneef en sy niggie
sê alle boeke is jiggie.
     toe kry hulle een
     wat vonk soos vuursteen
en nou is lees soos ’n liggie.

Lees ook:

Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era

Praktiese wenke om lees te bevorder

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Fanie Viljoen se kortverhaal oor kunsmatige intelligensie

Gesprek van Estelle Kruger met Fanie Viljoen en Daniël Hugo oor hulle grafiese roman Laaste lewe (2020)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top