Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Is daar nog plek vir burgerlike ongehoorsaamheid in ons nasionale verset-retoriek?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2016-10-25

"Ons kan nie bekostig dat ’n woedende jeug met geen belang om in stand te hou of op te bou ons moraliteit bepaal nie. Die tyd het gekom vir etiese, morele verset gebaseer op rotsvaste beginsels."

Regsalmanak: Oorlogspraatjies, terwyl vredeliewendes net wou stem

Gustaf Pienaar Rubrieke 2016-10-21

"Onthou jy nog hoe daar voor die eerste demokratiese algemene verkiesing van April 1994 taamlik wyd gespekuleer is dat Suid-Afrika op die rand van 'n burgeroorlog huiwer? Dat dit nie sommer net praatjies was nie, blyk uit 'n 1995-uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria."

Regsalmanak: Die Kruger-monument

Gustaf Pienaar Rubrieke 2016-10-14

"Dit is ‘n verhaal oor Suid-Afrika se politieke intriges en staatsreg van dekades gelede. Vandag sien die staatkundige bestel natuurlik drasties anders daar uit."

Gordhan se dagvaarding: Rule of Law, of state capture op steroïdes?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2016-10-14

"Daar kan nie gelykheid voor die reg wees indien ʼn politieke party of ʼn politieke figuur die staatsmasjinerie, soos die polisie of die nasionale vervolger, kan gebruik om teëstanders in die hande te kry nie."

Van taal en kommunikasie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2016-10-13

"Taal kan asemrowend mooi gebesig word, of op die afgryslikste manier verwring word. Taal kan sing, of dit kan soos vingernaels oor ’n swartbord krap. Dit kan saamvoeg of dit kan uitmekaar skeur."

Die ANC benodig weer 'n Morogoro-oomblik

Jason Lloyd Rubrieke 2016-10-12

"Dit moet ʼn oomblik van selfondersoek wees. ʼn Oomblik waar die ANC sy morele en intellektuele kompas gaan herinstel om van koers te verander. ʼn Koers wég van sy huidige dwaling in die woestyn van katastrofe."

Regsalmanak: Skuldlose aanspreeklikheid van ‘n werkgewer

Gustaf Pienaar Rubrieke 2016-10-12

"... en toe hy laatmiddag terugry om die voertuig in die garage te gaan berg, was hy in 'n botsing betrokke waarin die vader van twee jong kinders gedood is. Die botsing is deur mnr Baloyi se nalatigheid – en wat hy te drinke gehad het – veroorsaak."

Noem my Skollie: Dies wat ek dink

Olivia M Coetzee Rubrieke 2016-10-05

"Noem my Skollie het emosies in my oepgemaak wat my gevolg tot ek daai aand in my bed geklim het. Dit het in en uit my kop geklim vi die afgelope drie wieke. Noem my Skollie het in meer as twie ure in my kom los die riedes hoekom taal, stories en geskiedenis soe belangrik is vi ‘n mens."

Het ons verhoudinge met gadgets en status updates vervang?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2016-10-04

"Die grootste fout wat ons kan maak, is om te dink dit wat ons elektronies raakloop, is altyd eg."

Skeuring van die ANC?

Jason Lloyd Rubrieke 2016-09-28

"Daar is, reg of verkeerd, ʼn ontluikende narratief onder sommige Suid-Afrikaners dat dit onafwendbaar is vir die ANC om in die afsienbare toekoms te skeur om hom van sy huidige verknorsing te bevry en te steriliseer."

Verlore in vertaling

Bettina Wyngaard Rubrieke 2016-09-28

"Dié wat protesteer en geboue vernietig, is in die minderheid. Tog word almal dieselfde behandel, en dit lei tot ongeregtigheid, en onregverdigheid, wat weer lei tot verdere protes."

Regsalmanak: “Grassnyer” toe al die tyd mooitjies ‘n “motorvoertuig”

Gustaf Pienaar Rubrieke 2016-09-22

"Op 'n goeie dag in die vroeë somer van 1969 het 'n mev Roos van Parow verby 'n oop erf gestap waar die munisipaliteit besig was om gras te sny. 'n Klip is deur die grassnyer opgeskiet en het mev Roos teen die hand getref en een van haar vingers ernstig beseer."

Gays en die kerk

Bettina Wyngaard Rubrieke 2016-09-20

"Gays word veroordeel as promisku as hulle nie trou nie, maar hulle word die reg om hul verhouding in ’n kerk te bevestig, ontsê. Hoe word Jan en San se huwelik minder gemaak deurdat Piet en Koos ook nou kan trou?"

Regsalmanak: 'n Grusame botsing en die waarde van deskundige getuienis

Gustaf Pienaar Rubrieke 2016-09-15

"Wat hierdie uitspraak interessant en van besondere betekenis maak, is die hof se opmerkings oor die funksie en nut van deskundige getuienis. Onthou, die eisers se saak was onder meer dat die toegelate snelheid van 90 km/h in aantog tot die oorgang onredelik hoog was."

Biblioteke en skole afbrand: dom verset, of slim manipulasie?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2016-09-14

"Hoekom, inderdaad, sou enigeen hul beste kans om aan armoede te ontkom, deur opvoeding, in gevaar stel of vernietig?"

Regsalmanak: Oor fyn-van-nerf verkeersbeamptes

Gustaf Pienaar Rubrieke 2016-09-06

"Hy het nooit enige opset gehad om aankomende motoriste van die lokval te waarsku nie en het gevolglik ook nie die opset gehad om die verkeersbeamptes in die uitvoering van hulle pligte te verhinder nie."

’n Hond k@k hare

Bettina Wyngaard Rubrieke 2016-09-06

"Ek wil dit onomwonde stel: om dit af te maak as ’n eenvoudige geskil rondom ’n skool se netheidsreëls is om die hele punt van die protes te mis."

Regsalmanak: Putatiewe noodweer

Gustaf Pienaar Rubrieke 2016-09-01

"Hy het nie regtig in noodweer opgetree nie, maar hy het gegló dat hy in noodweer optree."

Kallid? Of ie kallid!? But maak it saak?

Olivia M Coetzee Rubrieke 2016-09-01

"Miskien is kallids die glue van die nasie, miskien is it vi ôs om Suid-Afrika bymekaar te bring."

Plavei ons die pad na WW3?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2016-08-31

"Is ons so vasgevang in die vrees om tog nie aanstoot te gee in wat ons skryf nie, dat ons maar net smaaklose Purity-pasta uitdruk wat niemand bevredig nie, maar genadiglik tog ook niemand affronteer nie. Is dit ons funksie? Is dit waartoe ons gereduseer is?"

Top