Monique Bisschoff, Naomi Meyer2013-01-09Werklikheid en fiksie het ontmoet met die soektog na 'n hoofkarakter in LAPA se kompetisie van 2012. Ontmoet die ware hoofkarakter van hierdie storie.
Corlietha Swart2013-01-09"Die komplekse psige van (veral) die vrou, in die wydste sin van die woord, word aan die vuurproef onderwerp in hierdie bundel."
Madeleen Viljoen-Theron2013-01-08Lena druk haar linkerduim teen haar tandvleis. Dis rou, daar waar gister nog twee wit voortande gepronk het. Sy sug. Sy stem nie saam met die gewoonte nie, maar Kerwick het aangedring.
Dineke Volschenk2013-01-08Dis ’n dapper skrywer wat enige vorm van godsdiens in ’n roman aandurf. Mense het sulke vooropgestelde en onbuigsame idees daaroor, en kyk wat het met Salman Rushdie gebeur. Maar Christine Barkhuizen le Roux is ’n vreeslose en goeie skrywer.
Madri Victor2013-01-08Ná ander titels, soos Lemoenseisoen en Eendagmooi, het Tafelberg weer ’n chick-lit-boek van Kristel Loots op die rak. Met ’n Hap van die appel kan ’n mens die groei sien: die fokus is minder op die liefdesverhaal, meer op familiedinamiek, identiteit en selfontdekking. En die humor is skerper, en lekkerder, maar steeds kenmerkend van Kristel.
Dewald Koen2013-01-08Met die eerste oogopslag tref Marius Crous se derde bundel, Vol draadwerk, die leser vol in die gesig: dié interessante voorblad van ’n manlike torso gewikkel in doringdraad prikkel dadelik die leser se nuuskierigheid.
Henning Janse van Vuuren, Naomi Meyer2013-01-08Henning Janse van Vuuren se e-boek Tamatiestraat kan gedurende Januarie 2013 gratis afgelaai en gelees word. Hy vertel vir Naomi Meyer van die binnekringe van jeugboekskryf.
Zandra Bezuidenhout2013-01-08Hierdie debuut vorm in verskeie opsigte ’n uitsonderlike toevoeging tot die religieuse poësie in Afrikaans. Waar Sheila Cussons se gedigte vir lesers uit die Gereformeerde kerktradisie ’n venster op die Katolieke geloofsbelewenis oopgemaak het, bring Jacobus van der Riet ’n blik uit die Grieks-Ortodokse hoek.
Ian Glenn2013-01-04"Coetzee’s departure then becomes a symbolic leaving open of a place for new writers and scholars to tackle the burning issues of the new era, issues on which he claims no authority and perhaps for which he takes no responsibility, for which he feels no affinity."