Wen

Jou kans om lekker pryse met LitNet te wen! Hou hierdie bladsy dop vir nuwe kompetisies. Deur in te skryf vir LitNet se kompetisies gee jy LitNet toestemming om jou e-posadres op ons nuusbriefdatabasis te plaas.

 

Win with LitNet! Keep an eye on this page for new competitions. By entering for competitions on LitNet you grant LitNet permission to add your e-mail address to our newsletter database.

"Brief aan jou verlore liefde"-kompetisie: E Basson

E Basson 2013-12-04 Ek hoop dit is okay dat ek vir jou die brief skryf. Hoe gaan dit nog met jou?

Suid-Afrika se Woord van die Jaar vir 2013: Wenner aangekondig!

2013-12-02 Selfie is die Oxford-woordeboek se woord van die jaar. LitNet-lesers het laat weet wat hulle dink die Suid-Afrikaanse woord van die jaar behoort te wees. Die wenner ontvang R3 000 en haar naam is nou bekend ...

Wen Irma Joubert se Tolbos en Deon Meyer se Kobra saam met CNA en LitNet!

2013-11-27 Die wenners van hierdie kompetisie is pas aangekondig. Twee gelukkige lesers ontvang elk dié twee boeke met komplimente van CNA. En die gelukkige wenners is ...

"Brief aan jou verlore liefde"-kompetisie: Daleen Venter

Daleen Venter 2013-11-26 Wanneer ek terug dink aan ons tyd saam weet ek dit was die gekste tyd van my lewe.

"Brief aan jou verlore liefde"-kompetisie: Barend van der Merwe

Barend van der Merwe 2013-11-25 Jy was my prinses wat ek op my hande kon dra en vir wie ek twyfelagtige verse kon skryf ‘op versoek’, al was dit ook net op versoek van een mens: jy.

"Brief aan jou verlore liefde"-kompetisie: Trix

Trix 2013-11-25 Wanneer ek aan jou dink, voel ek steeds jou vel teen my wang waar ek met my kop in die holte van jou nek lê.

"Brief aan jou verlore liefde"-kompetisie: Jeanette Schreuder

Jeanette Schreuder 2013-11-25 Soos die Namib-woestyn en die weskus se branders mekaar ontmoet, so het ons ook mekaar eens op ’n tyd leer ken.

"Brief aan jou verlore liefde"-kompetisie: Ben Viljoen

Ben Viljoen 2013-11-25 Ons liefde het gewag soos ’n brandoffer op ’n altaar, maar onderwyl ons gestaan en talm het met die fakkel in ons hand, het nagdiewe die hout van die brandstapel weggedra en ons met net die koue klipblad gelaat.

"Brief aan jou verlore liefde"-kompetisie: Bernice Saulse

Bernice Saulse 2013-11-25 Ek het jou adres by jou ma gekry, kan jy dit glo. Oumies talm in haar sterwensuur, dié dat sy seker besluit het om “jammer” te sê en my na soveel jare te laat kontak maak met jou.

Kompetisie: 'n Brief aan jou verlore liefde – wenner aangekondig!

2013-11-20 Kyk wie se brief aan haar verlore liefde het ons hartsnare die meeste geroer. Hier is die wenner van die lekker Sophia Kapp-boekie van LAPA Uitgewers.

Lekkerste Kersboomresep: 'n kompetisie

2013-11-20 Jou lekkerste Kersboomresep kan vir jou die lekkerste kookboeke laat wen wat jy nog ooit teëgekom het. Stuur vir LitNet 'n resep vir die feesgety – voor 4 Desember 2013.

Wat is Suid-Afrika se Woord van die Jaar vir 2013?

2013-11-20 Selfie is die Oxford-woordeboek se woord van die jaar. Wat dink jy is die Suid-Afrikaanse woord van die jaar? Laat LitNet weet en jy kan R3 000 wen.

LitNet se "kos is kitskuns-kompetisie": wenner aangekondig!

2013-10-09 Moenie dit eet nie, Instagram dit (plak op LitNet se Facebookwerf en wen). Jy kan foto's neem en plak tot 14 Oktober 2013.

Wen LAPA-boeke met jou nostalgiese brief – wenner aangekondig!

2013-10-09 Die wenner van hierdie kompetisie is Trienie Mahne.

Umuzi Fiction: Giveaway – winner announced

2013-09-17 Umuzi is pleased to announce a fiction giveaway on LitNet. A lucky reader can win three books published by Umuzi. The winner of the competition is Nadia Taljaard. Congratulations, Nadia!

i-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele deur Koos Kombuis

2013-09-09 Hierdie boek dui die weg na insig aan. Dit is die eerste Afrikaanse verwerking van die antieke Chinese I Ching, of ‘Boek van veranderinge’, vertaal en geïllustreer deur Koos Kombuis.

Open Book Festival 2013: Tickets giveaway!

2013-09-03 LitNet is pleased to announce that the Open Book Festival 2013 is giving away ten tickets to two events respectively at this year’s festival.

Salf vir jou seerkry: Die pad van genesing ná egskeiding

Jacelize de Waal, JB Roux 2013-07-16 “Om te skei is altyd ’n baie seer proses. Mý situasie het my gedwing om oor en oor met die Here te worstel."

Friksie – Henning Janse van Vuuren praat met sy e-lesers

Henning Janse van Vuuren, Naomi Meyer 2013-07-09 "’n Uitgewer is ’n middelman en kyk na sy eie belange binne ’n bepaalde verwysingsraamwerk – skrywers moet dieselfde doen."

Wen: Lam in wolfsklere

Bernette Bergenthuin, JB Roux 2013-06-12 Twee lesers kan elk 'n getekende eksemplaar van Lam in wolfsklere kan wen. Sluitingsdatum: 25 Junie 22013.
Top