Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

die drie vissies van saeed

Toast Coetzer 2012-03-08 “die harders loop!” roep die vissermanne daarnaby
hulle hardloop, stoot die bootjie die golwe in, gooi net..."

Someone’s head

Jim Pascual Agustin 2012-03-07 "I hope that’s just
how he lost his hat
between stations..."

Meiose

Pieter Odendaal 2012-02-29 Ek wil hierdie geleentheid graag gebruik
om jou DNS te bedank
vir sy pragtige selfvertalings,
die selle wat vergader
om jou te bou,

Die Jabberwok

Chris Cloete 2012-02-23 Dis brillig, en die sligte towe
Wigsel en wimmel in die wame
Heel mimsig is die borogowe
En die mome rat uitgrawe.

Dame Joan Sutherland (1926–2010)

Jaco Barnard-Naudé 2012-02-21 "U is Gilda, u sing vir Rigoletto, die hofnar,
u geliefde vader, van bitter liefdesverraad,
die edelman het u vir ’n ander skoonheid verlaat."

gyfdig

Breyten Breytenbach 2012-02-09  Breyten Breytenbach se gedig vir Abraham de Vries se 75ste verjaarsdag

Meditasie, jaloesie

Joan Hambidge 2012-02-08 Glo ’n doodsonde om afguns te voel, nydig te wees.
Op een punt wél verskoonbaar hierdie emosie van groen:
as jy nie met afguns kyk na meesters van dié spel,
word jy uiteindelik doodgesmoor deur ’n stom koord.

Die Verleier

Gerhard Bothma 2012-02-08 Dis nie die verbolge Meester wat ek soveel vrees;
maar die een wat kom met ’n maklike stap
met die dokke langs geklee in ’n glimlag,
heel broederlik arm-om-die-skouer,
onder ons wat die oseane navigeer.

laat die kind kom

Adriaan Coetzee 2012-02-01

laat die kind kom na my Afrikaans-klas

The parcel

Gail Dendy 2012-01-30 I made a parcel of it
and I left it there
on the kitchen table:

Not like myself

Gail Dendy 2012-01-30 I’m not myself today.
From the bathroom sink
I lift up a face with its glassy eyes
and pallid flesh, shake off the water,
look again.
No, that’s not me. Definitely.

Don’t be afraid

Gail Dendy 2012-01-30 We’ll keep his ashes safe,
so don’t be afraid
to open the box.

Daar loop die maan

Izak du Plessis 2012-01-30 Daar loop die maan, die wandelaar
wat mantel swaai, die fiedelaar
wat deuntjies draai tussen sterre
en planete. Hy ken woorde
en woordinne, hy ken die taal

Ons is nog hier

Izak du Plessis 2012-01-30 Ons is nog hier, tussen blomme en kanonne,
maar daar lê lyke sonder skoene in die straat.
Óns is nog hier, tussen sterre en pistole,
maar daar’s ’'n gaatjie in die atmosfeer se naat.

Na ’n idee van Charlotte Mew

Johann de Lange 2012-01-30 Ek onthou vele vertrekke,
en elkeen speel sy part
in die stadige verstilling
van die sigsag van die hart.

Watter van die gode

Johann de Lange 2012-01-30 Watter van die gode sal ek dank
vir ligte bries en newelbank?
Hoe sou dit wees om sonder pyn
net gees te wees, of suiwer klank?


Reis, ’n meditasie

Joan Hambidge 2012-01-30 In ’n droom haal ek rakelings ’n trem,
twee kaarte in my hand na ’n bestemming
op ’n heuwel langs ’n onbekende corniche.

Digkuns, ’n meditasie

Joan Hambidge 2012-01-30 Laatnag in Chicago lees ek Paul Valéry
en sy worsteling met die groot stiltes.
Hoe verwoord ’n mens dit, die grootste Abstraksie?

bloeding oor die brein

Waldemar Gouws 2012-01-30 Opgedra aan die eerste sprankelende geliefdes

Hannah Arendt, circa 1963

Jaco Barnard-Naudé 2012-01-26 Nóg ’n sigaret smeul lui in ’n asbak
langs die Olivetti op die lessenaar
voor die venster: Manhattan geraam.
Top