in wisselkoersperspektief

  • 0

(indrukke van ’n video van die populêre sangers Die antwoord)

 

lewensgroot letterlik soos selde ooit (of dalk van altyd) verskyn
juis dáár
die eksklusiewe gestreepte figuur van die dollar
soos ’n verkeersinjaal of standaardamulet
of ewe kontant:

as sy, die amperse Lolita-sangeres, heftig op die verhoog 
haar blink kokonrompie met ’n begeesterde vinnige hand van voor
hoog oplig vir die oog
van elkeen met ’n kaartjie en die kamera  en ook intiem se voet
om haar posisie te kan sien
en haar erkentlikheid te waardeer –

sodanig pryk, prominent in swart op daardie ontblote klein wit broekie,
die dollarsimbool
vir die koers en geskiedenis vorentoe
mooi reg voor die onafwendbare sensasie
nou hier so voorgestel
nota bene
van die beeld van haar koekie

die gehoor strek hul opgeruide hande na haar uit soos een man
(en in die teken van ons tyd wat praat dit alles
artikuleer die b van die outydse ontboeseming ontstem,
en jy kry ’n ligtere laere p op die koop toe)

wat presies die kort winsgewende konsensus
van die verenigde verbeelding reguleer
vir vermaker en vermaakte

 

 

(6/8/2012)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top