
Tekening: Pixabay
Elders gesien: Karen J Menkveld stort haar hart uit op Facebook
Ek is vanaand op die punt waar ek nou nie meer lus is om na antivaksers se theories en shit te luister nie. Ek is verby die punt van live and let live.
Ek is kwaad, want die feit van die saak is dat antivaksers die rede is waarom die virus nog hier is en muteer.
Ons het soveel mense verloor en soveel amper verloor in my familie. Om moedeloos en op jou knieë te wees vir dae, ken ek eerstehands van. Om voor oop grafte te staan, weet ek van. Covid het in hierdie week in ons huis ook kom intrek. En ek voel kwaad.
Ek voel woedend vir antivaksers se stupid theories. Ek voel kwaad vir mense wat nie weet wanneer om hulle monde te hou nie. Ek voel woedend vir mense wat nie die regte tydperke isoleer nie, mense wat wegsteek dat hul Covid het en kuier en aangaan en ander siek maak.
Ek wil nie sulke mense as my vriende hê nie. Regtig. Ek weet nie eens waar om te begin om almal weg te jaag nie. So as jy weet jy is een van daai, klim net hier af. Jy is nie welkom in my geselskap, in my huis of enige plek naby my nie.
En vir die ander onselfsugtige mense wat saam met ons doen wat hulle kan – dankie. Ek sal saam met julle kaalvoet oor die Drakensberge trek. Bly hier by my. En mag ons vir mekaar bid om hierdie ding te oorleef.
Lees ook:
Waarom ’n entstof jou lewe kan red, maar nie jou DNS kan verander nie


Kommentaar
Dankie vir die artikel. Dit is net sinvol om te distansieer van selfsug en idiote wat in ontkennning leef of te dêm dom is om steeds te glo dat COVID-19 ’n versinsel is. Die meeste kommentare is verstommend ...
Jy kan nie net aanneem dat alle mense so goed ingelig is soos jy nie, want talle van hulle bly in plakkerskampe in haglike toestande en staan in hul duisende in rye om 'n skamele R350 per maand te ontvang.
"The unemployment rate, which includes people who have stopped looking for work, rose to 44.4 percent in the second quarter. South Africa's unemployment rate surged to the highest on a global list of 82 countries monitored by Bloomberg.24 Aug 2021"
"The official unemployment rate was 34,9% in the third quarter of 2021. The results of the Quarterly Labour Force Survey (QLFS) for the third quarter of 2021 show that the number of employed persons decreased by 660 000 in the third quarter of 2021 to 14,3 million.01 Dec 2021"
Dit is goed om kwaad te wees vir mense wat van beter behoort te weet, maar neem dan die omstandighede van miljoene ander mense ook in ag.