Henry Cloete, Peach van Pletzen2012-11-28"Ek sou sê die musiek is effens donkerder en soms veel harder as op die eerste album. Ek vind die lirieke ook soms meer donker, maar steeds vol hoop."
Chrizane Geldenhuys2012-11-23Terwyl musiekliefhebbers ingeskakel het om hulle gunsteling-groepe se video’s op DStv se MK-kanaal te sien, het die groep MVP-wenners in die Kaap bymekaargekom om ook vir die eerste keer mekaar se video’s te sien.
Chrizane Geldenhuys, Stephan Potgieter2012-11-21Die derde MK Musiekvideoprojek-wenners se video’s word Donderdagaand die 22ste November in Kaapstad bekendgestel. LitNet het met MK se inhoudsbestuurder, Stephan Potgieter, gesels oor die proses en dít waarna ons later hierdie week kan uitsien.
Chrizane Geldenhuys, Stephan Potgieter2012-11-21As jy mal is oor Afrikaanse musiek, kan jy nou inskakel op DSTV se kanaal 146. KykNET het op 13 November ’n eksklusief Afrikaanse musiekkanaal geloods. Ons het by Stephan Potgieter, KykNET Musiek se inhoudsbestuurder, gaan hoor hoekom die kanaal gróót nuus is.
Henry Cloete, Pierre Greeff2012-11-20"Ek dink ons skryf maar wat ookal ons voel op die stadium wanneer die liedjies gemaak word ... dis rêrig soos om ’n spieël op te hou in terme van wat jy dink op daardie stadium."
2012-11-19Die fluitspeler van Hamelin is ’n klassieke verhaal wat opnuut afgestof word. Definitief ’n moet-sien produksie vir jonk en oud! Met Zorada Temmingh (orrel), Niël Rademan (sang en voorlesing) Teks: Phillip de Vos.
Erns Grundling2012-11-14"Wat my eerder bybly, is die stortvloed e-pos-huldeblyke wat hulle ure na Kerkorrel se dood in die SêNet-inboks aangemeld het."
Albert Maritz2012-11-14"Ek begin lees toe in die koerante van die twee ouens - Kerkorrel en Kombuis – wat so verban word met hul opspraakwekkende musiek."
Chutney de Ridder2012-11-13Voordat The Buggles se weergawe van “Video Killed the Radio Star” op 1 Augustus 1981 as die heel eerste musiekvideo op die nuwe MTV-kanaal uitgesaai is, was musiek en gepaardgaande beelde basies kort rolprente van kunstenaars, regstreekse opnames op ’n verhoog of in ’n ateljee.
Albert du Plessis2012-11-13"Op so ’n reënerige aand kom klop Jahn aan ons voordeur. ’n Mediumgrootte kartonboks met al sy aardse besittings onder die arm. Papnat gereën. In sy oë is die uitdagende reguit kyk van familiebloed wat dikker as reënwater in ons harte klop."
Kerneels Breytenbach2012-11-13"Die gedagte wat ek toe vandeesweek moes leer aanvaar, is dat daardie selfversekering wat so uit die rubrieke gestraal het, net ’n front was. Die man daaragter was diep onseker van homself en sy rol binne die konteks van populêre musiek."
Henry Cloete, Bouwer Bosch2012-11-13"Ons wil liedjies skryf wat ons help om te oorleef, emosioneel en finansieel. Ons gooi nie Bybels in die moshpits by ons shows nie en ons probeer ook niemand verander van ons vriende wat nie soos ons voel nie."
Naomi Bruwer2012-11-12Uit eerbetoon aan hierdie groot stem en ikoon, bied LitNet aan twee lesers die geleentheid om ’n kopie van Willem Pretorius se Kerkorrel te wen.
Henry Cloete2012-11-12"Hoeveel woorde in 'Sit dit af' sou verander moes word om dit relevant vir vandag te maak? Baie min, sou ek dink; basies net die name van PW en Pik na Zuma en ... Kgalema?"
Anna Davel, Naomi Meyer2012-11-06"Ek bôgom byvoorbeeld soos ‘n histeriese apie op een van die liedjies wat gaan oor ‘n besoek aan die dieretuin. Die klankingenieur het ‘n paar keer bekommerd in my rigting gekyk terwyl ek so gebôgom het!" Anna Davel vertel van haar toonsettings van Jaco Jacobs se gedigte.
Henry Cloete, Luna Paige2012-11-02"Mense het nog altyd vir my gesê die recordings klink nie soos dit live klink nie ... Dit is hoekom ek die live CD wou doen."