Nuut by NB-Uitgewers dié Desember:
Janie du Plessis: ’n Keuse vir die lewe , Tien uit tien: Stories en sêgoeters van Fanus Rautenbach , Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, Sidekick , Willem Poprok en Boereverraaier
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
Janie du Plessis: ’n Keuse vir die lewe Janie du Plessis se lewe het gelyk soos ’n feëverhaal – sy was tienerikoon en voorbladnooi, en was getroud met miljoenêr Massimo Beltrami. Maar in hierdie aangrypende biografie deel sy grepe uit haar komplekse huwelik, haar man se dwelmverslawing, haar stryd met kanker, finansiële probleme en hoe sy alles oorkom het. Klik hier en koop jou eksemplaar van Janie du Plessis: ’n Keuse vir die lewe nou van Kalahari.net! |
|
|
Tien uit tien: Stories en sêgoeters van Fanus Rautenbach Tien uit tien: stories en sêgoeters van Fanus Rautenbach bevat ’n keur van sy allerbeste oorspronklike vertellings wat gedurende die 1950’s in Die Huisgenoot gepubliseer is. Van vermaaklike, spitsvondige stories in die Langenhoven-tradisie tot by sy bekroonde liegstorie is almal terug te vind in hierdie heerlike humoristiese bundel. |
|
|
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het. Daar is ’n nuttige outeursregister bygevoeg, sodat lesers steeds die werk van ’n spesifieke digter kan opsoek. Klik hier en koop jou eksemplaar van Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte nou van Kalahari.net! |
|
|
Die sewentienjarige Katie Holmes woon saam met haar aanneem-ma in ’n Kampsbaaise ontwerpershuis waar haar ma huishoudster is vir Finn O’Reilly. Finn kan die verloop van tyd stop en Katie werk as sy “sidekick”. ’n Uitstekend-beplande avontuurverhaal, geskryf met ’n sekuur hand en ’n goeie begrip vir dialoog, met ’n skerp sin vir ironie en swart humor. Katie Holmes, aged 17, lives with her adoptive mother, the housekeeper of a fabulous house in Camps Bay belonging to the gorgeous hunk Finn O’Reilly. Finn has the ability to stop time and Katie works as a partner, a sidekick, to Finn. A fantasy novel rooted in very real teenage issues. Klik hier en koop Sidekick nou van Kalahari.net!
|
|
|
Willem Poprok Die Van Vuurens van Pretoria besit die Blou Bul Slaghuis in die Mall. Daar is drie seuns en ’n laatlam-sussie, met wie die hoofkarakter, Willem, ’n spesiale band het. Teen die agtergrond van die “Pa van die Jaar”-kompetisie, waarvoor die seuns hulle pa inskryf, speel die alledaagse bestaan van dié deursnee Afrikaanse gesin af. |
|
|
Die Anglo-Boereoorlog het aan Boerekant nie net helde opgelewer nie, maar ook verraaiers, van wie talle tereggestel is. Albert Blake het argiewe gefynkam en haal uit dagboeke aan om dié teregstellings dramaties te herskep. Hy ontbloot ook hoe hierdie verraad vir lank deur Afrikaner-nasionalisme onder die mat gevee is. |







