Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Zengeance: "Ons plek is om mense te inspireer"
2015-08-26"Ek glo dat baie bands deesdae musiek so ernstig opvat en die emosionele deel daarvan verloor dat hulle soms vergeet dat hulle meestal vir hulself moet speel."
Coffee Snobs: "Dis redelik onwaarskynlik dat ’n band uit Groblersdal voortspruit"
2015-08-26"Ons het ’n volle nege maande lank aan hierdie album gewerk en daar was tye wat dit gevoel het of ons nooit gaan klaar kry nie!"
Frank Freeman: "Klank is chaos"
2015-08-18"Ek dink mens se oor leer vir altyd en dan probeer mens dit vir jou hande leer. So gaan dit tot die einde."
Wat word in 'n wynkelder gemaak?
2015-08-14By Lourensford word daar hierdie winter wyn én musiek gemaak. Hannes Nel, keldermeester, vertel nog.
Jannie du Toit: "Dit sal nie my swanesang wees nie"
2015-08-11"Ek skryf beslis minder liedjies as 20 en 30 jaar gelede, maar dit is grootliks omdat ek al hoe meer besef dat dit my voorkeur is om vir mense musiek te maak op die verhoog, en nie noodwendig my eie liedjies nie."
Deon Meiring: "Ek het gefokus op eenvoud en lirieke"
2015-08-03"In die middel van een van ons liedjies, 'Vrede', het daar ’n bakleiery uitgebreek in die gehoor tussen mense van die koshuis waarin ek was en ’n ander koshuis. Dit alles terwyl ek my hart uitsing oor 'vrede'. "
Anton Goosen: "Ek wil nooit halt roep nie"
2015-07-28"Solank geld as die wêreld se ruilhandelmiddel gebruik word, sal daar altyd mense in die musiektempel wees wat daar is vir die verkeerde redes en om Mammon in daardie tempel te dien."
Ohgod: "’n Vocalist sal die fokus van die musiek aftrek"
2015-07-28"Aan die begin het ons net aan die musiek gewerk. Ons wou nie te veel op vocals konsentreer tot ons tevrede was met die rigting wat die musiek vat nie."
Onderhoud oor Harlekijn en de Zuid-Afrikaanse Dagen: 29 en 30 Augustus
2015-07-23Karin Hougard: "Die fees word geopen deur die bekende Nederlandse kabaretkunstenaar Claudia de Breij. Suid-Afrikaners wat optree, is Coenie de Villiers, Jannie du Toit, Anna Davel, Luna Paige, Andries Bezuidenhout, Joshua na die Reën, Pops Mohamed, Jaconell Mouton (begeleier) en ek."
Thys Nywerheid: "Ons het al bietjie moeilikheid gekry ..."
2015-07-22"Ek dink nie baie mense verstaan Thys Nywerheid nie omdat dit baie tong-in-die-kies is, en met alle respek gesê, die deursnit-Afrikaner is satiries gestremd."
Marcia Moon: "Ek is op soek na my klank"
2015-07-21"En dis die ongelooflike teenstrydigheid in Afrikaans – aan die een kant kry jy hierdie diep musiek, van baie diep Afrikaanse geeste, en dan, wel, dan is daar ons ander vriende wat so soetsappig en vlak as moontlik is dat mens wonder wie die melkman se kind is."
Die See: "Dit is anders as die normale ding"
2015-07-14"Jy vind die erkenning wat jou toekom in jou eie tevredenheid met die gehalte werk wat jy lewer. As ander daarvan hou, is dit ’n bonus."
Sondagskoolhelde: "Energie is alles"
2015-07-14"Dinge gebeur so vinnig en wanneer dit gebeur dink mens nie daaraan as iets wat eendag net ’n herinnering gaan wees nie."
TheCITY: "We discuss social issues constantly ..."
2015-07-07"We're all from vastly different backgrounds and our common interest in music and social issues is why we're together, so we try to relay that through the art we make together."
Elvis Blue: "Ek wil regtig nog altyd doen presies wat ek nou doen"
2015-07-07"Ek moet eerlik wees en sê ek voel partymaal onkreatief, en ek is definitief nie altyd mal oor die goeters wat ek neerskryf nie."
Loki Rothman: "’n Song, vir my, is nooit klaar nie ..."
2015-06-30"Ek sal gewoonlik met ’n interessante “loop” of “sample” vorendag kom en dit dan bou met akkoorde en lirieke van daar af."
Churchil Naudé: "Hoe skei mens jou vel van jou gesig?"
2015-06-30"Ek dink die album het so lank gevat omdat daar min mense was wat in my glo, wat grootliks my fout is, want ek kan nie vir mense sê hoe en wat ek wil doen nie ..."
Vaughan Gardiner: "Ek hou daarvan om ’n hand te hê in alles wat ek vrystel"
2015-06-24Die sanger en liedskrywer Vaughan Gardiner het pas ’n nuwe album, Sit vanaand op herhaal, uitgereik.
Julia Robert: "Vir ons is punk belangriker in terme van die houding"
2015-06-24"In Kaapstad soek mense gereeld die wenresep vir rockmusiek. Ons wil net doen wat lekker voel en klink vir onsself, en ons dink graag die mense tel dít op."
Cherry Vynil: "Ons wou nog nooit net ’n gewone of gemiddelde band wees nie"
2015-06-18"Daar is tog nie 'n reg of verkeerd nie; dinge is anders met elke lied. Van die songs word in 'n relatief kort tydperk geskryf en ander vat maande, selfs jare om die lig te sien."
