LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Buren-Marsch: Die Transvaalse volkslied in Duitse gewaad
2008-07-17"In hierdie artikel word ’n mars vir koperblaasensemble bespreek wat tussen 1901 en 1904 in Duitsland geskryf en gepubliseer is deur ’n komponis met die naam August Bernhard Ueberwasser (1866–1925)."
Tegniek en Republiek: Wisselende vryheidsbegrippe in Afrikaner- en Suid-Afrikaanse politiek
2008-07-11"In hierdie artikel word die verskillende begrippe van vryheid wat sedert die Nederlandse vestiging aan die Kaap onder veral Afrikaners, en in mindere mate in die Suid-Afrikaanse politiek, voorgekom het, ondersoek met verwysing na die drie tegniese milieus of mediasfere waarin Afrikaners hulle tot dusver bevind het."
S.V. Petersen se tydskrifverhale
2008-07-11"Hierdie tekste bied uitsonderlike insig tot die plattelandse en stedelike kultuur van die sogenaamde “nieblanke” gedurende die 1940’s."
Musiekgeskiedenis en fiksie: Hans Holleman en Arnold van Wyk in Holmer Johanssen se roman Gety
2008-07-11"Die moontlikheid word oorweeg dat Gety as fiksie ’n alternatiewe historiese realiteit kan teken as wat in musiekhistoriografie moontlik is."






