Die steenbrasrivier is vol, Neville
en die bietou staan in die blom.
Die berge staan puntig wag oor
die baai van hierdie Kaap
waar die seevoëls dip en duik teen die mis
wat op hierdie dag van jou vaarwel
dwarrel om die berg.
Klavier en viool weeklaag in sonate op die agtergrond.
Jy tilt jou kop en luister aandagtig:
die melodie sweef om die hoeke van ons gedagtes
rond.
Herinnering.

