Internasionale Kinderboekdag 2023: Maretha Maartens se "Daar was ’n laaitie"

Internasionale Kinderboekdag is op 2 April gevier. Maretha Maartens reageer met ’n rympie op dié belangrike datum: “Dwarsdeur die pandemietyd het hy gelees en gelees / en hy kon weggaan na enige plek waar hy wou wees: in ’n ruimteskip of vegvliegtuig se stuurkajuit / in ou koning Arthur se kasteel en weer daaruit …”