Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Ander lewens: ’n spel met die onwaarskynlike of nierealistiese

Louise Viljoen 2008-06-10 Met die bekendstelling van Random House se nuwe uitgewersnaam, Umuzi, in 2006 het André Brink die kort opdragwerk Die blou deur / The Blue Door geproduseer. Dit het die beginpunt gevorm vir sy jongste publikasie, Ander lewens, waarin Die blou deur nou gekombineer word met twee ander novelles om ’n losse samehang te vorm.

There are more questions than answers: Joan Hambidge in gesprek met Madri Victor oor Palindroom

Madri Victor, Joan Hambidge 2008-06-05 Die woord palindroom verwys na ’n woord of sin wat dieselfde van voor of agter gelees kan word. Die leser dink dadelik dat mens hier te doen het met twee boeke, Palindroom en Koesnaatjies vir die proe, wat so van agter na voor en van voor na ...

Joan Hambidge ondervra Jeanne Goosen

Jeanne Goosen, Jeanne Goosen, Joan Hambidge 2008-06-02 "Skryf laat my beter voel. Vir my is dit iets soos om sekere gevoelswaarhede bokant die intellektuele analise te stel, maar sonder om die rede te verwerp."

Joan Hambidge praat met Louis Esterhuizen oor skrywersverhoudings, spontaneïteit en skaak

Joan Hambidge, Louis Esterhuizen Skrywersonderhoude 2008-05-27

Ons is tydgenote doer uit die tagtigerjare. Ek, jy, Johann de Lange, Theunis Engelbrecht, Lucas Malan, Daniel Hugo, Johann Lodewyk Marais, onder andere, het so om en by dieselfde tyd op die toneel verskyn. Hoe onthou jy ons debute?

Passies en passasies neig om die leser te oorweldig

2008-05-20 Dis selde dat mens ’n boek onder oë kry wat jou totaal oorrompel of geheel en al teen die bors stuit

Greeff op dreef is super-onderhoudend

Deborah Steinmair 2008-05-14 Hierdie versameling rubrieke in hul tamatierooi baadjie is warm leesstof.

Vervreemdeling bevestig IL de Villiers se statuur as deurwinterde vakman

Zandra Bezuidenhout 2008-05-13 'n Persoon/persoonlikheid/personasie in sy vreemdelingskap word in hierdie bundel reeds deur die buiteteks op die voorgrond gestel

Twee gay-gedigte

Hennie Aucamp Boeke en skrywers 2008-05-12

Tema is onverskillig, en hieruit volg dat homofobie net so ’n geldige tema as homofilie is, mits hierdie temas literêr oortuigend vergestalt word.

’n Vreemdeling op deurtog wys opnuut hoe Aucamp van Afrikaans ’n instrument met uitgebreide register maak

Louise Viljoen 2008-05-06 Lesers van die Afrikaanse letterkunde ken Hennie Aucamp as ’n uitsonderlik veelsydige skrywer wat met gemak tussen genres beweeg.

Joan Hambidge in gesprek met TT Cloete oor sy jongste bundel Heilige Nuuskierigheid

Joan Hambidge, TT Cloete Skrywersonderhoude 2008-05-06

"Ek haal gedigte uit alles vandaan, uit die musiek, die skilderkuns, die beeldhoukuns."

Ander lewens nie vir die literêre fynproewer

Helize van Vuuren, Helize van Vuuren 2008-05-06

For the Sake of Silence: A novel with atmospheric appeal

Karina Magdalena Szczurek, LitNet 2008-05-05

Geboorte is 'n ongerief deur Johan Steyn

2008-04-29 Ek skryf hierdie kommentaar nie in die raamwerk van digteres of skryfster nie, maar as akademikus, vriendin en dus iemand wat die werk van Johan Steyn kon waardeer net soos dit is. Vir my hou sy werk glad nie verband met dié van Steve ...

Mankolieke resepmatigheid hinder in Pieter Wagener se nuwe bundel

Marius Crous 2008-04-15 Die titel van Wagener se bundel kortverhale is ‘n samevoeging van die woorde mantra en melankolie.

En die lekkerste deel van dood wees: `n waardevolle eksperiment

Andries Bezuidenhout 2008-04-15 En nou is daar Kalmer se nuwe boek En die lekkerste deel van dood wees (2007). Gedeeltes daarvan is verlede jaar as die drama Wolke by Aardklop opgevoer.

Om hulde te bring aan Koos Prinsloo

Gerrit Olivier 2008-04-02 Die beste manier om hulde aan Koos Prinsloo te bring, is om sy verhale weer te lees – en om agter te kom hoeveel ontdekkings daar nog gemaak kan word. Of Koos altyd self bewus was van hoe die tekste in Slagplaas (1992) op mekaar inspeel, ...

Miserere mei, Deus…

Riet de Jong-Goossens 2008-04-02 ‘Dag Henk. Koos is dood. Het was vreselijk. Ben volgende week terug. Bel je.’ Als op de dag van gisteren herinner ik me de woorden die ik op het terras van de Mixer in Melville schreef aan Henk Figee, de uitgever van Koos Prinsloo....

Die skrywer het nié die laaste sê nie: Koos Prinsloo se onvoltooide nalatenskap

Riana Scheepers 2008-04-02 Dit gaan in hierdie lesing hoofsaaklik oor die onvoltooide literêre nalatenskap van Koos Prinsloo, met ander woorde, oor die lewendige gesprek wat sy verhaalbundels ontlok, selfs na sy dood, en die dokumente wat reageer op sy verhale verhale wat as "fiksie" verskyn het.
Top